The New Galatians - Afrikaans

Die Nuwe Galasiërs ®

Jer. 31:31 & die Send Brief aan die Galasiërs: 3:1:"O, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower‐?" Jer. 31:31: "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie‐ "

Ons sien in die huidige Midde Ooste gebeure dat die verhoog opgestel word vir die profetiese vervulling van Sagaria 12&13 vir die Groot Verdrukking (Die benoudheid van Jakob in Jeremia 30) en die opkoms van die Antichris en die Wederkoms van die Here Jesus. Terselfdertyd sien ons ook die vervulling van Paulus se profetiese voorspellings in Romeine 11, die groot hoeveelheid Jode wat tot bekering kom en 'n herontdekking van baie Evangeliste met betrekking tot die Hebreeuse oorsprong van die Christelike geloof. Met betrekking tot hierdie herontdekking word die nie? Joodse Christene in Romeine 11 deur die Woord van God gewaarsku om nie te roem teen Israel, die natuurlike takke nie en waar Joodse gelowiges gewaarsku word om nie op nie?Joodse gelowiges neer te sien nie. (Rut 2:15, Hand. 15:13?19)

In die Messias, Jesus Christus is ons Een Nuwe Mens soos in die geval van kulturele verskille tussen die natuurlike Jode en die ingeënte nie?Joodse takke of soos die sosio?ekonomiese verskille tussen 'n slaaf en 'n vry man, of soos waar biologiese en emosionele verskille tussen 'n man en 'n vrou nie geestelike verskille verteenwoordig nie. Ons het almal net Een Redding, Een Redder, Een Belofte, Een Bybel, Een Gees en Een Ewige Eindbestemming. (Gal. 3:28)

So, nou is in die Here Jesus die gebonde slawe vry diensknegte en die vry mense is nou die Here se gebonde diensknegte. Die vrou in Christus is nou saam met haar man 'n mede erfgenaam (1 Pet. 3:7) en gelowige Heidene is mede erfgename saam met Israel. (Ef. 2:11?14)

Soos wat ons nog altyd gesê het volgens Jeremia 31:31 was die Nuwe Verbond met Israel en die Jode gesluit en nie met die kerk nie. Die kerk is die geestelike onafgebroke voortsetting van Israel, 'n voortsetting van die getroue oorblyfsel waarin gelowige nie?Jode ingeënt is, maar die kerk het nie Israel letterlik vervang nie. Gelowige nie?Jode is ingeënt terwyl ongelowige Jode wat Yeshua hulle Messias verwerp het afgesny is van hulle eie Olyfboom, maar wat weer ingeënt kan word wanneer hulle Jesus Christus aanneem. (Rom. 11:7?24) Maar soos wat ons sien in die profesieë van Sagaria, Jeremia, die Olyf Berg Rede, Daniël, Openbaring en in die eskatologie (Die eindtye) materiaal in die Send Briewe, wat besig is om in vervulling te kom, is daar die verwarring en misleiding waarvan God nie die outeur is nie.

Ons het in die verlede artikels uitgestuur waar ons gewaarsku het teen hierdie vervanging of "In die plek van" teologie en ook die Calvinistiese verbonds teologie (wat die Nuwe verbond afmaak deur valslik te leer dat God net een Verbond met Adam en een verbond met Abraham gesluit het, en verder maak

hulle ook aanspraak dat die kerk nou Israel is. Ons het gewaarsku teen die Post Millennium bewegings, (as Satan nou al reeds gebonde is, wanneer het die 1000 jaar van vrede dan begin, en wie laat hom kort kort uit?) gemeng met die charismania van die "Latter Day Reign / Joel's Army ?Manifest Sons"? hiper pinkster beweging van Christen Anti Semitisme van die "Identiteit" bewegings, en die Christelike anti Sionisme beweging van Rick Godwin, Bryn Joners, en die pro Arafat Anglikaanse Biskop van Jerusalem wat nou onlangs teen Israel in die David Watson's St. Michael Le Belfry in York gepreek het. (Wat nou ook, heel voorspelbaar, deel geword het van die moeras van die Alfa Kursus ekumeniese, Toronto misleiding.) Ons het gewaarsku teen die ontkenning van die Joodsheid van Jesus deur die Elim beweging, waar beweer word dat die Here Jesus geen Joodse bloed het nie, wat deur George Canty in 'n Elim blad geskrywe is. (Net soos in die geval van die St. Michael Bat in Le Belfry, Elim se vervalste goue tande fiasko van die geld predikers wat nog steeds probeer om John Arnott se Toronto "herlewing" weer op die been te kry.) In die ander uiterste sien ons 'n samewerking tussen David Brickner, Tuvya Zaretsky & Jews For Jesus, en John Ross & Christian Witness to Israel, en Dr. Arnold Fruchtenbaum en Ariel, en ander wat betrokke is om te sien dat Jode tot redding kom en wat waarsku teen hierdie bewegings wat Jesus van die Jode weghou.

Ons waardeer Arnold Fruchtembaum se brief waarin hy verklaar dat die aksies van die Ebenezer fonds onbybels is en dat dit nie van God af kom nie, en soos wat die skandale weereens die Internasionale Christelike Ambassade in Jerusalem bloots ry, het die nuwe leier? Malcom Hedding 'n band gemaak waar hy leer dat Jesus nooit gekom het om te sterf nie, maar dat Israel eenvoudig tot wedergeboorte kan kom sonder dat die Here Jesus na die Kruis toe moes gegaan het. Maar die Here Jesus sê Self met betrekking tot Sy Dood en opstanding: "Vir hierdie rede het Ek gekom." (Om Jesaja 53 en Daniël 9 ens. in vervulling te bring om so Redding moontlik te maak.) Romeine 6 stel dit duidelik dat vernuwing tot redding onmoontlik is sonder die dood van die Here Jesus. Malcom Hedding, (net soos die ICEJ stigter Jan Willem Van der Hoven) is 'n totale ketter. Soos wat Jer. 31:31 verklaar was die Nuwe Verbond met Israel gesluit en die twee verbond idees wat daarop aanspraak maak dat die Jode gered kan word sonder die Nuwe Verbond is 'n leuen van Satan. Diegene wat Israel nie na die Nuwe Verbond toe lei nie is besig om 'n sosiale en politieke evangelie te verkondig en volgens die Skrifte is dit 'n valse evangelie.

Die Nuwe Dilemma

Maar nou het ons 'n bedreiging vir God se doel met Israel en die Jode.

Die vervanging beweging, anti? Sioniste, anti Semitisme, die Identiteit beweging, geïnspireerde Ruchmaniete, (Aho, Dillen, Howard & Buester) het 'n nuwe wapen teen Joodse gelowiges wat hulle God gegewe Joodse identiteit wil behou, en dit is ironies dat die wapen kom van 'n kombinasie van sekere Joodse gelowiges en verjoodse Heidene uit die ekstremistiese sy van die Messiaanse beweging. Ons het gewaarsku teen nomianistiese (sagte wettiese) artikels van die hiper Messiaanse ekstremiste soos: "Satan's Seduction of The Hebrew Roots Movement", en "Why I Do Not Accept The Jerusalem School of Synoptic Research."

Die laaste was geskrywe as 'n kompliment aan Andrew Gould vir sy artikel oor sy twyfelagtige en onbevestigde aansprake van Bivin en Blizzard met betrekking tot die Hebreeuse verbintenisse met die

Evangelies wat ondersteun word deur die gewese Rabbiniese geleerde David Flusser en die Roomse Katolieke skrywer Joseph Francovic)

Daar bestaan geen Manuskrip bewyse vir hierdie spekulasie nie, die argumente is verdraai en foutief en die enigste historiese verwysing uit die tyd van Hegisippus in die voor apostoliese / vroeë patristiese era van Mattheus se Evangelie wat oorspronklik in Hebreeus was. As dit waar is kon dit heel waarskynlik eenvoudig net Hebreeuse dialek van Aramees gewees het.

Daar is 'n misleide element in die Heidense Kerk wat vanselfsprekend heel ongemaklik is met wat hulle sien as 'n verwronge Christelikheid van die kontemporêre kerk in die ekumeniese eeu soos die Toronto geld predikers en die verhewe kritici in reaksie vir 'n begeerte om terug te keer na die oorsprong van die Christelike geloof wat Bybels en histories 'n primêre Joodse geloof is. Ongelukkig het hulle tot 'n verdraaide slotsom gekom dat enige iets wat Messiaans klink reg moet wees, terwyl dit 'n feit is dat daar baie mistastings is in baie takke van die Messiaanse Beweging soos wat ook die geval is in ander komponente van die Liggaam van Christus.

Een spesifieke populêre uitdrukking wat ons persoonlik gehoor het is die gebruik van David Stern se Joodse Nuwe Testament en sy "Volledige Joodse Bybel." (Asof daar enige ander is.)

Terwyl ons 'n ruk gelede Mnr. Stern se boek: "Restoring The Jewishness of The Gospel" gepromoveer het, is Mnr. Stern se boek: "Messianic Manifesto," waar 'n oproep gedoen word vir 'n Messiaanse Sanhedrin wat 'n halakik (Wettiese Rabbiniese Joodsheid) besluite vir Joodse gelowiges, is 'n te belaglike voorstel om enigsins iets daaroor te sê.

Terwyl Mnr. Stern se boek, die Joodse Nuwe Testament, 'n goeie boek vir naslaan werk is, is dit ook die slegste parafrase uit die oorspronklike Grieks wat ek nog gesien het. Sy mis?interpretasie van Efesiërs 5 is so absurd dat nie eens die Jehovah se Getuies so ver sou gegaan het in hulle hoogs verdraaide sogenaamde "New World Translation" nie.

Maar ten spyte van dit is daar baie naïewe Christene wat baie bly is dat hulle nou ook 'n onvervalste oorspronklike "Joodse Nuwe Testament" het, maar hulle weet nie, en baie wil nie weet nie, dat dit 'n korrupte verstaling is nie.

Dieselfde reaksie word waargeneem onder baie Suidelike Baptiste en ander groepe wat in 'n reaksie teen hierdie oorstrominge van dwaal lering in die kerk terugval na die teologie van die Hervormers met al die dwaal lering soos die staking van die Heilige Gees Gawes en hiper Calvinisme, (en ook die vervanging denke) omdat hulle dit sien as die diametriese teenoorgestelde van charismania. In plaas daarvan om dwalinge met die Waarheid reg te stel, word dwaling met 'n ander dwaling vervang, 'n teenoorgestelde uiterste.

Dieselfde verwronge en onbybelse redenasies vind plaas wanneer mense reageer teen super sensasionisme (Die vervanging teologie) van die hiper Messiaanse ekstremiste. In die laaste paar jaar het die hiper Messiaanse ekstremiste nuwe hoogtes bereik in hulle fiktiewe geloof met betrekking tot die Godheid van Jesus, wat ook in sommige gevalle verwerp word. Soos in gevalle waar in hulle konferensies

Joodsheid opgehemel word in plaas van Jesus Christus wat in die Skrifte beklemtoon word. Joodse gelowiges gaan nie na konferensies waar daar aan hulle vertel word hoe om Jode te wees nie (gewoonlik word hierdie soort byeenkomste gelei deur mense wat niks van die Bybel af weet nie. (Kokke wat preek.)) Jode weet hoe om Joods te wees, net soos wat Afrikaners weet om Afrikaners te wees. Hulle het dissipelskap en blootstelling, net soos elke ander gelowige, aan die Skrifte nodig om te weet hoe om volgers van hulle Messias Yeshua te kan wees. Niemand argumenteer oor ongedwonge onderhouding van Joodse tradisies nie, dit is opsioneel en 'n saak van persoonlike keuse en kultuur (Rom. 14:4?5 / Kol. 2:16?18)

Daar kan sekere voordele wees in die onderhouding van Joodse tradisies, soos vir 'n Evangelisasie strategie om die Jode te bereik, (1 Kor. 9: 20) maar nooit is mense geroep om hulle kultuur prys te gee om gelowiges in Jesus Christus te word nie, in teendeel, ons word beveel om nie ons identiteit te verloën nie. (1 Kor. 7:18). Meer nog, Joodse rituele wat in Christus vervul is word herhaaldelik in die Nuwe Testament gebruik as 'n verduideliking van Bybelse leerstellings, (1 Kor. 5:7?8 / Heb. 9: 1?22) en in ooreenstemming met Bybelse en Apostoliese tradisie sal hierdie onderhouding 'n blywende Bybelse basis wees om die Nuwe Testament te verstaan en te openbaar.

Dit was post apostolies en post Bybelse patristiese tradisie van die kerkvaders, soos die anti Semitiese John Chrysostom wat eerste hierdie dinge teen gestaan het, maar die Nuwe Testament doen dit nie. Inderdaad het Paulus geskrywe: "Alle dinge is ons geoorloof maar nie alle dinge is tot stigting nie?" 'n Joodse gelowige wat vark eet, terwyl dit geoorloof is, mag dalk nie tot nut wees van sy of haar se getuienis nie wanneer daar aan Jode getuig word nie, aan wie deur rabbi's vertel word dat gelowige Jode hulle Joodsheid verlaat het. Vark of skulpvis is nou "kosjer" (rein) voedsel maar dit kan iemand se getuienis laat skade ly net soos wat iemand se getuienis kan skade ly as hy die Nagmaal met wyn neem as hy dit aan 'n iemand in 'n Keltiese kultuur bedien waar alkohol misbruik 'n groot probleem is. Maar hierdie onderhouding het verpligtend geword (bv. vir iemand wat 'n lid wil wees in 'n Messiaanse vergadering), of dit word gesien as 'n middel tot heiligmaking in en of van hulleself en so kom mense weer onder die Wet waarvan Christus ons vrygekoop het. Diegene wat iets verkeerd vind in voedsel wat nie kosjer (rein) is nie word deur die Bybel geïdentifiseer as: "swak in die geloof" Dit is 'n dwaasheid om byeenkomste te hou en aan Jode te vertel hoe om Jode te wees, en dit is nog 'n groter dwaasheid om aan nie?Jode te vertel hoe om Jode te wees terwyl ons nou ook sien hoedat Heidene onder die Wet gebring word.

Daar is 'n Messiaanse groep (en die Israel visie) in Suid Afrika wat by Heidense volwasse mans aandring om die Joodse besnydenis te ondergaan. Sommige verjoodse Heidene soos die Israel Hawkes trek aan soos ortodokse Joodse rabbi's en neem deel aan 'n hoogs schismatiese geloof met okkultiese afmetings wat glo dat dit verkeerd is om Yeshua Jesus of God te noem in plaas van YHWH.(Yahwe) Dit is so dat in ons Bybel vertalings die HERE (LORD) YHWH, in die oorspronklike Hebreeuse teks is, maar in die Nuwe Testamentiese manuskripte word die Aramese term? Mar, wat deur die Here Jesus Self gebruik is, en die term "kurios" (Here) toegepas. As die Nuwe Testament nie 'n probleem het om YHWH ?"Here" te noem nie, hoekom moet ons?

Satan se eerste poging om die Kerk te mislei was nie om dit te verheidens nie, (dit het later deur sommige van die kerk vaders gekom.) soos wat ons sien in die Nuwe Testament, was sy eerste pogings om die Kerk te mislei deur om dit te Judafiseer, terug te bring onder die wet.

Die Roomse Katolieke priesterorde, Calvinistiese verbond teologie, A? millennium Calvinistiese herbouers, die Roomse Miss en die Sewende Dag Adventiste is almal voorbeelde van 'n Judafiseerde Christendom, en nou het ons die hiper Messiaanse ekstremiste.

Hierdie dwaling, 'n wesenlike terugkeer na die Boek Galasiërs, word gebruik om die anti Messiaanse retoriek aan te vuur van die vervanging denke waarteen ons in ons artikel "Wagters wat nie wagters is nie" gewaarsku het. (Dit is nog steeds op ons webwerf)

In die verlede was dit maklik om die vervanging denke soos die Ruchmaniete te weerspreek. Die Ruchmaniete is volgers van die idees van Peter Ruchman in samewerking met Gail Riplinger in hulle ondersteuning van die King James alleen ekstremistiese beweging, met die "White Supremacist Identity Movement" geloof. Sommige van hierdie beweging is altyd gewillig om leuens te vertel om hulle doelwitte te bereik in die verspreiding van anti Joodse neo Nazi's propaganda in die kerk (dinge soos dat die Jode 'n ander DNA samestelling het as ander mense, en die idee van 'n Joodse sameswering om die Christen kerk oor te neem, en die verdwaalde idee dat net "Jode" die Bybel kan verklaar omdat hulle 'n ander DNA samestelling het.) Toe Rick Godwin en Bryn Jones (voorbokke van die Toronto dwaling) 'n gety van Christen en anti Sionisme aangevuur het onder die Restourasie ekstremistiese charismate, het Ruchmaniete soos Aho, Buester, Howard en Dillen, wat deur rassiste en die anti Semitiese "Balaam's Ass" webwerf beïnvloed is, waar die Identiteit Beweging geloof verpak is as 'n sogenaamde Christelike onderskeiding, met 'n uitgebreide tirade teen Messiaanse Jode uitgevaar, maar die vergete oorsprong van hulle propaganda en hulle algemene Bybelse verontagsaming beteken dat hulle nog nooit baie ernstig was teenoor God se doel met die Kerk in verhouding met Israel nie.

Wanneer hierdie mense Skriftuurlik en logies weerlê word dan haal hulle Skrif gedeeltes buite woord verband aan (Dieselfde wat Satan in Mat. 4 gedoen het.) en probeer dan wegkruip agter afgesaagde uitdrukkings. Wanneer enige persoon na die Nuwe Testament in verband met gelowige Jode as die natuurlike takke verwys en die praktiese voordele om deel te wees van die Verbonde, en om die Godspraak te verstaan (Rom. 3:1: "Wat is dan die voordeel van die Jood?") Of wat is die nut van die besnydenis? ) Dan reageer hulle teen die bestaan van die Messiaanse Jode op die selfde wyse as Christen feministe wanneer hulle probeer om vroue predikers te regverdig en ook dieselfde Skrif teks verdraai en buite Skrif verband probeer toepas. Hierdie Skrif teks is onvermydelik Galasiërs 3:28: "Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vry man nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus." Die vraag is: Kan mans babas kry? Het die instelling van slawerny nie in die jare van die eerste eeu se kerk bestaan nie? Die tydelike verskille bestaan nog almal, die teks in sy konteks praat van geestelike verskille wat in Christus verbygegaan het. Om nou te beweer dat Jode nie meer in die Liggaam van Christus bestaan nie is om te beweer dat vroue ook nie meer bestaan nie, of dat Paulus verkeerd was toe hy instruksies aan Christen slawe gegee het (1 Kor. 7:21?22) omdat niks bestaan het nie.

Die nuwe gety van kettery onder hiper Messiaanse ekstremiste oorskry alles, vanaf die ontkenning van die Godheid van Yeshua tot finansiële skandale wat die Israeliese koerante, die anti Messiaanse ortodokse Joodse aktiviste in die Joodse samelewing, die radikale vervanging bewegings, die Christelike anti Semitiste (as dit in verband nie alreeds 'n weerspreking is nie?) in die Christelike gemeenskap met nuwe skietgoed voorsien, mense wat baie maklik is om uit te buit, en ook die Skriftuurlike georiënteerde hoof stroom Joodse gelowiges, die Joodse Evangelisasie werk en 'n Bybelse kennis van die profetiese doelwitte van God met betrekking tot Israel en die Jode wat 'n oneer aangedoen word.

In 'n onlangse artikel in die November uitgawe van Israel Today is daar 'n artikel oor Jode wat die Godheid van Yeshua debatteer en dit het ongelukkig ook die wêreldse media bereik. 'n Opvolgende artikel in KIVUM, 'n periodieke inligting blad in Hebreeus, met 'n artikel deur Udi Tzofef wat verskeie Israeliese Messiaanse leiers aanhaal wat gesê het dat hulle nie Yeshua as God op dieselfde wyse sien as tradisionele Christen teoloë nie maar as die "Seun van God" en as die Messiaanse Verlosser. Sommige omhels dinge wat soos die eeue oue Ebionisme dwaling wat Jesus 'n unieke geïnspireerde man noem, maar nie God Self nie.

Dit het 'n terugslag vir Israel Today veroorsaak wat 'n opvolg artikel gedra het waar voorgestel word dat hierdie Messiaanse leiers wat nou terugdeins dit doen omdat hulle ekonomies bedreig word omdat hulle finasiële ondersteuning uit die buiteland opgeskort kan word.

Vir 'n geruime tyd het een gemeente in Jerusalem Ebioniete as lede verdra terwyl hulle leier in Israel afbrekende taal gebruik soos "Die kleinlikheid van die heidene," ('n Reuk wat hy nie vreeslik vuil kan vind nie omdat sy vrou en die ma van sy kinders een van hulle is.) En ook verklarings soos dat "die hele heidense Kerk oppad is Hel toe." Hy praat egter nie hierdie taal wanneer hy op fonds insameling toere na kerke in die VSA gaan nie. Hierdie gemeentes kombineer die invloede van Moishe Ben Meir (oorlede) ('n Gegradeerde van die Moody Bible Institute wat sommige van die Geskrifte van Paulus verwerp het) en invloede van die "Church of Christ," 'n sekte wat 'n wedergeboorte deur die doop in 'n vorm van sakramentisme voorstaan, gewoonlik geken as "Campbellite."

Onder diegene wat genoem is wat die Godheid van Christus verwerp is? Uri Markus van die Nehemia Trust, wat arm Israeliese gelowiges help. Terwyl die doelwit van Uri Markus van die Nehemia Trust goed is, is dit vir Moriel hartseer dat ons hulle nie meer verder kan aanbeveel nie soos in die geval van ander bewegings wat nie langer by die fundamentele Bybelse Waarheid bly nie soos dinge wat te doen het met die Godheid van Christus.

Ander persone wat die Godheid van Christus verwerp is Joseph Shulam, Weiss en Dodo Tel Tsur. (Mnr. Shulam word aangehaal waar hy gesê het: "Dat diegene wat glo dat Jesus God is hulle soeke na geloof verloor het.") Hanna Weiss en Joseph Shulam maak daarop aanspraak dat hulle uitgangspunte verkeerd opgevat en verkeerd en buite konteks aangehaal was en dat hulle nie die Godheid van Christus verwerp nie, maar dat dit eenvoudig nie uitgedruk was volgens die terminologie of die geloof belydenis van die Heidense Kerk nie.

Daar is geen voorskrifte in die Skrifte dat iemand die geloof belydenis van 'n kerk moet aanvaar of dat Bybelse Waarhede gedefinieer moet word in 'n taal en terme wat vreemd is aan die Nuwe Testament nie, ook nie in die Eerste Eeu se Joodse Kerk nie. As Mnr. Shulam en Hanna Weiss inderdaad die Godheid van Christus bely en maar net eenvoudig die Hellenistiese verklaring daarvan verwerp, dan is hulle onskuldig. Ander soos Mnr. Markus egter beklemtoon en verdedig sy verwerping van die Godheid van Christus.

Dit is duidelik dat terwyl die meeste Israeliese Messiaanse Jode glo aan die Godheid van Christus dat daar ook 'n minderheid nuwe Ebioniete is wat dit nie glo nie. Wat egter baie meer ongewoon is die verjoodse heidene soos Joseph. B. Good wat die Drie Eenheid verwerp. Peter Michas (Wie se hoop strooi deur Dr. Ron Rhodes van die tafel afgeskraap is.) wat nie net die ewige Persoonlikheid van Christus in die Drie Eenheid Godheid ontken nie, maar wat ook 'n leerstelling buite hierdie wêreld opgekook het soos dat die Here Jesus en die twee rowers aan 'n groeiende boom uit die grond vasgespyker was en dat die Tuin van Eden nie in Mesopotamië was volgens Genesis nie maar in Jerusalem, dinge wat waarskynlik uit die kabbalistiese idees van die mistieke Judaïsme kom.

Voorspelbaar is die mees ekstremistiese elemente van die Messiaanse Beweging onder my mede Charismatiese en Pinkster broeders. Dan Juster, leier van The Union of Messianic Jewish Congregations (UMJC) het ook nou teruggeval en die ekumeniese Promise Keepers dwaling begin ondersteun en so het hyself 'n slagoffer van die hiper? Charismatiese vervalsings, van die mees verdorwe soort geword wat gevolg het na die tragiese vuurdood van sy seun.

Die jong seun se oorskot was aan kunsmatig lewensonderhoud masjiene gekoppel terwyl Mnr. Juster selfoon oproepe ontvang het met boodskappe dat God sy seun uit die dood sou opwek. Nadat die toerusting afgeskakel is het hulle by hom aangedring om nie sy seun te begrawe nie.

Ja, God sal inderdaad sy seun op die Laaste dag opwek, en God kon hom inderdaad uit die dood opgewek het as dit God se Wil was, maar dit was nie God se Wil nie. Wat broeder Juster aanvaar het as profetiese woorde wat van die Here sou gekom het was egter niks meer as waarsêery van hiper Charismatiese valse profete en misleiers nie wat op die emosionele kwesbaarheid van 'n hartseer familie afgespeel is. Wanneer daar egter nie meer onderskeiding by leiers van 'n beweging is nie dan is daar baie min vooruitsigte vir so 'n beweging om die groter doelwitte van God te verstaan.

Ons waarsku al vir 'n geruime tyd dat as Kardinaal Jean Marie Lustigere van Parys ('n Etniese Jood) die volgende pous gaan word, dan gaan die hiper Messiaanse ekstremiste baie bly wees dat die individu in daardie Antichris pouslike pos 'n "Joodse gelowige" is.

Om op te som

Dit is absoluut verstommend om dieselfde Ebionietiese kettery waarmee Satan probeer het om die eerste Messiaanse Beweging in die vroeë eeue van die kerk te vernietig, dit weer vandag terugbring soos wat God weer Sy genade aan Sy volk Israel begin openbaar.

Dit is ook verstommend om dieselfde nomianisme en wettisme wat Satan onder die hiper Messiaanse ekstremiste in Galate gebruik het om die Evangelie in die Eerste eeu se Kerk te ontspoor, dat dit nou weer in die Twintigste eeu se Kerk na vore kom met dieselfde doel.

Wat eers die vesting van die Sewende Dag Adventiste was, waar probeer word om onder twee verbonde te lewe, wat onwerkbaar is, het dit nou ook deurgedring na die meeste Charismatiese takke van die Messiaanse Beweging

Terwyl net 'n klein persentasie van die Joodse gelowiges verteenwoordig word het hierdie hoogs hoorbare Galasiërs hulle self aangestel as woordvoerders vir al die Joodse gelowiges en met al hulle klomp strooi het hulle vergeet wat die boodskap van Romeine 3:17?23 is.

Verder is dit verstommend om te sien dat Satan besig is om dieselfde anti Messiaanse hoogmoed op te wek waarteen Romeine 11:18 waarsku wat ook in die vroeë kerk plaasgevind het en wat vandag weer plaasvind. Dit is ook verstommend om die sien hoedat die venynige anti Semitiese retoriek, wat vermom is as Christelike leerstellings waarvan die vroeë kerk vol van was, in die venynige preekstoel propaganda van John Chrysostom (wat ook deur die eeue deur die pouse en Luther herhaal was) vandag weer deur mond van Satan se Latter Day boodskappers, die Ruchmaniete kom.

Laaste van almal, net soos wat Joodse gelowiges soos Paulus in die vroeë kerk hierdie deurmekaarspul en dwalings van die Messiaanse ekstremiste aan die een kant teengestaan het, en Christelike anti Semitisme en die vervanging groepe aan die ander kant, het die Here weereens Joodse gelowiges opgewek soos Arnold Fruchtenbaum tot by Stan Telchin en Louis Goldberg met 'n Skriftuurlike gebalanseerde reaksie teen hierdie twee dwalinge van Satan wat hy in die vroeë kerk laat ontstaan het. Van een ding kan ons egter baie seker van wees, God het nie toegelaat dat Satan in die vroeë kerk in Galate geslaag het nie, en dieselfde God sal hom ook nie toelaat om nou te slaag nie. †††

You are here:

Sermons in Afrikaans