Charismatic False Teaching - Afrikaans

 Valse Charismatiese Leerstellings.®

Joseph Chambers / Charismatic False Teaching

“ En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie”. (Luk 21:8)

 

Niks het meer skade aan die Pinkster en Charismatiese bewegings aangerig soos die valse leerstelling oor die werke van die Heilige Gees nie en die gevolg daarvan is dat daar baie min oorgebly het van die vroeë Pinkster bewegings wat nog vasgehou het aan Waarheid.

Daar is baie ‘n groot verskil tussen die Charisma gawes wat ons vandag in die Charismatiese bewegings sien en dit wat in die Woord van die Here opgeteken is.

  • Kom ons kyk na sommige van die verskille:

  • Fortuin vertelling; waarsêery wat genoem word “Persoonlike Profesieë”

  • Die gebedstaal misleiding.

  • Bonatuurlike gebede: Towerspreuke wat gesien word as gebed.

  • Charismatiese aanbiddings.

  • Die Charismatiese gees.

  • Satan is ‘n Besetter

  • Die Charismatiese gees

Persoonlike profesie.

Hierdie vals idee van persoonlike profesie wat niks anders as fortuin vertellery, of waarsêery is nie wat in die laaste twee dekades deur die misleide Charismatiese wêreld gepromoveer word en dit het vandag ‘n groot probleem vir baie kerke geword. Mense soos Paul Crouch en Pat Robertson en baie van hulle meelopers het vir hulle fortuine bymekaar gemaak deur die gees van waarsêery en so het hulle groot TV netwerke opgebou wat mense nog verder in die verderf inlei. Hulle gebruik die Bybelse Fondasie as ‘n vlaggie oor hierdie misleiding, en die gees van waarsêery word valslik genoem die Gawe van Kennis en van Profesie, dit is egter net so vals as Lucifer self!

Die gelowige word gelei deur die Heilige Skrifte en die inwonende Heilige Gees, en nie deur ‘n eensydige profesie nie. Vandag word daar duisende sogenaamde ‘profesieë’ kunstig ontwerp en duisende manne en vroue jaag agter hierdie reënboog aan omdat hulle in hulle ore gestreel wil wees deur hierdie valse profesieë. Baie mense se lewens word vandag ingerig volgens hierdie waarsêery en dit is waarom hulle na hierdie profete stroom.

Maar die Woord van die Here sê vir ons baie eenvoudig: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n

saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2Pet.1:19?21)

Geen Skrif of profesie of uitleg is ‘n eensydige verklaring nie. Ons moet altyd geestelike dinge (woorde) met geestelike (woorde) vergelyk. Petrus die apostel wat saam was met die Verheerliking van Christus op die berg het gepraat van die Getuienis wat ons Hemelse Vader vir Sy Seun Jesus Christus gegee het, en ook sê Petrus: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is” wat hy verklaar die Woord van God, en dat geen profesie van die Skrifte deur die mens se wil gebring kan word nie. Met ander woorde, Profesie is ‘n Gawe soos al die ander Gawes wat bedoel is vir die hele gemeente, die Gawe van Profesie is DEUR ‘n persoon en nie VIR ‘n persoon nie. Dit mag nie deur mense gebruik word om mense se persoonlike lewens te manipuleer en te beheer nie. 'n Persoon ontvang die Woord van die Here en pas dit wat betrekking op homself het op homself toe. Geen mens moet probeer om ‘n ander se lewe te regeer nie. Mense wat met persoonlike profesie besig is skep die idee by mense dat hulle sekere uitverkore goddelike kennis van God ontvang het, m.a.w. hulle skep die idee dat hulle met die Heilige Gees wandel! By die fortuin vertellers is dit presies dieselfde. Fortuin vertellers skep die idee by mense dat hulle sekere persoonlike kennis oor hulle lewens besit.

Vandag is daar ’n menigte misleiers wat misbruik maak van pragtige mense en hulle verlei met hulle gebabbel deur die gees van waarsêery.

Moet asseblief nie u ore uitleen vir hierdie valsheid nie want elke Wedergebore siel het die Inwonende Heilige Gees binne in hom of haar vir Krag en Leiding. Ons het nie hierdie valsheid nodig nie. Die Heilige Gees neem die Woord van die Here en maak dit van toepassing op die lewe van die siel wat dit ontvang, en om enigsins na die gebabbel van hierdie waarsêers te luister is ‘n sekere weg na afval. Hierdie fortuin vertellers se redes gaan gewoonlik net oor goeie werke en dade, leë beloftes en seëninge wat ‘n valse gerusstelling by mense aanwakker, terwyl die Woord van die Here gaan oor lering, teregwysing, belydenis en bekering, en dit is net diegene wat eerlik en getrou is aan die Here wat hierdie dinge elke dag op hulle lewens van toepassing kan maak. Die gees van waarsêery daarenteen het ‘n emosionele uitwerking op die lewens van mense wat hulle in ‘n onnatuurlike staat van gebondenheid bring. Ons Hemelse Vader is geen aannemer van persoon nie, by Hom is almal dieselfde, Hy ken almal se name en Hy het ook die hare op elkeen se hoof getel, en om enigsins daaraan te dink dat jy iemand soos ‘n waarsêer of ‘n guru in jou lewe nodig het om jou lewe te reel en te rig as jy by die kruispaaie in die lewe kom, is niks anders as om die Geloof in die Here jou God te verloën nie.

Daar is baie mense wat vandag van plek tot plek gaan om te hoor of iemand nie dalk vir hulle ‘n woord van kennis het nie, hierdie misleide mense soek nie die Waarheid nie, hulle soek na hulleself. Wat hulle egter moet soek, is die Woord van God, want by Hom is daar rus en vrede. Onthou, wanneer u die Woord van die Here oopmaak dan praat God met u, en wanneer u hierdie Bybel toemaak, dan maak u die Stem van die Here stil.

Die Gawes van die Heilige Gees is aan die Gemeente gegee, en die doel van die Gawes van die Heilige Gees is om by ons ‘n drang van verlange aan te vuur om die Krag van God te ontvang en om Sy Wil te doen. Die Heilige Gees werk nooit buite die riglyne van die Woord van God nie?? “En neem aan die helm

van verlossing en die swaard van die Gees??dit is die woord van God???(Ef.6:17). Die Here het nie 'n ander Swaard, of nog ‘n Swaard nie, en om nou te beweer dat hierdie eksotiese strelende gebabbel die Woord van die Here is, is 'n totale misleiding.

Die Gawes van die Heilige Gees is vir die Liggaam van Christus, vir die gemeente, en Hy is nie daar vir ‘n persoon om beheer oor ander mense se lewens uit te oefen nie. Ja, daar kan soveel as net twee of drie bymekaar wees om die Woord van die Here te ontvang, maar nooit is die Gawe ‘n persoonlike Gawe nie, maar dit is altyd deur ‘n persoon vir die gemeente. Die Gawes van die Heilige Gees sal die Waarheid Verlig, Hy sal altyd onder alle omstandighede die Here Jesus Christus Verheerlik. (Die Woord het Vlees geword) Die Heilige Gees sal op ‘n bonatuurlike wyse die Woord van die Here aan die gemeente openbaar, Hy is ‘n Woord van Kennis. Die persoonlike toepassing van ‘n boodskap is 'n persoonlike verantwoordelikheid.

Die Here sê kom nou, (op hierdie oomblik) dat ons die saak uitmaak. (Jes. 1:18a)

Moet nie toelaat dat u deur valse leerstellings mislei word nie, maar weet dit dat die Wil van God ook vir u is. Die Ware Gawe van onderskeiding, of ‘n Woord van Kennis maak ‘n absolute skeiding tussen dit wat waaragtig en opreg en dit wat vals is.

In ‘n Gees vervulde gemeente sal die pastoor of die leier weet van enige probleme in sy gemeente en ook wat hulle nodig het sodra dit begin ontwikkel. Die Woord van die Here sê ons moet mekaar se laste dra, en ons liefde vir mekaar sal hierdie dinge openbaar. Die Heilige Gees sal ons volgens die riglyne van die Woord dra, deur of teregwysing, onderwysing, lering, belydenis en bekering??dit is die Werk van die Heilige Gees, en onthou, die Skrifte is die Vlees van die Here Jesus, Hy alleen word verheerlik.

In ‘n gemeente sal daar ‘n senior pastoor en ook ondergeskiktes wees om sy laste ligter te maak, maar almal moet hulle persoonlik onderwerp aan die Wil van God omdat die Here Jesus die Hoof van die Gemeente is, en ook omdat die Gawes van die Heilige Gees en die Liggaam van Christus onafskeidbaar is, die Gemeente s 'n Eenheid in die Gees. Hallulujah!! Wat ‘n heerlike plek van gemeenskap vir die kinders en dissipels van God. Prys U Heilige Naam!

Die Gebedstaal misleiding

Een van die sleutel misleidings van die Charismatiese Golf (New Wave) is iets wat hulle ‘n Gebedstaal noem, maar soos wat dit is met enige misleiding, is dit ‘n Bybelse Waarheid in om in die Gees te kan bid. (Daar is altyd regte kaas in 'n muisval)

Paulus skrywe in sy Brief aan die Korinte: “Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing”. (1Kor.14:14?15) Judas praat ook van hierdie Waarheid: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid.” (Jud.1:20)

Ons moet ook kyk na wat Paulus aan die kerk van Rome gesê het. Hierdie is ‘n kragtige boodskap wat vir ons die Krag van die Heilige Gees in ‘n gelowige uitbeeld. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te

hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. (Rom.8:26?27)

Ons moet verstaan dat daar ‘n groot waarheid is om in die Heilige Gees te kan bid. Die verskil tussen die Charismatiese misleiding en dit wat die Woord van die Here leer kan egter baie maklik uitgewys word. In die Woord van die Here is die Heilige Gees absoluut Verhewe en Heilig wanneer Hy die Woord van die Here aan ‘n Heilige Gees vervulde gelowige gee. Die mens kan onder geen omstandighede deur sy of haar eie wil, deur die Heilige Gees bid nie!

In die Charismatiese wêreld word die Heiligheid van die Heilige Gees omseil en die hele idee word niks anders as ‘n sielskrag gebabbel nie. Net die wete dat iemand ter eniger tyd kan kies om in die Gees te bid is totaal ondenkbaar en dit is vals. God laat Hom nie manipuleer nie, en so sien ons dat hierdie mense wil voorgee dat hulle die Heilige Gees te eniger tyd kan gebied tot hulle voordeel, hulle speel God. Dit is vals en ondenkbaar maar dit is wat mense vandag wil voorgee! Die mens wat homself wil verhef bo die Godheid! Alle werke en manifestasies in die bediening van die Heilige Gees is absoluut Heilig en die Wil van God, en nie deur die wil van ‘n mens nie. “??want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. (2Pet.1:21) “En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek”. (Hand.2:1?4)

Hier sien ons dat elke stukkie getuienis van die uitstorting van die Heilige Gees absoluut net deur die Wil van God, en deur die Heilige Gees plaasgevind het. Die manne en vroue wat hier saam op die Koms van die Heilige Gees gewag het was net die werktuie waardeur God deur die Krag van die Heilige Gees, Jesus Christus aan die ongereddes geopenbaar het. Alle Geestelike Gawes is Gawes van die Heilige Gees en nie gawes van die heiliges nie. Hierdie is Geestelike Gawes soos wat die woord dit vir ons uitspel, en nie vleeslike gawes nie.

Ons is natuurlike skepsels totdat ons volgens die Wil van God deur die Heilige Gees gesalf word. Ons geestelike lewe na ons wedergebore word geskik deur die Geestelike Werke en Gawes van die Gees van God en nie volgens ons wil nie, maar volgens die Wil van God. Om in ander tale te praat is maar een van die Gawes.

Wanneer u hoor dat mense hulle Gebedstaal gebruik dan moet u weet dit is vals en kragteloos, en dit is niks anders as ‘n gebabbel nie, en al resultate wat deur dit verkry kan word is ‘n geestelike hoogmoed by die gebruikers daarvan en dit is geestelike misleiding.

Valse geestelike ondervindings ontwikkel ‘n valse godsdienstige gees in almal wat verbonde is aan 'n persoon, plek of kerk waar dit verkondig word. Hoe dieper ‘n persoon betrokke raak in hierdie soort mistieke manifestasies, hoe meer raak hy of sy gebonde aan allerhande soorte vreemde openbarings.

Een van die vroeë misleidings was juis die vreemde gebedstaal, manifestasie en die resultaat daarvan is geeste van slange, geestelike dronkenskap, vervalste leerstellings en ‘n beweging wat gedryf word deur die wilde wêreld van duiwels. Die Woord van die Here leer: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” (Rom.8:26?27)

Die Werke van die Heilige Gees is wanneer Hy ons gees en lippe gebruik om woorde tot ons Hemelse Vader te spreek. Om nou enigsins te dink dat hierdie Krag deur die vlees gemanipuleer kan word is totaal ondenkbaar en absoluut teenstrydig met die instellings van God. Dit kan of die werk van die Heilige Gees, of dit kan deur sielskrag wees wat ook die werke van die bose kan wees, dieselfde as die gebabbel van ‘n toordokter. Om in die wee van die Here Jesus te wandel moet ons alle leerstelling wat nie volgens die Woord van die Here is nie verwerp.

Bonatuurlike gebede (Tower spreuke wat gesien word as gebede)

Hierdie nuwe benadering tot gebed in die moderne kerke is niks anders as tower spreuke en Vodo kuns grepe nie. Bonatuurlike kragte is beskikbaar vir enige persoon wat sy siel wil verkoop aan hierdie misleidings wat in die Adams natuur werk. Ons is almal geestelike skepsels en daar is kragte in ons wat ons kan gebruik om ons oortegee aan die Wil van God of om ons onderdanig te maak aan die magte van die Bose.

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind”. (1Pet.5:8)

Terwyl God Homself manifesteer in ons menslike gees, manifesteer Satan en sy demone hulleself in die siel van die mens. Satan hou daarvan om mense se sielskrag te gebruik om sodoende die Here Jesus se Liggaam, die kerk, te mislei. Die meerderheid van Christene verstaan nie hierdie aanval tegniek van Satan nie en daarom het hulle baie min of geen verdediging daarteen. Die moderne Charismatiese gebed styl wat geopenbaar word in bewegings soos die Toronto en Pensacola tipe Charismatiese kerke, is niks anders as ‘n bonatuurlike misleiding nie. Die vraag is, bestaan daar sulke magte? Ja, absoluut! Kry hulle resultate? Ja, absoluut! maar wat se soort resultate? Die bonatuurlike resultate wat hulle verkry is nie die bekering en wedergeboorte ondervinding tot Die Here Jesus Christus nie, nee, dit is ‘n bonatuurlike verandering tot ‘n valse Jesus wat homself vermom as ons Here Jesus Christus. (Hy sal kom soos die Engel van die Lig)

Hierdie groepe is uiters militant, en enige iemand wat hulle teëstaan word met vloeke en oordele verdoem. Dit is die eerste teken dat hulle benadering tot gebed vals is. Gebed riglyne in enige van ons gebed benaderings is volgens die Woord van God en ‘n totale onderwerping aan die Wil van God.

Wanneer ons tot God nader in gebed het ons nie nodig om ons weg tot Hom oop te forseer nie omdat ons geloof in ‘n Alleen Heilige God is. Ons het ook nie nodig om te probeer om ons eie gebede te beantwoord nie omdat ons op Hom alleen vertrou.

Die god van die bonatuurlike gebed is glad en geheel nie God Almagtig nie, hierdie is ‘n god met doelwitte van versoekings en misleidings.

Hierdie sielskragte gebruik bonatuurlike kragte om hulle eie antwoorde te bewerkstellig. Hulle verkry resultate ja, maar soos wat dit in alle bonatuurlike wêrelde is, is hulle antwoorde altyd so dubbelsinnig dat dit altyd terug verwys word na die persoon self, jy moet op jouself vertrou! Judas beskryf hierdie dinge in sy Brief soos volg: “Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom. Hulle is skandvlekke in julle liefde maaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rond gedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” (Judas 11?13) Bonatuurlike gebede soos in die Toronto en Pensacola bewegings word gebruik om diegene wat hulle teëstaan aan te val en te veroordeel deur bonatuurlike kragte, en so word baie mense deur vrees geforseer om by hierdie bewegings aan te sluit.

Baie mense het al getuig van hierdie vreemde onderdrukkende bose kragte wat hulle ondervind het wanneer hulle hierdie leerstellings teëgestaan het. Die apostel Paulus was bewus van hierdie magte en hy het hulle direk teëgestaan. In Efesiërs skrywe Paulus: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug”. (Ef.6:11?12)

Let op, Paulus noem hierdie magte “Bose geeste” Die woord wat hier vir gees gebruik word, het ‘n ander betekenis as die positiewe idee van geeste. Hier beteken dit iets soos ‘n man wat regeer deur sy sondige natuur, in ‘n geestelike status.

Die woord bose beteken iemand wat sy uiterste bose magte gebruik om ander se lewens te vernietig of aan te tas. Hier het ons dan ‘n duidelike beeld van die bonatuurlike magte wat uitgestuur word om mense teen hulle wil aan te val en seer te maak. Dit is niks anders as om ‘n tower spreuk oor iemand se lewe uit te spreek nie, wat ook dieselfde is as om Vodo magte te gebruik. Die enigste manier om hierdie bose magte te weerstaan is om ons geloof in die Hande van die Here Jesus Christus te plaas, want net deur Sy Bloed is daar vir ons verlossing. Satan kan hierdie Bloedgrens nie oorsteek nie. Satan kan vurige pyle van vrees en twyfel en verdrukking op u afstuur, maar as u agter die Skild van die Here Jesus skuil sal hierdie pyle kragteloos wees. Moet hulle nie terug antwoord of terug baklei nie, maar gaan aan en sing lofprysing liedere en wag op die Here, Hy sal die stryd vir u stry. Onthou die staf van Moses het baie vinnig die staf van die towenaars in Egipte verslind. Dit het nog nooit verander nie en ons Hemelse Vader hou nog steeds wag oor die wat aan Hom behoort.

Charismatiese aanbidding.

Om met die Heilige Gees vervul te word is ‘n baie bekende term wat in die Nuwe Testament gebruik word, veral in die Boek Handelinge. Op Pinkster dag is almal wat op die Here gewag het vervul met die Heilige Gees, en Petrus het later op hierdie dag gesê: “?? en julle sal die gawe van die Heilige Gees

ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep”. (Hand.2:38?39)

Die duiwel het hierdie wonderlike gebeurtenis vervals en deur dit het baie pragtige mense vandag die manifestasie van die Heilige Gees begin verwerp. Maar let maar op dat met elke herlewing wat in die kerk geskiedenis plaasgevind het kan hierdie Wonderlike Werke van die Heilige Gees waargeneem word. Die van ons huidige Charismatiese en Pinkster herlewings lê baie klem op die vervulling van die Heilige Gees, maar die ondervindings wat hulle promoveer gaan meer oor dinge soos dronk in die gees en baie ander fanatiese optredes as wat dit gaan oor die Persoon van die Heilige Gees! Baie Pinkster en ander kerke is besig om die Bybelse Riglyne te verruil hierdie vervalsings.

Bose besetting teenoor Godelike heersing

Satan wil mense se lewens in ‘n totale gebondenheid oorheers sodat hy hulle wil kan beheer.

Die Heilige Gees kom na ons toe om die Goddelike Heersing van die Here Jesus in ons lewens te openbaar. Satan wil die mens se emosies beheer en sal ook die vlees vertroetel met hoendervleis en wilde onbeheerbare plesier. Die Heilige Gees is ‘n Kuiergas in ons huise, Hy dwing Homself nie op ons af nie en Hy sal ons altyd in alle eerlikheid en opregtheid deur die Waarheid inspireer tot Lofprysing en Aanbidding van ons Hemelse Vader. Hy Verheerlik Homself nie, maar Hy sal altyd die Here Jesus deur die Skrifte verheerlik. Ons Hemelse Vader wil ons Salf en inspireer tot Redding, terwyl Satan almal wil oorheers in gebondenheid.

Satan is ‘n Besetter.

As ‘n persoon duiwelbesete raak en onder beheer kom van iets wat onnatuurlike manifestasies veroorsaak dan is daar iets drasties verkeerd. Satan bied die mensdom nagemaakte vervalsings aan om hulle weg te hou van die Heilige Werke van God. Enige gees wat u dinge laat doen buite die riglyne van die Woord van die Here moet verwerp word. So is daar byvoorbeeld op geen plek in die Bybel vir ons opgeteken dat mense in die Nuwe Testamentiese Kerk soos dronkaards opgetree het nie.

Hulle wil dit beweer uit die Boek van Handelinge, maar u moet oplet dat diegene wat op hierdie groot dag deur die Heilige Gees gedoop is, baie meer intelligenter opgetree as die omstanders, en nie minder intelligenter nie. Onthou dat die Jode totaal verbaas was omdat die Gees vervulde Galasiërs die Groot Dade van God aan hulle verkondig het in tale wat hulle nooit geleer het nie. Die Heilige Gees sal die Here Jesus Christus te alle tye Verheerlik en nie mense nie. “En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe”(1Kor.14:32)

Op Pinkster dag het 120 dissipels in ander tale begin praat soos wat hulle dit deur die Heilige Gees ontvang het. As die Heilige Gees ‘n Geëerde Genooide Gas in ons huise is, dan doen ons wat Hy verlang elke keer as Hy ons aanraak. Ons word belet om ordeloos en onbeheers op te tree. Hy beveel die kerk in 1Kor14:40: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.”

Bybels gerigte Pinkster is ‘n baie Kragvolle Gesalfde ordelike bediening wat siele vir die Koninkryk van Jesus kan wen, maar hierdie Charismatiese opvoerings wat ons vandag sien is niks ander as ‘n Nuwe Wêreld Orde wat onder die gesag van Satan staan.

Die Charismatiese gees.

Vandag het ‘n totale nuwe metodiese manier van godsdiens die kerke wêreld oorgeneem wat wil voorkom asof dit waar en opreg is en dit mag ook voorkom asof die gemeentelede dit eerlik en opreg bedoel, maar iets baie belangrik is weg.

Die mensheid is ‘n skeppings wonder in ‘n drie eenheid wat bestaan uit liggaam siel en gees. Die gees in hierdie drie eenheid samestelling is die Lewe van God, en dit is die enigste Goue Draad waardeur ons, ons Hemelse Vader kan Loof en Prys. In ‘n ongeredde persoon, ‘n persoon wat nog nie wedergebore is nie, is hierdie Lewens Weg van God dood en kan 'n persoon net herlewe as hy / sy Krag van die Gees van God ontvang wat by wedergeboorte plaasvind. Die siel van die mens is ook instaat tot ‘n sekere godsdienstige aanbidding, maar dit is ‘n valse weergawe omdat dit afkomstig is van ons gevalle natuur wat ook genoem word die Adam natuur. In hierdie realm van ons lewens kan die okkulte sy aktiwiteite laat lewe soos wat ons dit kan vind in die lewe van hekse en waarsêers en ook in die lewens van persone wat betrokke is met bose geeste. Alle valse godsdienste word bedryf deur die sielskrag realm van die mens. Die offers van ‘n sielskrag godsdiens is totaal onaanvaarbaar vir die Here en Hy sal hierdie offers net so verwerp soos die van Kain.?? “En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang”.(Gen.4:4?5) Hierdie valse godsdiens het vandag se Charismatiese kerke wêreld totaal oorgeneem en dit word by die dag ook meer en meer aanvaarbaar in die ander hoofstroom kerke, dit is die godsdiens van die tyd.

Baie van hierdie kerke het normaalweg twee dienste, een kontemporêre diens, met ander woorde ‘n diens vir die nuwerwetse denkes, en dan ‘n tradisionele diens, met ander woorde ‘n diens vir die ouer garde. Gewoonlik is daar geen beperking op die soort musiek, kleredrag en verhoog style nie, alles is vry?

? kom net soos wat jy wil. Dit is niks anders as om die natuurlike mens vry te stel om God / god te nader in ‘n sielskrag atmosfeer soos wat hy of sy wil. Met ander woorde, ek kan ook doen en sê wat ek wil, daar kan chaos en totale wanorde heers en dit sal ook aanvaarbaar wees. As ‘n kerk hierdie rigting begin inslaan dan word Bybelse Waarhede en standaarde ‘n groot probleem, en die basiese ding wat gaan gebeur is dat hulle die riglyne van die Woord eenkant toe sal begin skuif en dan sal u hoor soos wat hulle dan sê:??God is besig om nuwe dinge te doen! In sommige kerke wat nog ‘n sekere mate van ‘n Teologiese orde wil behou, sal daar ‘n uitgangspunt wees van: “Die doel heilig die middele??ons het nou eindelik weer die X generasie terug in ons kerk.” Hierdie tipe godsdiens verskil van tradisie tot tradisie en die Charismatiese bewegings is maar een soort.

Kom ons kyk eers na die opregte Pinkster aanbidding.

Die spreek in tale in ‘n klasieke Pinkster gemeente is ‘n pragtige gesig, en geen persoon kan ter eniger tyd woorde deur die Gees spreek nie want so ‘n persoon moet absoluut heilig en nederig voor God deur Geloof, opregtheid en getrouheid wandel.

Gelowiges wat deur die Gees van God wandel kan net Woorde van God spreek as die Gees van God dit toelaat. (Hand.2:1?4) Om ordeloos te kere te gaan is totaal onaanvaarbaar. Skriftuurlike Boodskappe deur die Heilige Gees moet Skriftuurlik verklaar word, en die orde van hierdie dinge is vir ons deur die

Heilige Gees deur Paulus opgeteken in 1Korinte 14. Wanneer die gemeente in Gees en Waarheid met hande omhoog ordelik die Here loof en prys sal dit nie wees soos heidene en guru aanbidders wat in waansin te kere gaan nie. God sal nooit ons verstand omseil nie! Mense wat in ‘n verrukking van die Gees van God gekom het, het wonderbare dinge van God gehoor en gesien en tot eer en verheerliking van God Almagtig getuig, dinge wat tot stigting van die Gemeente van die Seun van God sal wees.

Die Charismatiese beweging is totaal verskillend. Die aanbidders kom voor asof hulle totaal onder ‘n beswyming verval het, hulle slinger verstandeloos rond met oë wat omdop terwyl hulle deurmekaar babbel met gesig uitdrukkings wat wil voorkom asof hulle in 'n totale ekstase verkeer. Hulle spring en rol rond, doen mat diens, gil en skree soos mense in ‘n gestig. Baie van hulle kom in ‘n staat van rukkings en stuiptrekkings met skuim om hulle monde wat vir ure kan aangaan. Net so met die onbeheerste gelag waar sommiges hulleself benat! Een van die karaktertrekke van hierdie manifestasie is dat mense so swaar word dat hulle nie kan opstaan nie, en somtyds kan twee of drie persone hulle nie eens optel nie. Sommiges manifesteer die geboorte proses. Dit is sekerlik moontlik vir ‘n opregte gelowiges om in die sielskrag realm mislei te word maar die Here verwag van ons om al die geeste op die proef te stel en as hulle tot die waarheid kom moet hulle uit hierdie bewegings padgee en hulle sondes bely tot vergifnis. Verskillende vlakke van hierdie soort aanbidding kan van tradisie tot tradisie verskil, maar almal van hulle word gedryf deur een of ander Oosterse mistieke gees, en nooit maar nooit is dit die Werke van die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees verlaat nooit die riglyne van die Woord van God nie, en as die Heilige Gees die Groot Dade van God laat manifesteer sal dit absoluut volgens die riglyne van die Bybel wees. Die Here Jesus sê baie duidelik ons moet Hom in Gees en Waarheid aanbid. “Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is. Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid”. (Joh.4:19?24)

Hierdie twee elemente is absoluut wanneer ons voor God verskyn. Sielskrag aanbidding deur ongeredde mense sal verwerp word net soos met die offer van Kain. Wêreldse onrein offers kan nie voor God gebring word nie, en net so kan die mens wat die Bybelse Waarheid verruil het vir ‘n pot lensie sop nie voor die Aller Heiligste verskyn nie. Toneelspelers en akteurs kan geen mens in die realm van die Heilige Gees in lei nie, dit is absoluut die Wil van God.

God het alreeds die meerderheid van hierdie sielskrag aanbidders verwerp, maar nog steeds ontvang en seën Hy die nederige siel wat aan die Voete van sy Messias kom sit en tot Hom kom met ‘n eerlike en ‘n opregte hart van ootmoediging. Dit is aan hierdie siel wat onse Here Sy Heilige Gees skenk tot vernuwing, want: “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is”. (Rom.8:16) Deur hierdie groot Genade kan ons tot God nader.

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word”. (Hebr.4:16)

Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar dit is die wee van die dood. †††

B.C. / Moriel / Brother Joseph Chambers / Charismatic False Teachings / 02/2000

You are here:

Sermons in Afrikaans