Euroklídon

Toe die Apostel Paulus, wat deur die Jode aangekla was van misdade en voor die Romeinse goewerneur Festus van Judea gestaan het, het hy Festus se aanbod om voor hom in Jerusalem tereg te staan van die hand gewys. In plaas daarvan het hy hom op die Keiser beroep. In hierdie tyd het Rome die Romeinse keiser aanbidding wat ’n tipe van antichris aanbidding is aangehang.

By Efese, in die cardio of die straat wat na die mark toe gelei het—die agora—was daar ’n hek met die woorde: “Caesar Huios Theos” (“Keiser, Seun van God”). Niemand kon na die mark toe gaan as hulle nie deur hierdie hek geloop het en die Keiser as die Seun van God erken het nie. Gelowiges in Jesus het hulle op ’n plek bevind waar hulle nie kon koop en verkoop as hulle nie die Keiser as die Seun van God erken het nie. En as hulle dit nie wou doen nie was hulle aan pale wat aan beide kante van die cardio gestaan het, wat van die agora- na die hek gelei het, vasgemaak en aan die brand gesteek wat dan as straat ligte gedien het. Dit is ’n beeld van wat aan die einde van hierdie eeu gaan gebeur.

Paulus beroep hom op die Keiser wat hom oorland vanaf Jerusalem na Cesaréa toe vat. Cesaréa was die imperiale streeks hoofstad van die Romeinse noorde wat toe geken was as Ptolomais wat vernoem was na Alexander die Grote se generaal. Vandag word dit geken as Akko, ’n belangrike stad met die Israelse onafhanklikheid oorlog. Vanaf Cesaréa is hy na die Sidon omgewing in Lebanon, dan verder noord wat vandag Turkye is en na westelike Turkye. Hy gaan vêrder na die suidwestelike punt van Turkye, dan af na die omgewing van Kreta.

Vanaf Kreta gaan hy via Cilícië na die Baai van Puteoli, wat vandag in die noordelike deel van Naples is. Sy toer word saamgevat met ’n tog via die Appian Weg na Rome. Dit is die gedeelte van sy toer waarin ons belangstel wat vanaf noord Cesaréa, dan wes, dan suidwes, dan wes, dan noord strek wat eindig in Malta. (Melíte)

Eerstens, kom ons kyk: In daardie tyd het die Romeine hulle handelsroetes van die Grieke verkry wat dit weer van die Phoeniciane (Feníciërs) verkry het. Die Feníciërs was soos die Vikings van die wêreld van ouds; voor die Vikings was die Feníciërs die beste seevaarders. Seevaart was gebaseer op kuslynvaart wat afhanklik was van handel seisoen winde. Die storm op die See van Galiléa (Mark. 4:27) was veroorsaak deur ‘n oostelike handel wind wat geken was as die Euroklidon.

Die wind waai deur die berg klowe van die Berg Karmel naby Haifa en af na die Jísreël Vallei—Die Vallei van Armageddon— wat dan afbeweeg na die See van Galiléa wat geweldige golwe van 3-6 Meter veroorsaak. ’n Stormwind soos die Euroklidon kan ligte bote ernstig rondgooi. Hierdie Eurolklidon wat die See van Galiléa so onstuimig gemaak het was dieselfde soort Euroklidon wat Paulus se skip verwoes het.

Die Griekse woord vir wind is pneuma, van waar ons die Griekse woord vir gees kry. Die Hebreeuse woord is ruach wat ook gees beteken. In die heelal is daar baie teenwerkende geeste. Daar is geestelike aanvalle wat manifestasies is van die soort aanvalle tussen hierdie opponerende geeste. Die Skrifte gebruik die beeld van teenoorgestelde winde om te illustreer hoe geestelike aanvalle werk. In Grieks en Hebreeus is dit dieselfde idee. Teenoorgestelde winde, kragtige winde illustreer geestelike aanvalle.

Hand. 27 & Hand. 28:1-10

1 “En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július.  En nadat ons in 'n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, [Die Romeinse provinsie van Asië was basies Turkye] het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van Thessaloníka, was saam met ons.

   En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.” By Sidon het hy ook liefdadigheid van die ongelowiges ontvang.

Dinge verander vinnig. Die liefdadigheid waarmee Christene altyd ontvang was, is besig om vinnig op te droog. Kyk na die media. Vandag, in die populêre media of in die akademiese wêreld, as jy ’n Christen is, kan jy baie min of geen hoflikheid verwag nie. Dit is nou tensy dit ’n linker vleuel Christen is, of as jy iemand soos Desmond Tutu kry wat sê hy sal liewer hel toe gaan as hemel toe as God ’n homophobe is. Desmond Tutu sê hy weier om ’n homophobiese God te aanbid; Tutu sê as God ’n homophobe is wat teen homoseksualiteit is, sal hy verkies om liewer hel toe te gaan as hemel toe!

Nou, ons moet verstaan, Afrika is demografies deur HIV verwoes sonder homoseksualisme. Maar as jy homoseksualiteit nog daar byvoeg. O Wee! Jy sal dit nie glo nie! Toe Hillary Clinton nog Staat Sekretaris was, het sy Swart Afrika regerings gedreig om Amerikaanse handel te weerhou as hulle nie hulle wette oor homoseksualisme aanpas nie.--Hoeveel Swart mense wil jy nog doodmaak? Wel, tensy jy ’n soortvan Christen is, soos ’n Desmond Tutu Christen, dan gaan die wêreld jou haat, is dit nie? Hulle sal miskien nou vir jou goed wees maar dit gaan vinnig verander. In Swart Afrika is homoseksualiteit totaal in teenstelling met die Swart Afrikaanse stam kulture, dit is ondenkbaar. Hulle sal sê: “Ape sal dit nie doen nie, kameelperde sal dit nie doen nie, maar julle doen dit?”

Nou, as homoseksualiteit natuurlik en normaal was, as dit kultuurlik eweredig is, hoekom keur stamme in Asië en Afrika dit nie goed nie? As dit natuurlik is sou dit onder alle kulture gevind word. Maar dit is nie, dit word net goedgekeur en ook gevier in vervalle Westerse kulture.

Handelinge 27:3-5

3-8  En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang. En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was. [geestelike aanvalle begin. Soos wat hulle aan beweeg het na Siprus het die geestelike aanvalle ook begin toeneem]

Ons het daarop die see langs Cilícië en Pamfílië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom. En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.  [Weereens, hulle moes kuslangs seil. Alles volg die Feniciese handels winde, hulle word op ’n ander skip gesit.]  En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.  En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.[Dit is nie vêr van Lonica van vandag nie, dit is waarheen hulle gaan]

Dit is gevaarlik so ver as wat hulle gaan, van hier af het die winde al erger begin raak. Dinge word stadigaan al moeiliker in ’n geestelike term, jy raak verstrengel in ’n spiraal waar dinge nie beter word nie; dit word in ’n spiraal vorm al slegter. Dit is soos om in Florida in ’n orkaan vasgekeer te wees. Daar is ’n valse kalmte, ’n valse vrede, dit lyk asof dinge verbeter maar dit is ’n misleiding. Die ander helfte van die orkaan moet nog kom.

Gedurende die finale jare van hierdie eeu kan daar rustige tussen periodes van ’n valse vrede wees, maar dinge gaan nie verbeter nie. Dinge sal van sleg na slegter beweeg, daar kan tussentydse periodes van waarskynlike uitsteldae wees maar dit is ’n misleiding as jy dink dat dinge werklik beter gaan word.

Die Skrifte gebruik twee soorte dinge om te verduidelik wat dit gaan wees naamlik seismologie en geboorte pyne. Volgens die geoloë in seismologie skuif die tektoniese plate en dit gaan aan totdat die groot aardbewing kom. In California skud die kandelare—“o dit is maar net ’n ligte skudding--?”

    Almal weet dat die een of ander tyd gaan daar ’n baie groot aardbewing in California, of in Japan, New Zealand of iewers aan die rand van die Stille Oseaan kom, almal weet dit.

“O dit is maar net ligte skuddings....” Maar dit beteken nie dat ’n grote nie oppad is nie.

Die ander beeld is geboorte pyne. Geboorte pyne word al hewiger maar met rukke raak hulle stil. Maar jy weet die pyne sal daar wees totdat die baba kom, net soos met die Mankind in Openbaring 12.  Moenie mislei word met die idee dat dit gaan lyk asof dinge beter gaan word nie. Daar sal tye wees waar dit gaan lyk asof dinge besig is om te verbeter, maar daar sal nie ’n langtermyn verbetering wees nie. Dinge gaan slegter word, geestelike aanvalle gaan vermeerder en dinge gaan moeiliker raak, dinge sal nie verbeter totdat dit nie eers baie sleg gegaan het nie.

Dit gaan vêrder:

Hand. 27: 9  “En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku--”

[Die vas is Yom Kuppur, die Dag van Versoening. Die tyd van die oordeel van Satan kom al nader. Hy raak desperaat. Na die Dag van Versoening word die bok uitgelei en na 90 stadia is hy oor ’n afgrond gegooi. Satan is desperaat, hy veg vir sy oorlewing.]

V 10 -11:  --en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.[Paulus praat die waarheid] Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus--”

Nou, dit was nie net eenvoudig ’n geval van waar die stuurmam gesê het: “Dit is my ambag” nie, Paulus was net ’n prediker, ’n rabbi of ’n tentmaker. “Hoekom luister jy na ’n tentmaker en ’n rabbi in plaas van na ’n professionele seeman?” Paulus was in hierdie tyd ’n baie ervare reisiger en natuulik het hy by God gehoor.

Maar God se Stem word baie selde deur mense gehoor. Mense wysheid sal meesal bly staan.

Mense maak besluite wat gebaseer word op mense wysheid. Wanneer dinge begin sleg gaan dan sal hulle terugval op wysheid van mense. Dit is wat hulle sal doen, al is dit nie rasionaal nie. Ons sien dit alreeds. Darwinisme is nie wetenskaplik rasionaal nie; dit is onverdedigbaar. Darwinisme is wetenskaplik onverdedigbaar maar mense sal nog steeds daarop terugval omdat dit mense wysheid is. Dit is wat gaan gebeur. Diegene wat aan die Here behoort sal verstaan wat besig is om te gebeur, maar hulle gaan nie na hulle luister nie. Mense gaan die wysheid van die wêreld volg-- die valse wysheid van die wêreld.

V.12:  “- en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.”

Hulle wou om die kus van Kreta seil na die plek met die naam van Phoenix (Fenix) waar hulle ’n aanvaarbare hawe kon kry vir hulle veiligheid; hulle kon nie bly waar hulle is nie.

Ons moet verstaan wat hier gesê word: Die meerderheid het tot ’n besluit gekom. Dit stigters van die Parlementêre demokrasie in Groot Brittanje, die Puriteine, het baie foute gemaak en hulle het baie verkeerde dinge gedoen –hulle was Calviniste. Maar hulle het geweet dat die enigste manier waarop ’n demokrasie kon werk sou wees as Brittanje ’n volk van wette sou wees wat deur mense en deur God regeer sou word.

Die Stigter Vaders van Amerika, van hulle was slawe eienaars en hulle was humaniste, van hulle was universaliste, sommige van hulle soos Thomas Jefferson, Benjamin Franklin en Thomas Paine was nie Christene volgens Bybelse riglyne nie; maar ander was. Maar almal van hulle het tenminste by Bybelse beginsels gehou.  Die Stigter Vaders en die Amerikaanse republiek het verstaan dat vir ’n nasie van vry mense om te oorleef moet hulle deur Bybelse beginsels regeer word en dat ons konstitusie op die Hebreeuse-Christen Skrifte gebaseer moet word.

    Hulle moes deur mense gelei word wat op hierdie beginsels gegrond is. Beide die Britse en die Amerikaanse regeerders het dit verstaan. Maar in hierdie laaste dae gaan die wêreld terugkeer na die ou Griekse demokrasie – die meerderheid sal regeer, reg of verkeerd. –Vergeet die reg en verkeerde idee, dit gaan oor die wil van mense. Maar in Griekeland was dit die wil van sekere mense. Net vyf persent van die populasie in die Grieks Romeinse wêreld was slawe. Hulle demokrasie was gebaseer op elitisme. Ons gaan sien hoe elitisme die konstitusionele regerings gaan vervang en ons gaan meer en meer geregtelike Fascisme sien. (Nasionalisties politieke bewegings)

Die Here Jesus sê Christene sal voor landdroste en konings gebring word. Ons gaan al meer en meer sien waar landdroste wette maak van die regbanke af, regterlike Fascisme gaan parlementêre of kongresionele wetgewing vervang en dit gaan grootliks gebaseer word op ’n gewilde wedywering.

Die meerderheid mense vandag ondersteun dieselfde seks huwelike—ses jaar gelede was dit nie so nie. Dit gaan al meer die woord van slegte mense word en nie die Woord van God wat bepaal wat gaan gebeur nie. Ons gaan basies uitgestem word. Moenie enigiets van politici verwag nie, Demokrate of republikeine.

In Paulus se geval het die meerderheid besluit dat hulle op manier Phoenix (Fenix) kan bereik...

Vers 13 “En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.

[“Wel, ons gaan versigtig wees en dit maar stadig vat” Kyk na die wind, dit is nie ’n goeie riglyn nie, maar dit is nie so sleg as wat dit was nie, dinge het verbeter.” Dit is wat hulle jou altyd gaan vertel. “Dinge is besig om te verbeter.”

Kyk na hierdie land. Jy het ‘n geval waar iemand se werkloosheid voordele uitloop en die regering gaan jou nie langer meer tel as werkloos nie, so, nou is daar minder werkloses as wat daar gewees het, net 7.5 persent in plaas van die 8 persent. Mense gee op om werk te soek en hulle val uit die arbeidsmag, nou is hulle op permanente voedsel koepons. “O hulle is nie werkloos nie!” Dit is net politici wat so kan lieg. Wel, jy gaan dieselfde ding sien. Hulle gaan hierdie verduidelikings so kunsmatig manipuleer dat dinge baie beter kan lyk as wat dit die geval is.

So, hulle seil langs die kuslyn. “Ons sal versigtig wees”.

Vers 14:Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.

O ’n Noordooster! Dit is Euroklidon wat teen die Karmel Bergreeks vasslaan en deur die klowe waai wat die storms op die See van Galiléa veroorsaak. Hierdie gure afwisselende windstrome veroorsaak baie dinge langs die kuslyn. Vandag is daar oral waarskuwing stelsels.

Nou, daar gaan ’n baie intense geestelike teenkanting wees.

V.15 “En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.”

Die Liggaam van Christus gaan oorgelaat word aan die genade van bose magte wat ons gaan saamsleur. Ons gaan geen beheer hê waar dit heengaan nie. Kyk daarna! Dit kom alreeds na ons kant toe! Kyk na die soort mense wat Kerke bedryf! Onthou julle die “Foxe’s Book of Martyrs”?

Mense wat Roomse Katolieke priesters was, wat in die 16de eeu tot redding gekom het, wat verkies het om lewendig verbrand te word, mense in Engeland, Holland, Duitsland en Switserland. Hulle het gekies om eerder lewend verbrand te word as om die brood en die wyn as Jesus Christus wat vlees geword het- te aanbid. Vandag is daar vooraanstaande evangeliese leiers wat sê dit is reg om in ’n Roomse Katolieke kerk te wees, om vir die dooies te bid en met afgodery te doen te hê.

    Dinge is buite beheer, Satan is besig om beheer oor te neem. Brian McLaren van die opreisende kerk faam trou mense van die dieselfde geslag, hy het sy seun en sy seun se “man” in die huwelik bevestig. McLaren se vennoot Rick Warren, wat die voorwoord van die boek, die “Emerging Church” gekryf het, het in die openbaar teen Proposisie 8 gedraai. “Ek was nooit teen dieselfde seks huwelike nie.” Dit is die leiers van sommige van die grootste kerke! Die kerk kom almeer onder die beheer van Sataniese magte, demoniese magte, ons is nie meer in beheer nie. Die Heilige Gees is nie meer in beheer van voldoende pastore en leiers nie. Die wind gaan dit net aandryf. Evangeliese Christene wat dieselfde seks huwelike goedkeur? Ons is nie meer in beheer nie! Dit is maar net die begin. Dan is daar mense wat sê daar gaan ’n groot herlewing kom. Dit is nie wat ons sien nie! Tensy daar ’n baie groot bekering en ’n erkenning kan kom van hoe diep ons in sonde verval het. Dit is wat dit is.

V.16-17: “En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.” [Daar sal genoeg goeie mense wees wat sal probeer om die kerk basies drywend- lewend te hou.]

En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.

Al wat hulle kon doen was om die pas waarteen hulle weggedryf het te beheer. Die goeie mense kan basies net die pas van agteruitgang vertraag. Die enigste ding wat nou kan gebeur is dat die goeie pastore en leiers die pas van die agteruitgang vertraag. Ek glo dit is wat die Here vir my in 1980 gewys het.

Vers 18-19: “En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi; en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.”

Wat het Jesus gesê? “--en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.”

Die Kerk van Laodicea. Dit is nie die vryheid en oorvloed van dinge wat die probleem is nie, dit is ons gesindheid teenoor dit. Christene en materialisme— ek sê vir julle, daar kom ’n tyd wanneer die getroue gelowiges genoodsaak sal wees om hulle tydelike dinge en rykdom op te offer om te oorleef. Die dinge wat ons besit, besit ons. Ek dink altyd aan my gunsteling rabbi se woorde:”Waar jou hart is daar sal jou skat wees.”

Niks sal ons houding teenoor die dinge van God meer in die lig bring as ons houding teenoor tydelike dinge nie. Daar gaan ’n tyd kom wanneer ons- ons skatte by ons mond sal moet sit. Mense wat dit nie doen nie sal nie oorleef nie en diegene wat dit wil doen sal dit oorboord gooi.

Vers. 20: “En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.”  Wat het Jesus gesê? “--die son sal verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.”

Dink aan Abraham, daar is vir hom gesê sy nakomelinge sal soos die sterre in die hemel wees. Sy nakomelinge is die Jode, Abraham, Isak en Jakob, maar ook die nie-Joodse gelowiges.

Ons het die antropologiese en die teologiese afstammelinge van Abraham, sy nakomelinge deur geboorte en sy nakomelinge deur die tweede geboorte. Die draak het ’n derde van die sterre uit die hemel gegooi. Die sterre gaan val! Die son en die maan gaan hulle lig nie gee nie! Onthou die maan het nie sy eie lig nie, hy reflekteer die lig van die son.

Jes.60:1: “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.” (Arise and shine, your light has come”) Die kerk gaan nie die lig van Jesus reflekteer nie. Jesus se lig gaan verduister word. Dit gaan baie donker word. Onthou, die duisternis van die nag?

    Hy kom soos ’n dief in die nag. “Kom Hy in die tweede nagwaak of die derde? Wagter, wagter hoevêr is die nag?” “Werk terwyl jy nog lig het, die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

In die Hooglied van Salomo kom die bruidegom vir die bruid in die nag. In Mat. 25 kom die bruid in die nag. Dit gaan baie donker wees. Die son gaan nie sy lig gee nie. Mense gaan alle hoop opgee. Maar iets gaan gebeur.

 

Vers 21 “En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het.”

Die mense wat geweet het, die mense wat nou weet waarheen dinge op pad is, gaan nie luister totdat dit te laat is nie. Hulle sal deur die geskiedenis geregverdig wil word of deur die vervulling van profesie, soos Jeremia—al die valse profete wat hom in getalle oortref het, duisend teen een, was beproefde leuenaars. Jeremia was gevindikeer maar dit was te laat.

Dit is grootliks die betekenis van die Boek Klaagliedere van Jeremia.

Teoreties is hierdie dinge op ’n manier vermybaar, maar dit gaan nie vermy word nie. Hulle gaan nie na mense luister wat die waarheid praat nie. Maar daar gaan ’n tyd kom dat hulle sal weet dat hulle die waarheid gepraat het. Kyk wat gebeur.

Hulle was ’n lang tyd sonder voedsel. Sien jy dit? Wat staan in Amos 8? Voordat Jesus kom gaan daar ’n hongersnood wees om die Woord van God te hoor. Daar gaan nie voedsel wees nie, net soos met Jesus se eerste koms.

Vanaf Maleagie tot met Johannes die Doper was daar nie ’n profeet nie. Daar was die Makkabeërs maar daar was nie ’n profeet nie, geen voedsel. Johannes die Doper het voor Jesus gekom en die mense gevoed- “In die gees van Elia.” Elia, Elisa en Johannes die doper het dieselfde gees gehad. Almal van hulle het die volk in ’n hongersnood gevoed.

Elia en Elisa in ’n letterlike hongersnood en Johannes die Doper in ’n geestelike hongersnood.“Die hele Jerusalem het uitgegaan om na Johannes se preek te luister.” Hoekom? Omdat hulle nie deur die Sanhedrin, die leiers- gevoed was nie. Hulle was nie in ’n sinagoge of in die Tempel gevoed nie. Dieselfde dinge gaan gebeur aan die einde. Mense gaan nie in die hoofstroom kerke en denominasies gevoed word nie hulle sal moet uitgaan om die Woord van die Here deur iemand in die wildernis te hoor.

Nou, dit verwys weereens na die bediening van Elia. Elia het altyd God se mense in ’n hongersnood gevoed, dit verwys weer na Johannes--Yochanan Ha Matbil---. Staanop in hulle midde! “Julle moes na my geluister het”.

Vers 22: “Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.”

Die kerk era is verby maar nie die getroue mense in die kerk nie. Die kerk gaan nie weggeraap word nie. Die Kerk gaan geestelik, teologies en uiteindelik institusioneel verwoes wees. Jesus kom nie om die Kerk weg te raap of te red nie; Hy kom om die getroue mense in die Kerk weg te raap, of te red, die “Kerk” se tyd sal verby wees. Uiteindelik gaan die poorte van die doderyk nie daaroor heers nie as gevolg van die redding, maar die Kerk soos wat ons dit nou ken gaan nie die kerk wees wat gaan oorleef nie. “As julle my raad gevolg het sou dit nie gebeur het nie.”

Vers 23-24: “Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien.—[Letop, Paulus praat met verskillende gelowiges en ongelowiges]

En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.”

Soos wat Paulus voor die Keiser staan wil dit voorkom asof die getroue getuies voor die antichris sal staan, maar weereens, ek noem dit net terloops. Diegene wat saam met jou seil, hulle wat God se getroue getuies volg, wat saam met hulle seil, - Kerke wat in valse leerstellings gevang is seil nie saam met hulle nie.

     Vers 25-27 “Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is. [Moenie hoop verloor nie] Maar ons moet op 'n sekere eiland strand.  En toe die veertiende nag kom,-”

Nou, die ‘veertiende’ is ’n belangrike dag in die Hebreeuse maande om die heilige dae vas te stel; dit is ’n bi-sabbatariese getal. Mattheus verdeel die geslagsregister van Jesus in groepe van veertien. Hoeveel geslagte is daar vanaf Dawid tot by die gevangenskap? Hoeveel geslagte vanaf die gevangenskap tot by die Messias? Stelle van veertien. Veertien beteken dit is ’n stel en met die einde daarvan kom die volgende gebeurtenis en dan is daar veertien en dan weer die volgende gebeurtenis, dit is hoe dit werk. Veertien is ’n bi-sabbatariese getal, dit is die tyd tussen belangrike gebeurtenisse, ten minste dit is wat dit verteenwoordig en baie van die heilige dae is op die veertiende van die maand. Purim is op die veertiende van die maand Adar, Pasga is op die veertiende van Nissan.

Vers: 27-29:  “En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom. Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle 'n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.  En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand,--[Wel, aan die eenkant kan jy God dank dat jy nader aan die strand kom, maar dit is ook wanneer dit baie gevaarlik raak as gevolg van die rotse]-- het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.” [Ag asseblief tog laat die son net opkom! Laat die opstanding asseblief kom! My siel wag op die Here meer as die wagters vir dagbreek.]

Vers: 30-31 “Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi. Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.”

Baie gaan wegdwaal. Hulle sal dalk voorgee wat hulle nie is nie, maar hulle gaan oorboord gaan. Hulle gaan uit die skip kom, hulle gaan glo dat hulle op ’n manier hulle nekke kan red as hulle net kan wegkom. Die teenoorgestelde is egter waar, maar dit is wat gaan gebeur.

Vers: 32-36: “Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval. En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag –

[Weereens die Pasga is op die veertiende van Nissan] - dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik. Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie.[Soos wat Jesus gesê het]  Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet. En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.”

Gedurende ’n hongersnood sal daar graan wees. Dinge gaan desperaat raak. Die fisiese hongersnode wat die aarde kwel gaan simbole word van geestelike hongersnode. Die tekens in die kosmos van die son en maan wat nie hulle lig gee nie, gaan tekens, voortekens wees van wat geestelik gebeur. Jesus se lig sal nie gesien word nie. Die fisiese is eenvoudig ’n illustrasie van wat geestelik besig is om te gebeur. Wel, so is dit met hongersnood. Wie is die goeie en getroue dienskneg wat die goeie voedsel op die regte tyd gee?

Voordat hulle uit Egipte gekom het was hulle gevoed. Onthou in die dae van Josef was daar ’n hongersnood van sewe jaar. Josef het geweet wat om te doen en hy was in staat om hulle te voed.

God se mense wat getrou is gaan eet, dieselfde toe hulle gevoed was om uit Egipte te ontvlug, ’n beeld van die wegraping, hulle gaan gevoed word voor die wegraping, hulle gaan gereed wees vir die redding. Hulle gaan bemoedig en versterk word in die donkerste uur van die geskiedenis van die mensdom.

    Vers: 37-39 “En ons was in die skip altesaam twee honderd ses en sewentig siele. En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.”

Gooi die koring oorboord?: “Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.” (Pred.11:1) Dit is wat ons ken as die Evangelie van die Koninkryk, nie die Evangelie nie, maar die Evangelie van die Koninkryk. Psalm. 2: “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?” Werp jou brood uit op die water.

Die Evangelie van die koninkryk is wanneer die eindtydse profesie oor die wederkoms van Jesus gebruik word om mense te waarsku om tot bekering te kom voordat dit te laat is, maar vir baie gaan dit te laat wees. Nie te min, die Evangelie van die Koninkryk sal gepreek word sê Jesus, en dan sal die einde kom.  Maar jy moet jou self kan voed voordat jy ander kan voed. Christene wat nie die Woord van God geëet het nie, sal nie instaat wees om iemand anders te voed nie.

Vers 39-44: “En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 'n inham met 'n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.  En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur. [Hulle was op pad strand toe]

En hulle het op 'n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.

Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.  Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom, en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom. 

Die skip se tyd is verby. Die konstitusionele kerk se tyd is verby. Dit gaan net in term van ekklesia, die wat uitgeroep is bestaan. Dit is die ekklesia wat die hekke van die hel nie sal oorkom nie en nie die institusie nie. Nou, let op, dit is net diegene wat na Paulus, die waarheid geluister het en wat God mense gevoed het, wat dit gaan maak.

Vers 28:1: “En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte (Malta- Tussen Libië en Sisilië) genoem word. En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.”

[Gasvryheid, goeie gesindheid, kos, warmte! Dinge word vinnig beter nadat hulle op die strand gekom het, net soos met die See van Galiléa]

Vers 3-5: “En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt. En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered. Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.”

Hulle het verwag dat Paulus gaan begin opswel en dood neerval maar na ’n lang tyd wat niks met hom gebeur nie het hulle van gedagte verander. Nou, wat gebeur nadat die Kerk gered is? In Openbaring word die slang in die vuur gegooi, is dit nie? Dit is direk na Yom Kippur, die ander bok, die Azazael moet dood gemaak word. Die slang, die duiwel, in Genesis en in 2 Korinte, is hy in die vuur gegooi.

Daar is mense in Appalachia, in Kentucky, Wes Virginia wat met slange speel om te bewys dat hulle gered is, maar as die slange hulle byt dan sterf hulle. Ek het gedink dit is grap totdat ek die video gesien het, hulle doen dit, dit is siek! Hulle kry dit uit die Evangelie van Markus –“-slange sal julle opneeml!

    Wel, dit is waar, daar is een geval waar dit wel met Paulus gebeur het en hy het nie gesterf nie, maar Paulus het nie die Here versoek nie, hy het nie slange opgetel om te bewys dat hy ’n Christen is nie. Wat die Here Jesus gesê het was letterlik waar onder die omstandighede wat dit met Paulus gebeur het, dit beteken egter nou nie dat jy kan rondgaan en soos hierdie mense in Appalachia in hulle kerke met slange speel om te bewys dat jy gered is nie. Daar is mense wat wil beweer dat die teks verse aan die einde van Markus nie kanoniek is nie, maar dit is nie waar nie, dit het letterlik gebeur. Jesus het dit gesê en dit het met Paulus gebeur en hy het niks oorgekom nie.

Maar ons moet verstaan wat dit beteken. Satan het altyd twee maniere waarop hy aanval. Die draak en die slang. Om immuun teen die byt van die slang te wees beteken dat die getroue mense van God immuun sal moet wees teen geestelike misleiding. Die slang het die vrou verlei. Hy gaan agter die Kerk aan, hy verlei Israel ens. soos met Eva. Maar die slang sal nie in staat wees om die getroue mense van God te mislei nie.

Die ware mense van God sal instaat wees om die slang te hanteer. Die slang is in die vuur gegooi. Dit is die oordeel oor Satan. Hy weet sy tyd is min en hy raak al meer en meer rasend. Die winde raak al meer en meer teenstrydig, die getroue mense van God kom al meer en meer onder groot gevaar, maar uiteindelik word hulle gered, uiteindelik word die slang in die vuur gewerp, hy weet sy tyd is min.

Nou, ek baseer nie Bybelse leer op enigiets wat ek hierbo gesê het nie, alles wat ek hierbo gesê het kan ek vir jou eksegeties uit ander skrifte, hoofsaaklik uit die Nuwe Testament en ook dinge uit die Ou Testament wys. Ek het geen Bybelse leer daarop gebaseer nie, maar die verhaal, die storie illustreer wat gaan gebeur. Dit is die toekoms van die getroue Kerk, dit is soos wat dit gaan wees.

God Seën

J.P.

You are here:

Sermons in Afrikaans