Judge Not - Afrikaans

 

Is dit reg om te Oordeel

Hierdie is 'n vraag wat vir talle Christene 'n groot probleem is.

Die Apostel Paulus skrywe in 1Kor.10:15/2:15: "Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê. "Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge".

Koning Jesus beveel (Joh.7:24/Luk.7:43/12:57: ??"Oordeel 'n regverdige oordeel"???"Jy het reg geoordeel" ???"En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?"

Koning Jesus beveel in Joh.14:15: As julle My liefhet, bewaar My gebooie.

Die HERE beveel ons om te oordeel, dit is 'n bevel van die HERE.
Valse leraars en lerings.

Pasop vir die valse profete (Matt.7:15) is 'n waarskuwing en 'n bevel van Christus.

Maar hoe kan ons "pasop" en hoe sal ons weet dat hulle valse profete is as ons nie mag oordeel nie? Is ons God gegewe standaard waardeur ons kan oordeel dan nie die Woord van die HERE nie? Jes.8:20: Tot die wet en die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie Woord nie, is hulle 'n volk met geen dageraad nie. (Daar is Geen LIG in hulle nie)

Paulus vermaan die gelowiges: (Rom.16:17?18) En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges. (Merk en vermy die valse leraars en hulle leerstellings wat nie volgens die Woord van die HERE is nie) As ons nie mag oordeel nie, hoe kan ons dan hierdie bevel uitvoer?

Die HERE verwag van ons om die Skrifte te ken en sodoende 'n regverdige oordeel te oordeel. U moet ook oplet dat dit die valse leraars is wat verdeeltheid in die gemeentes bring en nie diegene wat teen die valse leerstelling protesteer nie! Ons moet hulle MERK en VERMY!

Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af ? 2Kor.6?17)?? (van) Mense wat 'n gedaante van godsaligheid het? (2Tim.3:5) ??Onttrek julle aan elke broeder wat onordelik wandel??(2Thess.3:6) ??En hou nie gemeenskap met die met die onvrugbare werke van die duisternis nie??(Eff.5:11)???Verafsku wat sleg is, hang die goeie aan. (Rom.12:9) ??Beproef alle dinge, behou die goeie (1Thess.5:21) Dit sal vir ons onmoontlik wees om hierdie voorskrifte na tekom as ons nie mag oordeel nie!!! En onthou, dat niks goed is in die Oë van die HERE, as dit nie volgens die Woord van die HERE is nie.

Die Apostel Johannes skrywe: Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan??(Oordeel, toets).??Want baie verleiers (Valse profete en leraars) het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees

gekom het nie???As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie en groet hom nie. (Moet hom nie voorspoed toewens nie) (2.Joh.7:10?11) Die Woord van die HERE leer dat ons moet oordeel tussen die wat die waarheid, én die valsheid verkondig!

Wanneer 'n gelowige in die HERE enige bystand verleen aan 'n denominasie of leerstelling wat 'n ander, verdraaide, en of 'n nuwe evangelie / leerstellings verkondig, is dit volgens die Woord van die HERE dieselfde as om hom/haar in die mees effektiefste manier voorspoed toe te wens. En so word diegene dan 'n deelgenood van bose dade en of 'n persoon wat mense hel toe lei. Dit is angswekkend, maar dit is die waarheid!!

Hef u self op, kind van God. As u skuldig is, vra vir onse HERE om vergifnis omdat u skuldig was aan misleiding van kosbare siele waarvoor onse Here Jesus Christus aan die kruis gesterf het. (U eie siel is ook kosbaar by die HERE)

As u gewillig is om te ly vir die Waarheid, Koning Jesus, Die Woord van God, dan sal u die belangrikheid van hierdie saak insien! As ons verdra sal ons saam met Hom regeer. (2Tim.2:12)

Matt.7:1?5: Moenie oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie??.

Hierdie is een van die misbruikte en 'n baie belangrike Skrif in die Woord van die HERE. Lees dit egter deeglik dan sal u sien dat hier gepraat word met 'n Geveinsde.

Hier word nie gepraat met diegene wat na die Waarheid soek nie. Hierdie is ook nie 'n verbod ten opsigte van 'n opregte oordeel nie, maar 'n duidelike waarskuwing teen 'n skynheilige oordeel. Die feit is dat die laaste gedeelte van hierdie Skrif beveel 'n baie opregte ongeveinsde oordeel; V5: "Dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal"

As ons 'n vers of 'n gedeelte van 'n vers uit sy konteks haal en verdraai, dan kan dit aanleiding gee dat dit die teenoorgestelde betekenis tot gevolg kan hê.
Die mense wat dit doen kom regstreeks onder die oordele van onse HERE tot hulle eie verderf. (2Pet.3:16).
Laat dit vir almal 'n waarkuwing wees sodat ons nie 'n Skrifteks buite konteks tot ons eie eer, soos wat baie valse leraars doen, sal aanwend nie.

Baie sal baie vroom die Skrif : "Moenie oordeel nie" buite konteks aanhaal om sodoende hulle valse leerstellings te verdedig, maar deur hulle eie tekorkomings oordeel hùlle diegene wat gehoorsaam en getrou is aan die bevel van die HERE. Dit is baie tragies dat so baie on Skriftuurlike leerstelling skuiling vind in bogenoemde Skrif.

Die rede waarom die Christendom deur die nuwe Sataniese Wêreld Orde met heuning om die mond verlam is, is omdat hulle nie gehoorsaam is aan die bevel van die HERE om die valse leraars en leerstellings te oordeel en hulle te merk en te vermy nie!

Fisiese gesondheid word onderhou deur wegtebly van die kieme wat siektes kan veroorsaak. Net so is dit met ons Geestelike gesondheid, ons moet ontslae raak van die kieme van die valse leraars en lerings! Die HERE wil dat ons daagliks die Skrifte soos die Beréane ondersoek om seker temaak dat dit wat vir ons voorgesit word geheilig en gereinig is. (Hand.17:11)

In Rom.2:1?3 lees ons van die godsdienstige skeinheiliges wat hulself veroordeel omdat hulle self skuldig is aan die dinge waarmee hulle ander oordeel. Jak.4:11 verwys na 'n bose gees van kwaadsprekery en foutvinders, en nie na die oordeel waar persone verskil oor die betekenis van 'n Skrifteks nie.

Die Woord van die HERE weerspreek Hom nooit. Om 'n gedeelte van 'n Skrif te verstaan, moet ons dit beskou in verhouding tot die hele Skrif.

Geen Skrif profesie of uitleg is 'n eensydige verklaring nie. Ons moet altyd geestelike dinge (woorde) met geestelike (woorde) vergelyk. (2Pet.1:20 / 1Kor.2:13)
Die goeie saad en die onkruid.

Hierdie gelykenis wat opgeteken is in Matt. 13:24?30;36?43. word net so verkeerd aangehaal. Eerstens praat Koning Jesus van die wêreld, en nie van Sy kerk, of gemeente nie?? "Die saailand is die wêreld" En verder?? "Die goeie saad??dit is die kinders van die Koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose." Hierdie is die twee groepe mense in die wêreld, Kinders van die HERE??diegene wat Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser (Joh.1:12), en die kinders van die Duiwel???Diegene wat Christus verwerp (Joh.8:44) Wanneer daar "kinders van die Bose" in 'n belydende gemeente van Christus kom, is daar sekere stappe volgens die Woord van die HERE wat geneem moet word. Eerstens is dit die plig van die gemeente om hulle te vertel dat hulle geen deel en lot in hierdie saak het nie. (Hand.8:21?23)

As die kinders van die Bose nie uit hulle eie wil loop nie, soos gewoonlik die geval is, is die bevel aan die kinders van die HERE om die deeg van die suurdeeg (die ongelowiges) te suiwer.

Maar omdat die gemeentes ongehoorsaam is aan die Woord van die HERE, het die ongelowiges beheer verkry in die meeste gemeentes. 2Kor.6:17) Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af; spreek die Here? Ongeag van eiedom of enige ander oorweging, as ons gehoorsaam is aan die Woord van die HERE, kan ons op Hom vertrou vir al die nagevolge van ons gehoorsaamheid.

Die gesalfde vandie HERE.

Oor en oor word daar in die gemeentes gehoor dat mense nie die gesalfdes van die Here moet teestaan nie, sogenaamde gesalfdes wat onkruid saai in die Tuin van die HERE. Mense wat oënskynlik 'n baie groot diens verrig deurdat hulle bedieninge groot mense getalle verteenwoordig. As hierdie mense se Skrif ontoereikendheid aan hulle uitgewys word, word dit baie duidelik gehoor; "Moet nie die HERE se gesalfdes aanraak nie" Hierdie is ook een van die planne van die mens wat deur die Satan bewerk word. Dawid het geweier om Koning Saul, sy vyand, om te bring met die swaard om sodoende koning van Israel te kan word (1Sam.24:1?15) Die HERE, en nie Dawid nie het Saul volgens die besluit van die HERE verwyder (26:8?10) Die bediening van die Koning van Israel was geoordeel volgens die bevele van die HERE, en geen mens is uitsonderlik of verhewe bo die Woord van die HERE nie. Samuel die profeet het opgetree volgens die bevel van die HERE. Toe Saul op die bevel van die HERE die Amelekiete moes

vernietig het hy met vroomheid besluit hy gaan van die buit spaar vir offergawes. (1Sam.15:3/15) Dit was ongehoorsaamheid volgens die bevel van die HERE, en Koning Saul was nie verhewe bo die Woord van die HERE nie!

Die HERE het behae in gehoorsaamheid, maar wedersterwigheid en eiesinnigheid is dieselfde sonde as towery/waarsêery. (V20?23). Om gehoorsaam te wees is beter as offergawes.

Saul het 'n baie sigbare getuienis wat al die kinders van die HERE beinvloed. Toe hy nagelaat het om te regeer volgens die absolute standaard volgens die Woord van die HERE, het die getroue profeet van die HERE 'n bevel ontvang om op te tree teen hierdie oortreding. Nie om Saul se lewe te neem nie, maar om hom te betraf vir sy sondes volgens die riglyne van die Woord.

Skriftuurlike bestraffing vir ongehoorsaamheid van 'n broeder, is nie die aanraak van die gesalfde van die HERE nie, dit is om te voldoen aan die bevel van die HERE.

Wat beteken die woord "oordeel" in grieks:

Krino = Judge /oordeel (Die HERE doen dit)

Anakrino = discern / onderskei / waarneem ( Ons word beveel om dit te doen) Diakrino = Decide / beslis / bepaal / besluit. ( Ons word beveel om dit te doen) Gnome = Point of view / siens wyse /denkbeeld. (Ons mag dit nie doen nie) Krina = Judgement / Vonnis uitspraak. (Die HERE doen dit)

Krites = Our judge. Uitspraak / opinie* (Ons mag dit nie doen nie)

Hypokrites = Hypocrite / Skynheiligheid / geveinsde. (Ons mag dit nie wees nie) Kritko = Critisize / Beoordeling. (Ons word beveel om dit te doen)

As ons Jesus Christus liefhet sal ons gehoorsaam wees aan Sy gebooie. Die HERE sê dit is verkeerd om te "Krino" Oordeel, Maar om te Anakrino and Diakrino / te onderskei / en te bepaal, word ons beveel om te doen. As u versuim om hierdie oordeel toe te pas is u mislei en het u die opinie/sienswyse van mense lief.

Is dit nie merkwaardig hoedat die sogenaamde broers en susters u kan vertel van die Woord van die HERE nie, maar dat hulle net gehoorsaam is aan die die Skrifte wat hulle pas. Ons moet gehoorsaam wees aan die HELE SKRIF.

Wat ons nie mag oordeel nie.

Gewetensbesware/ beginsels. Die HERE verbied ons om iemand te oordeel deur wat hulle eet, of die hou van dae. Rom.14 / 1Kor.10:32?33 /Kol.2:16?17.

Ons mag nie die motief of beweegrede tot 'n saak oordeel nie: 1Kor.4:1:5. Daar is net Een harte Kenner en dit is onse HERE, Hy ken die bedoeling van elke hart.

As 'n persoon belei dat hy/sy gered is, mag ons nie oordeel of so 'n persoon gered is of nie.

Die Here weet wie aan Hom behoort. (2Tim.2:19) Ons moet eerder onsself toets volgens 2Kor. 5:17: "Daarom as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword" As hierdie verandering nie plaasgevind het nie, dan is alle belydenisse tevergeefs!!

Ander Dinge wat ons moet oordeel.

Onsedelike optredes deur gelowiges moet veroordeel word. 1Kor.5 vertel 'n treurige verhaal en sluit af in v13 met die Apostoliese opdrag: "Verwyder tog die slegte mense onder julle uit". 1Kor 6:3 maak dit duidelik dat verskille tussen gelowiges, moet deur die gelowiges self beoordeel word en nie deur 'n ongelowige hof nie. Hier word 'n groot waarheid vir ons uitgelig:

  1. Die heiliges sal die wêreld oordeel.

  2. Ons sal die engele oordeel.

  3. Broers en susters, laat ons toe dat die Here ons voorberei vir hierdie doel?

Ons moet onsself oordeel??. "Ondersoek julleself of julle in die geloof is, stel julleself op die proef" (2Kor. 13:5) Want as ons onsself beoordeel het sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig (Opgelei) sodat ons nie saam met die wêreld geoordeel word nie. (1Kor.11:31?32).

Wat 'n verandering en seën sal dit nie wees as ons ons eie foute oordeel soos wat ons ander se foute oordeel nie!!, en as ons ander mense se tekortkomings net so menseliewend sal oordeel as ons eie sondige lewe. Net so sal gelowiges hulself baie berispinge van die HERE bespaar as hulle hul ongehoorsaamheid aan die Here wil oordeel en bely. Net so moet Christene waak daarteen dat hulle nie met 'n verkeerde houding oordeel nie, en so in die Duiwel se strikke te beland.

Ons almal moet voor die Regterstoel van onse HERE verskyn (2Kor.5:10) Dit sal goed gaan met die wat in die Lig van die Woord van die HERE wandel, maar nie so goed met diegene wat die Woord van die HERE aangeneem het, maar lewe vir die dinge van die wêreld! Amen. †††

You are here:

Sermons in Afrikaans