Harpazo - Vooraf

Deur Jacob Prasch.

Ons Sal Verander Word Soos Wat Hulle Verander het.

 

Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. (1 Kor. 15:51-52

“En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.” (Mat. 17:2)

Gebeure wat die Gedaante Verandering Voorafgaan.

In al drie die sinoptiese Evangelies sien ons die fase van Jesus se bo- Galilése bediening opgevolg deur Sy terugkeer van die Siro Feniciese streke van Tire en Sidon. Dit is hier waar Hy eerstens baie duidelik Sy dood voorspel het en waar Hy die god van hierdie wêreld by Caeserea– Phillippi uitgedaag het. Dit is waar Pan in die Griekse mitologie ’n god was wat voorgegee het hy ’n mens was wat in ’n Griekse tempel aanbid was waar Keiser Augustus in dieselfde omgewing voorgegee het dat hy ’n mens was wat as ’n god in ’n Romeinse tempel aanbid was.

Dit was ook hier waar Jesus Homself geïdentifiseer het as die “Rots”en melding word gemaak van die poorte van die doderyk (Hades- Mat. 16:13-20) Die poorte van Hades was ’n kaskade in ’n grot, wat vandag nog in die westerse fasade van die Berg Hermon gesien kan word. In heidense Pan aanbidding was bokke godsdienstig geoffer na ’n seksuele daad met heidense Griekse priesters. Hierdie bokke was dan in die malende water by die ingang van die grot gegooi wat hulle onder die water ingetrek en verdrink het en net hulle karkasse het oorgebly.

As die malende water nie die bok in die onderliggende skeure ingetrek het nie dan het dit in die heidense denke van die Pan aanbidders beteken die offer was onaanvaarbaar. Dit is hier waar Jesus gekom het, nie as ’n mens wat voorgegee het dat hy ’n god was nie, of ’n god wat voorgee dat hy ’n mens was nie, maar eerder as ’n Joodse Messias wat beide 100% mens en 100% God is. Hierdie poorte van Hades het ’n populêre Joodse metafoor geword vir biologiese dood.

Jesus is die Rots van ons redding (1 Kor. 3:11) Hy is die Rots waarop Sy Kerk gebou sal word en biologiese dood sal as gevolg van die lewe wat Hy gee nie meer enige mag hê nie.

Deur die Opstanding en Harpazo is dit geen toeval dat die Messias as die “sondebok” (Seir (Azazel”) (Heb. 9) in plaas van die offer bok die sondebok sou word wat in ons plek sou sterf, en hierdie reuse rots waarop die tempels gebou was- sou vervang word deur die Kerk, dieselfde rots waaruit die lewende waters vloei in ’n direkte tipologiese ooreenstemming met die water wat uit die rots gevloei het wat Moses geslaan het. In 1 Kor. 10 verwys Paulus hierna.

Baie kan gesê word oor wat by Caesarea-Philippi gebeur het soos om te sê dat dit voor die opgaan na die Berg was waar die gedaante verandering plaasgevind het- dat Jesus hier vir die eerste keer van Sy eie dood gepraat het en Sy oorwinning wat Hy sou behaal oor die dood. Diegene uit die Opstanding en hulle wat nooit sou sterf nie sou daar wees —dit is- Harpazo.

Wat uniek kan wees oor Christus as ons sondebok is dat nie soos met die heidense bokke wat of onder die water na die onder wêreld ingesuig was om nooit weer gesien te word nie, wat van hulle ’n onaanvaarbare offer gemaak het, terwyl Jesus as ons sondebok inderdaad na die onderwêreld afgedaal het, dit is na Hades, waar Hy Homself aan die Ou Testamentiese heiliges openbaar het en weer uit die dood opgestaan het. Dit sou wees asof een van die bokke by Cesaréa-Filippi ingesuig was na die dieptes van die rotsagtige spelonk maar wat dan weer uit die dieptes van die rotsagtige spelonk opgestaan het wat geen mag oor dit gehad het nie.

Net so sou die graf ook geen mag oor Jesus en diegene wat op Hom as die Rots van ons Redding vertrou hê nie.

    Dit was hier waar Jesus die eerste keer gepraat het van die Opstanding en die Harpazo. Die konsep van Hades was eenvoudig ’n oorplasing van ’n bestaande Hebreeuse konsep van ‘Sheol’ in ’n Grieks terminologie en kultuur wat soos met Hades bestaan het uit twee gedeeltes wat geskei word deur ’n onoorkombare kloof. Aan die eenkant was daar “Abraham se bors” waar die Ou Testamentiese heiliges saam met die voorvaders rus in afwagting vir die offer en Opstanding van die Messias deur wie hulle en ons gered word. Dit is waarheen Jesus na Sy kruisiging afgedaal het in ’n gedeeltelike vervulling van die profesie van Jesaja 61 se Jubilee tema. “om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep”. Die ander kant van kloof is waar die ongeredde mense wag op die oordeel. Die misverstand rondom hierdie konsep is as gevolg van vertaling probleme in sekere Engelse Bybel vertalings oor die onderskeiding tussen ‘Sheol en Hades.

Die Gedaante Verandering.

“En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.  En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.

Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie. Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.  13-  Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.”  (Mat. 17:11-13)

In teenstelling met sommige latere tradisies in die Oosterse Ortodokse en die Roomse Katolieke groepe kan die berg waar die Gedaante Verandering plaasgevind het nie die Berg Tabor aan die noordelike kant van die Vallei van Jisreël wees nie, maar sekerlik die Berg Hermon waar die voorafgaande teks sê Jesus en Sy dissipels gedurende ’n sekere tyd heen gegaan het, alhoewel hulle die Berg Tabor in ses dae te voet kon bereik. Die vroegste manuskrip vertel ons dat die berg van Gedaante Verandering ’n baie hoë berg is terwyl die Berg Hermon dit nie is nie. (Mark. 9:2)

Dit was hier op die Berg Hermon waar Galiléa, die Golan Hoogtes (wat geken was as Bashan) en Libanon- bymekaar kom en waar een van die mees diaboliese episodes in die geskiedenis van die mens volgens die Boek van Jerash en buite Bybelse Joodse historiese geskrifte plaasgevind het.

Dit was hier in die dae van Jabes dat die “Nephilim ”-Reuse na die aarde toe gekom het en gemeenskap met die mense vroue gehad het uit wie bose reuse voortgekom het- volgens Genesis 6 en die Boek Judas met ’n vae verwysing in ander Skrif gedeeltes soos 1 Kor. 11. Maar waarna hierdie bose wesens afgekom het- het die Seun van die Mens opgegaan. Jesus gebruik weer geografiese simboliek soos by Cesaréa-Filippi waar Hy demonstreer hoe Hy die gode van hierdie wêreld uitdaag.

Die Berg Hermon is ongeveer 10,000 voet (+- 3000m) hoog en op die hoogste piek sneeu bedek vir meer as sewe maande van die jaar. Dit is nie altyd wolk bedek nie en dit wil ook voorkom asof dit met die lig helderheid in die Gedaante Verandering verhale ooreenkom met ’n natuurlike lig en ’n bewolkte agtergrond.

    Met net Petrus, Jakobus en Johannes as getuienisse het Jesus van gedaante verander. Die term wat gebruik word is dieselfde wat Paulus gebruik het as: “Ons sal verander word”- wat heel gepas “metamorfobies” beteken.

In Mat. 17; Mark. 9 en Lukas 9 het ons drie sinoptiese weergawes van hierdie gebeurtenisse. Die skitter van die Here se gesig is vir die Jode ’n beeld uit die profesie van Moses in Deut. 18:18 dat die Messias ’n Profeet soos Moses sou wees. Soos wat Moses van die Berg af gekom het en sy gesig as gevolg van die Shekinah geblink het, net so sou dieselfde gebeure hom ook met die Messias herhaal.

Die glansende gesig van Jesus en die voorkoms van sy kleed wat beskryf word as helderder as die son en so wit soos lig sou weer deur Johannes op die eiland Patmos in Openbaring een ervaar en in detail beskryf word. (Op. 1:14-16)

Johannes het Jesus as ’n mens geken, maar in minstens twee gevalle tevore soos in Op. 4:1 was hyself in die hemel opgeneem en het hy dieselfde Jesus in Sy Goddelike Heerlikheid aanskou en hy moes bonatuurlik versterk word om Jesus vir wie Hy werklik is in Sy Goddelike Heerlikheid te kon aanskou, ten spyte daarvan dat hy die Here as ’n man geken het wat geen gestalte of heerlikheid gehad het nie. (Jes. 53:2)

Die Verskyning van Moses en Elia aan die Apostels en hulle gesprek met Jesus.

Die onderwerp van hierdie gesprek was die Here se komende hemelvaart en wat Hy in Jerusalem sou doen. In werklikheid volgens Lukas 9:28 was die doel van hierdie gebeure nie die Gedaante Verandering nie maar om te gaan aanbid. Dit sou ’n moeilike klim vir die Apostels wees en hulle was uitgeput en vaak.

Dit het plaasgevind in die Tuin van Getsémané waar hulle saam met Jesus gaan aanbid het en waar hulle weer aan die slaap geraak het en hulle vinnig wakker gemaak moes word. (Mat. 26:45-46) Weereens, met ’n agtergrond verwysing na Hooglied van Salomo, praat Jesus van beide die wyse en die dwase maagde wat aan die slaap geraak het en wat ook haastig wakker gemaak moes word met die koms van bruidegom. (Mat. 25:5) Hierdie herhalende gebeurtenis is ’n verwysing na die toekomstige toestand van dinge wanneer Hy weer gaan kom.

Die Skrifte praat van ons moet werk terwyl dit nog dag is omdat die nag kom wanneer niemand kan werk nie (Joh. 9:4) en met die wederkoms van Jesus en die tyd van die Opstanding en Harpazo gaan mense weer haastig wakker gemaak word. Sommige sal slaap, maar ons sal nie almal slaap nie. (1 Kor. 15:51) Wanneer ons haastig wakker geword het sal ons Jesus in sy Heerlikheid sien. Dit was in hierdie wakkerword toestand dat Petrus, Jakobus en Johannes bewus geword het van die teenwoordigheid van Moses en Elia, wat die Wet en die Profete verteenwoordig het. Dit is die duidelikste beeld wat ons van die Perousia het- dit is die Opstanding en Harpazo.

Moses en Elia

Soos verteenwoordig deur Moses, het ons ’n getroue dienskneg van God wat biologies gesterf het—dit is- “Slaap” in die Here. As gevolg van Moses wat die rots twee keer geslaan het beteken dit tipologies ’n meervoudige kruisiging van Christus daarom kon hy nie in die Beloofde Land ingaan nie en hy het op die Berg Nebo gesterf. Ironies is dit dat kerke wat die ‘Mis’ (RKK)’ leer aanhang waar Christus sakramenties herhaaldelik sterf- in dieselfde sonde van Moses betrokke is waar Jesus herhaaldelik gekruisig word. Jesus het net eenmaal gesterf. (1 Pet. 3:18; Heb. 7:27, 9:12, 10:12, 14)

Moses verteenwoordig die Wet, maar die Wet kan nie red nie maar die Wet leer ons dat ons redding nodig het. Maar as gevolg van sy sonde, en omdat hy die Tora verteenwoordig wat nie kon red nie, maar wat ons leer dat ons ’n Redder nodig het, was dit onmoontlik vir Moses om oor die Jordaan in die Beloofde Land in te gaan, ’n beeld van om in die Millennium Heerskappy van Christus en Sy ewige koninkryk in te gaan. Maar met die Koms van die Messias het dit vir Moses moontlik geword om die Land in te gaan.

    Toe Moses vir God gevra het om in die Beloofde land in te gaan het God vir hom gesê hy moet Hom nie weer oor hierdie saak raadpleeg nie. (Deut. 3:26)

Die Ou Testamentiese Israelitiese heiliges wat getrou aan God onder die Tora gesterf het kon die Messiaanse Koninkryk ingaan omdat hulle die Messias herken het. In Moses sien ons dan ’n man wat gesterf het maar wat nou in Christus lewe.

Elia aan die ander kant was ’n man wat nooit gesterf het nie maar wat weggeraap is, hy was weggeruk en in die hemel opgeneem (2 Kon. 2:1-4) na ’n ernstige konflik met ’n bose vrou Isébel. (1 Kon. 2:1-4) Jesus gebruik hierdie bose vrou Jesebel as ’n metafoor vir geestelike misleiding wat die valse godsdiens in Openbaring 2:20 verpersoonlik wat die diensknegte van die Here verlei sodat hulle voedsel eet wat aan afgode geoffer word. (’n profetiese verwysing na eucharistiese transsubstansiasie van Thiatíre, wat in Grieks “die kerk van ewigigdurende offerande”- beteken, Jesus sterf weer en weer, basies net soos die sonde van Moses.) Dus in Elia se konflik met Isébel, voordat hy gesterf het, slag hy diegene wat aan Isébel se tafel geëet het. (1 Kon.18-)

Sonder enige twyfel is die eucharistiese afgodery in die naloop van die Protestante Reformasie verantwoordelik vir die bloed van ’n menigte martelare wat nie weer in dit betrokke wou raak nie maar wat so ’n wrede geding eskatologies geword het wat ook verwys na Jeremia se profesie oor die koeke offers aan die koningin van die hemel in die laaste dae van Juda (Jer. 44:17-19) wat ’n beeld is van die laaste dae van die kerk wat dieselfde temas van Babilon en Babilon die Grote respektiewelik dra.

Wat interessant is- is dat Moses – die een wat in die Here gesterf het, en Elia – die een wat nooit gesterf het nie maar wat weggeraap is, net soos Jesus verskyn. Soos wat die Skrifte sê, ons sal wees soos wat Hy is. (1 Joh. 3:2)

Dit is ook merkwaardig dat hierdie Ou Testamentiese heiliges deur die Apostels geken was. Met die Opstanding en die Harpazo sal ons outomaties weet wie Moses, Elia, Jeremia, Maria, Petrus, Paulus, Johannes en Rut is, en hulle sal ons ken soos wat die Nuwe Testament sê, Hy bring Sy Heiliges saam met Hom. (1 Tes. 3:13) So was dit hier op die Berg Hermon, die hoogste berg in Israel, hulle ontmoet die Here in die lug.

Dit is sekerlik die duidelikste beeld wat ons van die Opstanding en die Harpazo het. Dit maak nie saak of ons in die Here in die karakter van Moses ontslaap het nie, of nog in die lewe sal wees nie, of die vrou Isébel wat weer amok maak in Openbaring in die vorm van valse gelowe in lyn met Antichris, en hoe Elia haar ontvlug het, al wat saak maak is of ons in Christus is.

Ons sal almal word soos wat Hy is. Soos wat Paulus skryf, of ons dan lewe of gesterf het, ons is in die Here. (Rom. 14:8)

Die Groter Betekenis

Ons het ten minste drie direkte en baie duidelike redes om die Gedaante Verandering as ’n beeld van die Opstanding en Harpazo te verstaan, en ook ’n vooruitsig van ons toekoms met die komende Here met die Perousia.

Eerstens het ons twee baie duidelike Skrif verwysings wat die eskatologiese gedeelte verbind met 1 Korinte 14 wat handel oor die Opstanding en die Harpazo-- dit is die Perousia of die openbaring van Christus en Sy Gedaante Verandering. Dieselfde woord wat deur Paulus gebruik word vir “Sal verander word” (Metamorphoo”) is dieselfde woord wat deur Matthéüs gebruik word om te beskryf hoe die Here verander het met die Gedaante Verandering.

Tweedens, Petrus se misverstand om drie hutte te bou kan net verstaan word as die eskatologiese vervulling van die Loof Hutte Fees (Hag Sukkot) besig was om te gebeur. Vir Jode soos Petrus, Jakobus en Johannes het hulle geweet dat met die vasstelling van die Messiaanse Koninkryk (Die Millennium heerskappy van Christus) die Loofhutte fees gevier sal word en gebaseer sal word op die Profesie van Sagaria 14 wat volg op die wederkoms van Christus soos beskryf in Sagaria 12 en 13.

    Derdens, die Gedaante Verandering verhaal word in Mark. 9:1, Mat. 16:28 en Luk. 9:27 voorafgegaan deur die woorde van Jesus dat van Sy Dissipels die biologiese dood nie sal smaak nie, wat presies in die Opstanding hoofstuk deur Paulus in 1 Kor. 15: 51 herhaal word - “Ons sal nie almal ontslaap nie.”

Die direkte skakels van hierdie drie faktore wys baie duidelik dat die Gedaante Verandering van Jesus ’n tipologiese toekomstige beeld is van die Opstanding en die Harpazo gebeure soos wat dit deur Paulus voorspel is in 1 Kor. 15- met ’n verwysing na 1 Tes. 4:15.

Die Verkeerde Veronderstelling

Petrus wou drie hutte bou met die veronderstelling dat die Messias nou in Sy Heerlikheid geopenbaar sou word. Moses was saam met Hom en ook Elia wat die Apostels, soos wat al die Jode van die dag in ’n sekere mate verstaan- moet kom voordat die Messias kom, gebaseer op die profesie van Maleági 4:5.

Dit was Petrus se verwagting dat die Messiaanse Eeu nou ingewy sou word. Terselfdertyd vertel Lukas 9:34 dat ’n wolk oor hulle gekom het waarin hulle gegaan het en uit die wolk het daar ’n Stem gekom wat sê: “Dit is My geliefde Seun; luister na Hom” wat dieselfde gebeurtenis bevestig met Jesus se doop in Luk 3:22, Mat.3:17 en Mark. 1:11, en ook geprofeteer in Jes. 42:1. Dit was met die aanskouing van hierdie heerlikheid dat Petrus ’n verklaring gemaak het.

“--want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.” (2 Pet. 1:17-18)

Die afdaling van die wolk op die berg sou weereens vir enige Jood bekend wees wat hulle verstaan as die Shekinah Heerlikheid wat in die wolkkolom neergedaal het soos met Moses.

As gevolg van die hoogte was die natuurlike werwelwind ook vergelyk met die werwelwind wat Elia weggeneem het. (2 Kon. 2:1)

Dus, al drie die Persone van die Godheid was teenwoordig met die Gedaante Verandering. Met die Parousia sal al drie die Persone van die Godheid ook teenwoordig wees. Die Vader wat beveel, die heiliges- ingeslote die wat opgewek en weggeraap is wat die Here Jesus- die Seun in die lug sal ontmoet, en almal wat deur die Gees van God oorklee word. In Lukas se weergawe was Jesus in die wolk as die Seun van God wat ooreenkom met Jesus se teenwoordigheid in die Shekinah waaruit die Stem van die Vader gehoor was.

Ons het ’n ooreenstemmende gedeelte in die martelaarskap van Stefanus in Hand. 7:55 waar vertel word om met die Heilige Gees vervul te wees, het Stefanus ’n sigbare openbaring van die verhouding tussen die Vader en die Seun gesien terwyl hy tussen lewe en die dood gehuiwer het met sy marteling en ontvangs in die heerlikheid.

Dit is met reg dat baie sê dat ons in hierdie lewe maar net ’n gedeeltelike begrip van die Drie Eenheid van die Godheid en die Enigheid van die Vader en die Seun saam met die Heilige Gees kan begryp. Die gevangeneming en die begrip daarvan het vir Stefanus duidelik geword toe hy in die ewigheid ingegaan het vanwaar ons kan aanneem dat dieselfde waar sal wees ook vir ander gelowiges wat in Christus gesterf het.

Ons sal nie almal ontslaap nie maar volgens 1 Korinte 15 sien ons dieselfde openbaring van die natuur en die enigheid en tussenspel van die Drie Persone van die Godheid wat gedemonstreer word by die Gedaante Verandering- net soos hulle ook sal wees met die Episunagoge- dit is met die tyd van die Harpazo.

Die Seun sal in die wolk wees maar in die teenwoordigheid van die Vader, en dit is iets wat diegene wat weggeraap is in daardie oomblik ook sal aanskou. Hierdie Gedaante Verandering ondervinding is dalk die rede waarom die Apostels nie die nodigheid kon insien om in hulle geskrifte meer tyd toegewy het om die Drie Enigheid te verklaar nie.

   Vir Petrus, Jakobus en Johannes was dit nie ’n totale verborgenheid soos wat dit vir diegene sal wees wat weggeraap sal word nie, dieselfde met Stefanus.

Op ’n manier kan ons aan die Gedaante Verandering verhale dink soos wat hulle in Brittanje dink van ’n “movie trailer” of in Amerika as ’n “Coming attraction”. Dit moet so interessant wees dat ons moet uitsien om die volle verhaal te gaan sien, hoor en ondervind en wanneer ons Jesus, Moses, Elia, Petrus, Jakobus in die lug ontmoet.

Die tema van die ontmoeting van Jesus in die lug op ’n berg was nie vir Elia of vir Moses ’n nuwigheid nie. Waar God in ’n menslike gestalte verskyn het was dit altyd die Seun en nooit die Vader of die Heilige Gees nie, dit is ook wedersyds waar in die Ou Testament, niemand kan God sien en bly lewe nie, (Ex. 33:20) Daarom het God in ’n menslike gestalte verskyn as “Christofani”, dikwels as die “Engel van die HERE” of- “Ha Malach Adonai” (In Judaïsme geken as die “Metatrone”). Dit is die Here Jesus.

Die Engel van die HERE—dit is Christus—het aan Elia op die Berg Horeb, die berg van God verskyn en vir 40 dae en 40 nagte nie geëet nie, en hy het direk met God die Seun gepraat en die Here het voor hom verby gegaan. (1 Kon. 19:7-11)

Moses het ook vir 40 dae en 40 nagte nie geëet nie voordat hy die Berg van God betree en met God gepraat het. Beide hierdie twee Ou Testamentiese figure- Moses en Elia, kom weereens ooreen met die Wet en Profete, en hulle het tevore Jesus op ’n berg ontmoet. Die Gedaante Verandering was nie die eerste keer nie maar hierdie keer was die Apostels getuienis daarvan en deur hulle word ons aan die gebeure verbind.

Dit is interessant dat toe Petrus, soos wat die teks sê “verskrik” was, Elia en Moses sien opvaar dat hy drie hutte of tabernakels wou bou, en hy het nie besef wat hy gesê het nie. Dit was nog nie die tyd vir die lang verwagte Messiaanse Koninkryk nie omdat die Messias eers moes sterf en uit die dood opstaan; dit is hoekom die Here gesê het hulle moet vertel wat hulle gesien het nie tot na Sy Opstanding. (Mat. 17:9; Mr. 9:9) Hulle het nog nie die konsep van die “opstanding” verstaan nie. (Mr. 9:10) Dit is direk opgevolg deur Jesus wat in ’n bespreking van die profesië gepraat het van die koms van Elia voor die koms van die Messias. (Mk. 9:11-13)

Alhoewel Elia weer op ’n manier moet kom voor die Wederkoms van Christus, het Jesus geleer dat Elia alreeds op ‘n manier gekom het en dat Elia se gees op Johannes die Doper gerus het; maar op die berg van die Gedaante Verandering was dit nie Johannes die Doper nie maar Elia self wat wesenlik en letterlik gekom het. Hierdie twee aspekte van Elia wat beide in die gees deur Johannes gekom het, en wat werklik persoonlik gekom het, sal ’n beslissende faktor wees in die verstaan van die manier hoe Elia weer gaan kom voor die tweede koms van Jesus.

Die feit is, Johannes die Doper was alreeds deur Herodus (’n Tipe van die Antichris) vermoor in Mattheus 4 en Markus 6, ’n gebeure waarna Jesus in Mark. 9:13 verwys.

Dat dit ’n Eerste verkeerde veronderstelling in die Nuwe Testament sou wees sou nie waar wees nie, met die misverstand rondom die viering van die Fees van Tabernakels het hulle gedink dit is tyd van die finale Messiaanse vervulling. Inderdaad sien ons ’n gedeeltelike vervulling van dit in Johannes 7 met die rituele van “Simchat Beit Ha Shoy’iva”, met die uitgiet van die water wat uit die Poel van Siloam gekom het oor die Tempel Berg plaveisel waar Jesus gesê het: “Ek sal vir jou lewende Water gee.” (Joh. 7:37-39)

Met die triomfantlike intog volgens die Tempel Liturgie, ook geken as die Machzor vir Pasga, moes Psalm 113-118 met die ritueel gesing word met ’n klimaks koor wat sê: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here”. Dit moes weer gesing word, alhoewel met die Loof Hutte fees in die Herfs met Palm takke geken as “Lulavim”. Die Messiaanse verwagting van die mense met die triomfantlike intog het hulle Hosanna vir Jesus gesing en uitgeroep:

   “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here”- en hulle het gedink Jesus gaan van die Romeine ontslae raak soos wat die Makkabeërs ontslae geraak het van die Grieke- en dan Sy Millennium Koninkryk vasstel. Maar in plaas van om die Heidene aan te vat en Sy koninkryk op te rig het die Here die geld wisselaars aangevat wat die geloof van Sy eie mense verdraai het vir wie Hy Hom voorberei het om te sterf.

Dus in Mat. 23 waar Jesus ween oor Jerusalem, sê die Here hulle sal Hom nie weer sien totdat hulle sal sê: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here” nie, ten spyte van die feit dat dit presies is wat hulle Hom ’n paar dae terug met wuiwende palmtakke toegesing het toe hulle van Hom verwag het om ontslae te raak van die Heidene en om die Messiaanse Koninkryk op te rig.

Hierdie koninkryk egter, sal nie kom met ’n teken wat herken sal word nie, maar eerder deur Sy dood in ons plek opgevolg deur die opstanding en Pinkster wat nie ’n koninkryk van hierdie wêreld sal wees nie, dit is met Sy Tweede Koms wanneer die Huttefees gevier moet word en wanneer Jesus Sy aardse Dawidse Messiaanse Koninkryk gaan oprig.

Weereens, met die Seëvierende Intog en die misverstand van Petrus op die Berg van Gedaante Verandering, word nou deur die hele nasie afgespeel wat in Jerusalem as pelgrims aangekom het vir die Pasga, en dit was hierdie gebeure in Jerusalem, waar Jerusalem spesifiek genoem word, wat Jesus met Moses en Elia bespreek het. (Luk. 9:31) Dit is dus duidelik dat vir Jesus om te kom om Sy Koninkryk op te rig moet die Jode terug wees in Israel met Jerusalem as hulle hoofstad. (Mat. 23:39; Luk. 21:24; Sag. 12:1-10) Wanneer hierdie gebeure saamgevat word sal die Israeliete en die nasies saam die Hutte fees in Jerusalem vier. (Sag.14)

Dit is wat Petrus en die ander Apostels en die mense in die algemeen nie kon verstaan nie, dit was: “Een Messias met twee verskynings”: Die eerste keer vir versoening vir sonde en die tweede keer as die Dawid Oorwinnaar. Hierdie gebeure word in diepte bespreek in die boek: “The Final Words of Jesus” en- “Satan’s Lies Today” waar die twee beelde van die Messias in die Joodse denke, soos die Messias as die Seun van Dawid, wat ’n Oorwinnaar was, en die Messias as die Seun van Josef wat die Lydende Dienskneg was, wat in Judaïsme ook geken word as “Ben Ephraim”-bespreek word.

Samevatting

Die belangrikheid om die Gedaante Verandering as ’n paradigma te verstaan en om die Opstanding en die Harpazo te begryp- kan nie oorbeklemtoon word nie.

Dit is aan die woorde en lering van Jesus wat vir ons in die Gedaante Verandering verhale gegee is wat die basis vorm van Paulus se latere leringe in sy briewe beide in Korinte en Thesalonicence oor die koms van Jesus en ons eindbestemming in die Opstanding en Harpazo. In sy kern is dit waar Paulus sy eie Opstanding en Harpazo eskatologie gekry het wat onder die inspirasie van die Heilige Gees verkry en vir ons deur hom ontsyfer is.

In enige oorweging van die onderwerp oor die Opstanding en Harpazo moet ons konsep omraam word met die Gedaante Verandering verhale en die leerstellige beginsels wat hoofsaaklik deur Paulus vir ons gegee is.

J.P. Moriel / Harpazo preview / 08 /2015

You are here:

Sermons in Afrikaans