Elektos. Die Uitverkorenes

Heel dikwels is dit ekstremiste wat die liggaam van Christus verdeel en onnodige probleme veroorsaak. Daar is die hipper Pinkster of Charismate wat mistisisme met geestelikheid verwar en die basiese emosionele impuls word met die leiding van die Heilige Gees verwar, hierdie soort teologie word heel dikwels op ondervinding gebaseer en nie op die Woord van die Here nie.

Die Charismatiese beweging is al met ons vanaf ongeveer die laat 60’s en dit het nog nooit enige herlewing gebring nie. Daar was ’n herlewing onder die hippies, maar die Charismatiese herlewing het nie die hoofstroom denominasies hernu nie. Hierdie denominasies is nou baie slegter daaraan toe as die vorige geslag, vandag sien ons hoe homoseksuele en lesbians georden word en enigiets wat pervers is.

Die Metodiste, Hervormers, Presbiteriaans- kies enige kerk en kyk of hy ’n charismatiese herlewing gehad het, jy gaan baie moeilik een kry wat tot ’n Bybelse fondasie herstel is. Dit is nou nie ’n ontkenning van die geloofwaardigheid van die doping van die Heilige Gees of ’n behoorlike Bybelse kennis van die manifestasie van die Gawes van die Heilige Gees wat Skriftuurlik toegepas word nie. Die punt is, dit wat ons vandag sien in term van die charismatiese charisma verskynsels is grotendeels vals. Chuck Smith het dit beskryf as “Charismania”. Die teologiese term vir Charismania is neo-Montanisme. Die soort van wanorde en chaos wat in die vroeë kerk in Korinte gesien was met mense wat geken was as Montaniste, wat ook in ander tye gebeur het.

Maar dan sien jy mense wat teen dit opgetree het, soos in Korinte en in Thessalonika. “Moenie mense verbied om in tale te praat nie, verag die profesie nie, blus die Gees nie uit nie”- Daar was nog altyd ‘n probleem met mense wat hierdie dinge gedoen het, mense wat van die een na die ander uiterste gaan. ’n Polarisasie toestand ontstaan met misleide mense in beide uiterstes. Daar is die hiper- charismate versus die sensasie soekers en beide van hulle is verkeerd en in staat tot gevaarlike onsinnige leerstellings. Sensasie-iste soos John MacArthur leer dat God se mense die merk van die dier kan vat, die Antichris kan aanbid en nog steeds gered word. Dit is so dwaas as enige iets wat ‘n Charismaat of fanatiese Pinkster sal sê.

Beide uiterstes word deur mense gelei wat in ‘n mate geestelik ontwortel is. Tradisionele Premillennialiste het nooit so iets geglo nie, maar MacArthur is bekommerd oor vreemde vuur en hiper-Charismate. Wel, ons almal moet bekommerd wees, maar die alternatief is net so onskriftuurlik as wat hulle is. Hierdie soort denke is waar in baie areas.

Die manier waarop die katedrale en die basilieke gedurende die Renaissance befonds was, was grootliks deur die verkope van aflaat briewe deur die Dominikane. “Nou is jy gered, nee jy is nie.” Die leer van die vaevuur (reinigend) is nie in die Skrifte nie en die Roomse Katolieke Kerk was genoodsaak om die Apokriewe boeke deel te maak van die Roomse Katolieke kanon van die Skrifte omdat daar een vers in 2 Makkabeërs is wat sê, “Dit is ‘n heilige en heilsame gedagte om vir die dooies te bid.”

Die boeke van die Makkabeërs is apokrief en nie ‘n basis vir Bybelse leerstellings nie, basies is hulle as geskiedenis en literatuur belangrik. Maar as jy na die konteks kyk van om vir die dooies te bid, dat beteken dit om te bid vir die koms van die Messias sodat dit vir die Ou-Testamentiese heiliges wat in die bors van Abraham was- moontlik gemaak was om in hulle ewige beloning in te gaan. Dit beteken nie dat hulle in die vaevuur moes boete doen vir hulle sonde nie; dit was nie deur die Jode geken nie.

Dit is hoe hulle die Renaissance befonds het, Tetzel sê: “As ’n geldstuk in ‘n bokskryt klingel, dan spring ‘n siel uit die vaevuur.” Hy het ook gesê: O’ jou arme moeder is in die vaevuur, seunie kry my hier uit, ek brand!”

    Dit is hoe hulle geld uit mense gekry het, baie soos die moderne TV evangeliste wat die Woord van die Here aanpas en verdraai en dinge in die Woord van die Here in lees wat nie daar staan nie, alles gaan oor geld en hulle eie agendas.

Hulle smous met scapulas, (skouer kleed) hulle beoefen godsdienstige fetisjisme (afgodery/ beelde aanbidding) basies dieselfde as Morris Cerello en sy Heilige Gees tower doekies wat mense se skuld sou wegneem. Dit is dinge wat al vir eeue aangaan. Vandag het ons TV-akteurs wat dieselfde dinge doen, die Katolieke doen dit nog altyd. Wel, vir die befondsing van hulle programme moes hulle die ware Evangelie ontken, “Die bloed van Jesus kan nie al jou sonde wegneem nie, jy moet in die vaevuur boet vir jou eie sondes.” Paulus sê: As ’n engel uit die hemel ‘n ander evangelie verkondig, moet dit nie glo nie. Maar ten spyte daarvan kom een na die ander misleier na vore en sê daar is niks verkeerd met Roomse Katolisisme nie, en dit terwyl hulle ‘n ander evangelie preek. Die vraag is, reinig die bloed van Jesus ons van alle sonde of betaal jy vir jou eie sonde? Dit is iets baie fundamenteel, maar daar is nog baie ander dinge verkeerd met Roomse Katolisisme wat handel dryf met ’n ander evangelie.

Hulle glo redding kom deur ex opere operato rituele wat geken word as sakramente. In plaas van om deur geloof geregverdig te word en deur genade gered te word, glo hulle aan sakramentele soteriologie. Maar die sakramente is nie genoeg nie, jy moet nog in die vaevuur boet vir jou eie sonde. Dit is ‘n fundamentele ontkenning van die kruis, en met dit alles is daar mense wat sê dit is verenigbaar met Christelikeid. Wel, as hulle dit van Roomse Katolisisme sê dan sal hulle dit ook van Mormonisme sê.

Paulus praat nie net van ‘n “ander evangelie” nie, hy praat ook van ’n ander “Jesus”. Wel, Mormone het ‘n ander Jesus, hulle Christus is die geestelike broer van Satan. Dit bring nie Ravi Zacharias of Craig Hazen van Bilola van stryk af nie. Die ware Jesus sê: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! --moet dit nie glo nie. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn--moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer--moet dit nie glo nie.” (Mat 24:23-26)  Maar elke keer met ’n mis sê hulle daarmee dat Jesus fisies met die verskynings van die brood en wyn teruggekeer het.

Hulle bid vir die brood en die wyn as die Transubstansiële “geseënde sakrament”. Hulle aanbid dit! Hulle bid vir dit asof Christus vlees geword het. Dit is afgodery. Dit is ‘n ander Jesus.

Die Eucharistiese Christus van Rome is nie die Christus van die Skrifte nie, dit is dinge wat jy gedurende die Reformasie moes verstaan het. Dit is die rede waarom so baie mense vermoor is—hulle wou niks met Transubstansie te doen hê nie.

Die ander was die pousdom—die pous is die erfgenaam van Petrus en dit is dit. Hy is die Pontifikus Maximus, die erfgenaam van die keiser as die hoof van die pantheon, ’n gebou wat toegewy is aan al die Romeinse afgode. Dit is waarom mense vermoor was. Onthou ook dat die eerste geslag Hervormers was nie net eenvoudig Roomse Katolieke priester nie, hulle was die geleerdes onder die Romeinse Katolieke geestelikes, humanistiese geleerdes wat die Roomse leerstellings geken het maar na die Renaissance het daar ‘n oplewing in Europa onder die Humaniste gekom en natuurlik was dit ‘Christen’ humanisme en nie ‘n sekulêre een nie en hulle het begin om in kontak te kom met mense wat Grieks en Hebreeus kon lees en skryf soos Erasmus. Hulle het begin om die basiese dinge te verstaan.

Metanoia, die woord vir berou beteken om jou te bekeer, dit is nie die sakrament van boetedoening nie. Luther het agtergekom dat die hele ding ‘n leuen was, dinge wat hy by die Franse Humaniste-Vavassure geleer het. En so kom daar Protestantisme, maar soos wat ek in my boek die Dilemma van Laodicea gesê het, Protestantisme is baie soos die Sardis Kerk- van die woord sarx, (vlees). Hulle het die naam dat hulle lewe maar hulle is dood. Kyk na die hoofstroom Protestantisme, kyk na die Lutherse Kerk. Is hierdie mense gered? Dit is ‘n moeilike vraag. Die meeste is moontlik nie. Dit is kultuurlike Protestantisme, maar dit was so van die begin af.

    Die orden van homoseksuele en lesbians, om dieselfde seks huwelike te seën- dit is Protestantisme, die Wêreld raad van Kerke. Dit het ‘n naam dat dit lewe maar dit is dood, reg van die begin af was dit verkeerd.

Nou, Jesus sê daar is sommige in Sardis. Ek wil nou nie sê dat daar nie opregte mense wat die Here lief het in Protestantisme is nie, daar is. Maar hulle is ‘n oorblyfsel, Jesus sê vir hulle: “Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het,” -Hou vas aan dit wat julle gehoor het. Hulle het die Waarheid gehoor, hulle het die Evangelie gehoor maar hulle het nie vasgehou daaraan nie.

Nee, die hoofstroom Protestantisme is in sy kern net so sleg as wat dit oorspronklik was om te hervorm. Dit is net so onskriftuurlik as Rooms Katolisisme of Oosterse Ortodoksie. Dit is wat jy gehad het voor die reformasie, die ware Liggaam van Christus is net ‘n oorblyfsel. Dit was nog altyd so.

Is daar ware gelowiges in die Roomse Kerk? Ja, ek glo daar is. Maar Jesus sê vir hulle: “Kom uit onder hulle My volk.” Is daar ware gelowiges in die hoofstroom Protestantse denominasies? Dieselfde ding: “Kom uit onder haar My volk”. Hier word nie gesê hulle is nie Jesus se mense nie, maar as hulle Sy mense is dan sal die Heilige Gees hulle wys om te pad te gee uit Babilon.

“Wee jou, dogter van Sion wat saam met die dogter van Babilon woon.” Die Heilige Gees sal hulle wys om pad te gee. Ek ontken nie dat daar mense in hierdie kerke is wat Jesus geleer ken het nie, maar jy kan nie aangaan om vir die dooies te bid wat niks ander is as die sonde van towery is nie en nog steeds in God se wil bly nie. Jy kan nie aangaan met die Mis afgodery en in God se wil wees nie. “O, julle moet in die Roomse Kerk bly...” Maar jy kan nie Roomse Katolisisme bedryf sonder om te sondig nie. ’n Weergebore mens is veronderstel om nie meer te sondig nie. Dit gaan maak dat jy sondige dinge doen, sonde volgens die Woord van die Here. Om te verbied om te trou is ‘n “duiwelse leer.” Kyk na al die kinder molestering.

Protestantisme het nog altyd gereageer, en hulle probeer om katedrale te bou, hulle verkoop weelde artikels, hou mense in gebondenheid en vrees, “nou is jy gered,-nou is jy nie gered nie,” Daar is geen geloof sekerheid nie. Roomse Katolisisme leer dat as jy sê jy het geloof sekerheid dan het jy die sonde van verwaandheid gepleeg. Dit is wat hulle leer, dit is die leer van die Roomse Kerk basies vanaf die Raad van Trent. Om teen hierdie dinge op te staan het iemand na vore gekom met die idee van onvoorwaardelike ewige sekerheid. Is daar ‘n ewige sekerheid? Absoluut! Is dit onvoorwaardelik?

Elektos.

Kom ons kyk na uitverkiesing, Elektos. Wat sê die Woord van die Here.

Jy kan absoluut seker wees van jou redding en ‘n ewige versekering, maar is dit ‘n uitgemaakte saak? Wat leer die Skrifte?

Kom ons dink aan ’n pensioenfonds. Om deel te wees van so ‘n fonds moet jy ‘n lid daarvan wees en jy moet jou premies betaal anders kan jy nie deel wees daarvan nie. So lank as wat jy jou premies betaal is jy verseker. Jy kan ’n brand versekering hê maar as iemand brand stig en dit kan bewys word dan het hy nie die versekering nie. Solank as wat jy voldoen aan die reëls kan jy seker wees jy is verseker.

As jy nie jou premies betaal nie dan is dit kontrakbreuk, dit is nie die versekeraar se skuld nie, dit is jy wat nie by die reëls gehou het nie. Maar die kontrak bly geldig. Die geldigheid van ‘n verbond is afhanklik van God se getrouheid en nie die ontrouheid van ’n mens nie, dit is altyd die getrouheid van God, maar as jy die plan verlaat, as jy jou onttrek van die polis se voorwaardes, alhoewel die kontrak geldig bly, dan is jy nie meer deel daarvan nie.

Om met die probleem te deel van- “nou is jy gered en nou is jy nie gered nie,” het iemand na vore gekom met ‘n plan, ’n idee ‘n konsep om vir mense die versekering van redding te gee (wat hulle nie regtig die versekering van redding kan gee nie) Calvinisme leer, in sy ware vorm, dat God sekere mense geskape het om hemel toe te gaan en ander Hel toe.

    So, daar is ‘n Roomse Katoliek wat goeie werke doen (die Mis, om na ‘n novena en die dinge te gaan) om gered te word, net so is daar die Calvinis wat dinge vir homself doen om gered te kan word. “Ek moet gered wees, kyk na al my goeie werke!” “Ek moet deel wees van die uitverkorenes wat God geskape het, van die wat Hemel toe gaan en nie Hel toe nie.” Nie een van hierdie sielsiek idees kan vir mense die versekering van redding gee nie, beide dryf mense tot raserny.

Johannes Calvyn het niks te doen gehad met die Reformasie nie. Die Reformasie het basies begin met Erasmus van Rotterdam se bekendstelling van die Textus Receptus uit vier vroeë Bisantynse manuskripte. Dit het mense soos Luther en Tyndale geïnspireer om die Bybel in Engels en Duits te vertaal. Zwingly het sy hervorming in Zürich begin voordat Luther sy 95 stellings aan die deur van die Wittenberg katedraal vasgespyker het. Die Reformasie was in Zürich in aanvang voor Luther. Luther se opgang was groot omdat hy die aflaat verkope uitgedaag het. Almal het geweet van die korrupsie van die pousdom en die Dominikane maar niks is daaraan gedoen nie.

‘n Honderd jaar vroeër het Jan Huss die fundamentele waarhede verkondig en hy en duisende van sy volgers was wreed deur die Roomse Kerk uitgemoor. Voor hom in Engeland was daar die Lollards wat John Wycliffe gevolg het, dieselfde het met hom en sy volgers gebeur, hulle was brutaal vervolg omdat hulle die Skrifte in die lingua franca van die dag geplaas het.

Daar was nooit ‘n tyd waar daar nie ‘n oorblyfsels van die liggaam van Christus was nie maar dit was altyd teenstrydig met die hoofstroom godsdienstige instellings van die dag, dieselfde het met die Jode wat in Jesus geglo het gebeur, hulle was altyd in stryd met die Sanhedrin. Basies was dit so van die begin af. Geloof in die Messias van Israel het as ‘n geloof in Israel begin. In die Patristiese era het dit ‘n filosofie in Griekeland onder die “Kerk Vaders” geword, dit het ‘n politieke ryk in Rome geword en dit het ‘n 501 3(c) belasting aftrekbare korporasie in die Verenigde State geword. Institusioneel deur die eeue het dit so groot geword dat die stigters daarvan dit nie meer sou herken het nie. Johannes Calvyn was ‘n baba toe Erasmus sy Nuwe Testament gepubliseer het.

Toe Luther die 95 stellings teen die deur vasgespyker het was Calvyn agt jaar oud, hy was nie eers ‘n tweede geslag Hervormer nie. Hy was die derde geslag daarna. Hy was deur mense soos Farrel en Busser beïnvloed, maar hy het geen direkte kontak met die Reformasie gehad nie; hy het niks daarmee te doen gehad nie, dit het alreeds gebeur voordat hy in Geneva gekom het waar hy ‘n onderdrukkende polisiestaat opgerig het waar mense lewend verbrand was. Die geskiedenis getuig teen hierdie dinge. Skim getuienis, onskuldige mense is as hekse verbrand. “Die Here het vir my in ‘n droom gewys Mary Jones is ‘n heks.” Ou vroue is aan pale vasgemaak en onder die ys ingedruk en as hulle nie verdrink het nie is hulle verbrand of opgehang. “O hulle was onskuldig.” En dit word uitgevoer na Salem, Massachussetts. Dink daaraan, om mense dood te maak, te hang, verbrand- net omdat iemand ‘n droom gehad het waar God hom sou gewys het sy is ‘n heks? Dit is wat die Calviniste gedoen het. Kyk na hulle geskiedenis!

Die Duits Gereformeerde kerke in Suid-Afrika, Presbiteriaanse kerke in Ierland, die pro-slawerny standpunt van die Suidelike Baptiste, almal was Calviniste. Hulle het jihads gehad, oorloë, nie net teen Katolieke en ander Protestante nie, maar teen mekaar ook. Die Engelse Puriteinse Calviniste en die Skotse Presbiteriaanse Calviniste het mekaar in die naam van Jesus doodgemaak, onder Cromwell, omdat John Owen, Cromwell se groot Puriteinse teoloog hom aangesê het om dit te doen. Dit is ‘n lelike skaamtelose geskiedenis van moord en losbandigheid. Dit is baie soos Islam met die Taliban en die Mutawa in Saudi Arabië, godsdienstige morele polisie. ‘n Kultuur kamp, ‘n oorlog teen alle kulture. Dit is ‘n lelike, skaamtelose gruwelike geskiedenis wat hulle onder die tafel wou in vee. Calvyn self het hom vele kere beroep op die primêre leerstellige stigter van Rooms Katolisisme as sy eie rolmodel. Hy het bly sê wanneer hy sy institute geskryf het, “onder die gesag van Augustine”—onder die gesag van Augustine.”

    Nou, Augustine was die man wat die Kerk verwoes het, meer as iemand anders tot op hierdie punt. Nadat Constantine pseudo die Roomse Ryk verchristen het, was dit Augustine se mense wat die Millennium weg vergeestelik het. “Dit is vervul in die Kerk, die eeu van die Kerk is die Millennium....” 

Dit is Augustine wat gesê het: “Omdat God geweld gebruik het om Paulus te bekeer daarom kan die Kerk ook geweld gebruik om mense tot inkeer te dwing.” Dit was Augustine wat gesê het: “Ons het die sigbare en die onsigbare Kerk,” En hy verander doelbewus een woord in Jesus se gelykenis oor die koring en die onkruid. Die Here Jesus sê die veld is die wêreld, gelowiges en ongelowiges groei saam op in die wêreld. Augustine sê nee: “Die veld is die Kerk. Ons het mense in die Kerk wat gelowiges is en mense wat dit nie is nie; dus, besprinkel die babas en noem almal Christene.” Dit was Augustine.

As jy regtig Bybelse Christendom wil herstel dan is die eerste ding wat jy moet doen is jy moet die onskriftuurlike huwelik tussen die Kerk en die staat skei, Erastianisme. Maar die Hervormers het dit nie gedoen nie. Hulle het eenvoudig die Roomse Katolieke Staats Kerk met ‘n Protestantse een vervang. Calvyn besprinkel babas en beroep hom op Augustine, dieselfde as die pouse voor hom. En nie net dit nie, sy keuse van ‘n Bybel was die Roomse Katolieke Latynse Vulgaat van Jerome, nie ‘n baie goeie vertaling nie. Ek kan Latyn lees; dit is nie ‘n goeie vertaling nie. Dit was sy Bybel. Hy was nie teenwoordig vir die Reformasie nie en hy het nooit sy getuienis in die lig gebring nie. Hy het nooit ooit in alles wat hy geskryf het (En hy het baie geskryf) van sy wedergeboorte ondervinding of iets daarvan gepraat nie. Hy het nooit daarop aanspraak gemaak dat hy ‘n Christen volgens Bybelse definisie was nie.

Dit was nie soos met John Wesley nie, hy het ‘n vreemde warm gevoel in sy bors gekry, of iets soos dit, ‘n belydenis van herlewing. Daar was geen punt in Calvyn se lewe wat ooit gebeur het volgens enigiets wat Calvyn ooit gesê of geskrywe het nie. Wat ‘n rolmodel! Dit is hulle heilige koei! Nou, moenie my verkeerd verstaan nie, daar is gematigde Calviniste. Die probleem is, die meeste Calviniste, of mense wat sê hulle is Calviniste, predikers ingesluit, weet nie wat Calvinisme eintlik was en is nie. Hulle dink dit gaan oor die TULIP wat van Bezae en die Remonstrante van Dort afgekom het. Totale verdorwenheid; Beperkte versoening (Christus het nie vir almal gesterf nie) Onweerstaanbare genade en Volharding van die heiliges—hulle dink dit is Calvinisme. Van hulle is vier punt, soms vyf, afhangende van op hoeveel van die letters van die TULIP hulle ingeskryf het. Maar Calvyn het nie hierdie dinge geleer nie, Calvyn se basis was Verbond Teologie. Calvyn het aan dinge geglo en geleer wat nie in die Skrifte gevind kon word nie. Hy het niks te doen gehad met die Reformasie nie, hy was nie daar nie, hy was ‘n baba toe hierdie dinge plaasgevind het. Dit is die realiteit en hy en sy volgers het wrede dinge gedoen, hulle het mense vermoor in die naam van Jesus. Jesus se Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie, Calvyn sê dit is.

Herbouers, ‘n teokratiese polisie staat. Hulle was theonomiste (wettiese denkes). Dit is wat hulle in Salem, Massachusetts gedoen het, wat hulle in Cromwell se Engeland gedoen het, in John Knox se Skotland en wat Calvyn self in Geneva gedoen nie. Dit is nie ‘n mooi geskiedenis nie.

Niemand kan dit ontken nie, maar tog hou hulle daaraan vas asof dit heilig is. “Ek is ‘n Calvinis!”

Calvyn het egter nooit Calvinisme geleer nie. Lees hulle boeke. “Was Calvyn ’n Calvinis?”

Gebaseer op wat hy gepubliseer het weet ons nie eers of hy ‘n Christen was nie. (Soos in gered)

Dit was nie soos met Tyndale nie, jy het geweet hy was gered. Daar is gematigde mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Calviniste is en baie van hulle sal nie verstaan wat ek hier sê nie. Hulle sal beweer dat hulle Baptiste of Broeders of so iets is.

Wel die feit van die saak is, as jy ’n Baptis, ‘n Broeder of Pinkster was gedurende die Reformasie dan sou jy dit nie eers oorweeg het om ‘n Protestant te wees nie, jy sou liewers as ‘n Anabaptis geken wou wees en daarmee saam vervolging deur Protestante en Katolieke.

    ’n Baptis, Pinkster, Mennoniet of Broeder, mense wat vasgehou het aan hierdie geloof, wat vas geglo het aan die doop van gelowiges, wat nie geglo het aan Patristiese gesag nie. (hulle het nie aan die Kerk Vaders se leer vasgegroei nie, hulle het vasgehou aan die Skrifte, ook nie aan ‘n staats kerk nie) Hierdie mense was deur Katolieke en Protestante vervolg. Erasmus skryf oor hierdie dinge, ook aan die Pous en dat die Anabaptiste die naaste aan ware Christenskap was.

Tog is daar vandag mense, Baptiste, wat rond hardloop en sonder om te bloos daarop aanspraak maak dat hulle Calviniste is, terwyl Calvyn en sy volgelinge Anabaptiste gebrand het. Van hulle was versteurd; daar was baie soorte Anabaptiste, goeies en slegtes.

Ek en my vrou was eenkeer in Zürich op ’n John Zwingli toer, en dit was Mnr. Zwingli sus en Zwingli so en hulle het vrae beantwoord oor John Zwingli. Ek vra toe; “Waar het hy die Baptiste verdrink?” Hy het ’n gat in die ys gemaak en hulle daarin verdrink. “O, daar oorkant iewers by die rivier.” Weet jy wat het die Kerk van Engeland, die Anglikane met die Baptiste gedoen, en die Protestante met die Baptiste in Engeland en Walis? ‘n Deurmekaars spul!

Baie van hierdie mense het aan die King James Bybel vasgehou asof dit die enigste ware vertaling was, dit is wat hulle gedink het. Wel, ek hou nie van moderne vertalings nie, ek het nie ‘n probleem met die King James nie, maar die feit van die saak is. King James het die Baptiste en Puriteine van Engeland wat Calviniste was vervolg. Hoekom dink jy het hulle op die Mayflower oorgekom? King James het hulle vervolg. Hulle Bybel was nie die King James nie, hulle het vasgehou aan Geneva Bybel omdat King James hulle vervolg het.

Joseph Goebbels het gesê: “Vertel ‘n leuen dikwels en mense gaan dit glo” Ek sien heel dikwels in die media—“Die Israeli besetting, die Israeli besetting!” Propageer ’n mite dikwels en mense gaan dink dit is ’n feit. Al wat jy moet doen, is herhaal die leuen dikwels en mense gaan dit glo, dit is wat Protestantisme is, ‘n mite, die Reformasie was ’n mite. Dit was ’n verlore poging om Skriftuurlike Christelikeid te herstel.

Daar is gematigde Calvinistiese mense wat sê, “‘n Afvallige was nooit gered om mee te begin nie, dus hulle moet gered word, hulle moet tot bekering kom en glo.”

’n Wesleyaanse Armeniër sal sê: “Miskien is jy reg, miskien was hulle nooit gered om mee te begin nie, maar as hulle gered was dan is hulle nou nie meer gered nie, hulle het teruggeval, hulle moet tot inkeer kom.” In elke geval stem albei saam dat hulle nou nie meer gered nie, dit is primêr. In elke geval glo albei dat hulle tot inkeer moet kom, dit is sekondêr. Wanneer of waar hulle gered is om mee te begin is tersiêr, dit is ’n akademiese argument, dit maak nie baie saak nie. Beide van hulle het saamgestem dat hulle nou nie meer gered is nie en hulle moet tot bekering kom. Ek kan dit hanteer, ek kan gematigde Calviniste soos Charles Spurgeon of William Carey hanteer. Die probleem is, Spurgeon en meer nog, William Carey word teengestaan deur ekstreme Calviniste. Toe William Carey sendelinge na Indië wou stuur het die Baptiste in Engeland hom stilgemaak.

“As God die Heidene wil red dan sal hy dit sonder my en jou hulp doen.” Hoekom? Dit is omdat Calviniste leer dat God mense spontaan tot redding bring. God het alreeds bepaal wie hemel toe en wie Hel toe gaan en dit is dit. God het sommige mense geskape om vir ewig gemartel te word. Dit is wat hulle leer. En hulle leer: “God het hulle wedergebore geskape,” dan kom hulle tot geloof, geloof volg wedergeboorte.

Maar die Woord van die Here leer dat mense dood is deur sonde. Iemand kan nie op sy eie inisiatief gered word nie, dit is onmoontlik omdat mense gevalle is. Daarom moet God tussenbeide tree en iets doen. Wat God doen is wat in Grieks geken word as “akintos”--’n oortuiging van die gees, ’n oplewing. God plaas ’n mate van lewe in ’n lyk en maak dit moontlik vir die persoon wat dood was deur die sonde om te reageer op God se oproep van genade.

God moet tussenbeide tree, Hy moet opwek en in ’n mate laat herleef.

    Nadat God hulle laat oplewe het en die Heilige Gees hulle aangekla het oor hulle sonde kan ons vir ure aan hulle getuig, maar voordat hulle nie self die Stem van Jesus deur die Heilige Gees hoor nie, as die Vader hulle nie Self trek nie, gaan hulle nie tot redding kom nie. Hulle sal ons stem hoor en nie die Stem van die Here nie.

Daar moet ’n aanraking wees, hulle moet getrek word, die akintos moet plaasvind. Wanneer dit gebeur het dan het God bonatuurlik tussenbeide getree en dit vir hulle moontlik gemaak om te reageer wat hulle andersins nie kon doen nie. Is dit genade? Natuurlik is dit genade, niemand kan homself red nie. Hulle moet self reageer op hierdie oproep. God skep nie robotte nie, Hy wil seuns hê.

Ons het twee bose dinge aan weerskante van die spektrum. Dit is interessant hoedat mense hulle toe spin in hagiografie (lewens beskrywings) en van hulleself helde maak- wat hulle nie is nie—Calvyn, Augustine.

Maar op die teenoorgestelde ekstreem was daar iemand soos Charles Finney. Finney het nie goedkoop genade gepreek nie, maar die goedkoop genade wat so dikwels in die laaste 3-4 geslagte gepreek is, het van sy saad invloede gekom. Finney het aan ’n eeue oue dwaling geglo wat van ’n Monnik in Engeland afgekom het met die naam van Pelagius.

Die Skrifte sê ons is gevalle gebore as gevolg van die oorspronklike sonde. Die mensdom is gevalle, ons is so gebore, daarom moet ons weergebore word. Pelagius het dit ontken en so ook Finney. Hy het toegegee dat almal sonde het maar hy het die oorspronklike sonde ontken.

“Jy kan Christus aanneem deur om net jou hand op te steek en na vore kom te kom....”

Ons kan nie Christus aanneem nie, Jesus sê: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; (Joh. 6:44)

Wat Calviniste sal doen is hulle sal enige iemand vat wat nie aan Calvinisme glo nie, soos ’n Wesleyaanse Armeniër byvoorbeeld, iemand wat glo aan John Wesley, wat nader aan die waarheid was, en hulle valslik merk as ’n Pelagies.

Dit is soos wat jy in vandag se media sien. “As jy nie glo aan beperking van voedsel koepons en aan die Obama sorg nie, dan haat jy die armes.” Wel, dit is nie waar nie. Aan die einde gaan die armes op eindig as die grootste slagoffers van die dinge. Maar hulle gaan jou sien as iemand wat die armes haat—die soort van spel. Jy is ‘n Pelagiaan as jy nie saam met Calvyn stem nie. Dit is die twee uiterstes, die een net so sleg as die ander.

Die idee dat ’n God van liefde mense geskape het om Hel toe te gaan waar hulle verewig gemartel gaan word- is Calvinisme. God het sekere mense voorbestem vir die Hel en ander vir die Hemel, dit is wat hulle leer. Dit is siek en net so pervers as Pelagianisme wat die oorspronklike sonde van die mens ontken, beide is leuens.

Kom ons kyk na die Boek Esegiël Hoofstuk 18: 23: “Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

God se wil is dat geen mens verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering en redding moet kom. Klink dit of Esegiël of Petrus behae daarin het dat mense Hel toe moet gaan? Jesus sê die Hel is ‘n plek wat vir Satan en sy engele voorberei is. Dit is vir duiwels voorberei, nie vir mense nie. Geen mens is veronderstel om daarin te beland nie, Jesus het die prys betaal vir ons sonde.

Nou, dit is reg om te sê dat niemand na Jesus toe kan kom as die Vader hom nie trek nie, maar Jesus sê ook: “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Joh 12:32)

Maar nie alle mense sal ag gee op hierdie trekking nie.

Calvinisme ontken dat die vrye wil van die mens aan die kruis herstel is. Die mens het sy vrye wil verloor as gevolg van sonde maar in Christus is dit herstel. Ongeredde mense het nie ‘n keuse nie, hulle moet sondig, die beste wat hulle kan kies is hoe, waar en wanneer maar nie ‘of’ nie.

As gevolg van die Heilige Gees is dit nie vir Christene nodig nie, ons het ’n keuse. Kom ons kyk daarna. Dit is filosofies, hierdie idee dat God mense geskape het om Hel toe te gaan.

    Hoekom sien ons ‘n teokratiese polisiestaat ooreenkoms tussen Calvyn en die Taliban en die Mutawa? As hulle nie van die manier hou wat jou vrou haar hare dra nie dan kan hulle haar arresteer en in die openbaar mishandel en jy kan niks daaraan doen nie.

Die doel is om mense se lewe te beheer. Hoekom gedra hulle- hulle soos die Taliban? Hulle doen dit omdat filosofies is Calvinisme nie Judeo Christen nie, hulle is filosofies Islamities. Moslems noem dit Insha’ Allah—Alles wat gebeur is God se volmaakte wil, Esegiël sê: “Ek het geen behae in die dood van ‘n goddelose nie.” Dit is nie God se volmaakte wil nie, God se wil is dat almal tot bekering moet kom. Maar inplaas daarvan om die Woord van die Here te glo, glo Calvinisme Islam; ten minste glo hulle dieselfde leuen gees wat Islam beheer.

Ons moet verstaan, daar is ‘n leuen gees wat Islam beheer en dit is ook dieselfde gees wat Calvinisme beheer. Dit is waarom hulle dieselfde dinge as die Moslem met hulle jihads doen. Die Calviniste het hulle eie jihads. Hulle het dieselfde dinge gedoen omdat hulle dieselfde filosofie het. Het jy geweet dat die Imams in Iran van die Calviniste hou? Hulle erken dit. Wel, hoe kom hulle by die dinge uit? Hulle praat van die uitverkiesings leer, elektos, en hulle Skrifte wat hulle misbruik. Weet jy wat doen die JW’s, en die Mormone, hulle het hulle uitgesoekte Skrifte wat hulle altyd sal misbruik. Hulle fokus altyd op sekere Skrifte maar nie in die lig van ander Teks verse wat hulle buite konteks misbruik nie. Dit is hoe kultusse te altyd te werk gaan, dit is hoe die Roomse Katolieke Kerk te werk gaan. Die enigste manier hoe hulle by die leer van die transsubstansiasie of die leer van die Petrine Primacy-(Die onbybelse idee dat Petrus spesiale magte van Jesus ontvang het) kan uitkom is om die Teks buite konteks in isolasie van sy omliggende Skrifte te gebruik.

Dit is die enigste manier hoe jy by die leerstellings van die JW’s kultus kan uitkom. En dit is ook die enigste manier hoe jy by die leerstellings van Calvinisme kan uitkom. Neem ‘n teks buite konteks in isolasie van sy omliggende Skrifte en maak vir jou ’n voorwendsel. Verdraai die konteks; dit is die enigste manier hoe hulle dit kan doen. Dit is baie verontrustend wanneer mense hierdie dinge doen. Ons kan dit van Mormone en die JW’s verwag, hulle kan nie aangaan as hulle dit nie doen nie. Ek verwag dit van die Roomse Kerk en ook van nominale Protestante. Maar God verwag iets baie beter van mense wat bely dat hulle weergebore Christene is.

Teks, konteks, omliggende teks, kom ons kyk na van die Calvinistiese Skrifte in die lig van die konteks en omliggende Skrifte.

Romeine 9 vers 10-18. Die eerste leuen van Calvinisme.

“En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka (Rivka) was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.”  Sien jy, sê hulle: “God het sommige vir die Hel en sommige vir die hemel geskape.”

Kom ons lees aan: Rom. 9:19-21: “Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?”

Jy sien, sê hulle: “God is die pottebakker met die klei, hy maak een vir die hemel en een vir die Hel.”

    Dit is wat die Calviniste jou vertel- is dit nie? Kom ons kyk nou na die teks in konteks en die omliggende teks uit die Ou Testament. Die konteks is die profetiese en reddende verhouding teologies tussen die Kerk en Israel. Die verhouding tussen Israel en die Kerk is die konteks en tema van Romeine 9, 10 &11. Dit pas perfek in en is ’n opvolg van wat Paulus vroeër gesê het, “Jakob het Ek liefgehad maar Esau het Ek gehaat.”  Kyk na Genesis 25. Kom ons kyk nou na die omliggende teks: Rebecca (Rivka) is verwagtend.

Genesis 25:23: “En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam;..”

Jacob en Esau is twee verenigde solidariteite, ’n verpersoonliking van die Joodse en Arabiese nasies. Wat ‘n feit is, dit wat ons vandag in die Midde-Ooste sien gebeur gaan profeties terug na die stryd in Rivka se baarmoeder. Hier word gepraat van nasies en nie enkel- individuele persone nie- “Die pottebakker EN die klei.” Kyk na Jeremia 18, na die Pottebakker en die klei.

Jerm. 18:1-10: “Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak. En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk--soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!  [Die Here praat nie hier van enkelinge nie maar van nasies] “In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen. En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant; maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.”

Drie dinge, een, hier word gepraat van nasies en nie van ’n enkeling nie. Beide Romeine 9, 10 en 11 praat van nasies en nie enkelinge nie en die omliggende teks van Jeremia praat ook oor nasies en nie oor individuele mense nie! Augustine het een woord in ’n teks verander en dit het die konteks verander, hy sê: “Die saailand is die Kerk in plaas van die wêreld.” Al wat jy moet doen is verander een woord. Rodney Howard-Browne het dit met Korinte gedoen: “Hy sê: “Die natuurlike mens verstaan nie die dinge van die gees nie.” Nee, daar staan die natuurlike “epsuchikos” – (intellektuele ) mens verstaan nie die dinge van die gees nie. Natuurlike mense is ongeredde mense. In die narre video van Browne en Copeland verander hy mind na mens “ Wat hier gesê word is dat ons nie hierdie dinge rasionaal moet probeer bedink nie. Hy verander een woord en gee dit ’n heel ander betekenis. Augustine het dit gedoen en die Calviniste het dit gedoen. Die duiwel is skerp. Hierdie mense hou daarvan om op een teks te fokus om dit wat hulle glo te ondersteun, net soos met die JW’s of die Katolieke met Johannes 6. Maar die Skrifte sê vir ons: “Die som van U Woord is die waarheid.” Teks, konteks, co- teks- anders is alles net ‘n pre-teks.

Daar word gepraat van nasies en nie individuele mense nie, en nie Romeine 9 of Jeremia 18, wat in Romeine 9 verklaar word, praat van enkel persone nie.

Tweedens, die pottebakker maak iets anders uit dieselfde stuk klei. Vervanging teologie? Nee! Die Kerk kom van Israel—dit is presies wat Paulus in Romeine 9,10 en11 sê. God is nie klaar met Israel en die Jode nie; Hy maak ’n Nuwe Verbond met die Huis van Israel en die Huis van Juda,- Jerm 31. Nie alle Calviniste glo hierdie dinge nie, maar ge-indoktrineerde Calvinisme is vervangings teologie. Dit is uiterste staking-isme, hulle glo en leer die Kerk is Israel.

   Meer gematigde Calviniste glo dit nie, maar daar is ander wat dit wel glo. John Piper glo aan die Vervanging teologie.  Wat is die derde ding?

“As die nasies hulle bekeer sal Ek berou hê—letterlik- “Ek sal My bekeer”—“maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.”

God sal nie skeidsregterlik na verderf verwys nie. God skape nie sommige mense vir die Hel en ander vir die hemel nie. Dit word gebaseer op mense se eie aksies en as hulle teen Hom gaan, of hulle tot inkeer kom of nie. God bring nie skeidsregterlik hierdie oordele nie.

Sal ’n God van liefde mense skape om verewig gemartel te word? Dis verskriklik, dis siek! As jy aan slegte dinge glo gaan jy slegte dinge doen, dit is hoekom hulle onskuldige mense as hekse in Salem verbrand het. Sielsiek mense doen sielsiek dinge. Kyk na die Toronto en Pensacola dinge! Kyk na hulle geskiedenis, hulle kan dit nie ontken nie.

“Wel, wat van Farao?” Ja, wat van hom? Eerstens, hy is ‘n verenigde solidariteit met betrekking tot Egipte, maar kom ons kyk na Farao. Kyk na Ex. 3:19: “Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur 'n sterke hand nie.”

God het geweet waar Farao was en wat hy besig was om te doen, maar dan...

Ex. 7:3: “En Ék sal Farao se hart verhard...” God het nie Farao se hart skeidsregterlik verhard nie, God het hom net oorgegee nadat hy self sy hart verhard het. Net soos in Romeine 1 met die homoseksuele en lesbians, God gee hulle oor aan hierdie dinge. God het hulle nie voorbeskik om so te wees nie; God sê moenie so wees nie! Dit is waarom die Arminiane daarteen gereageer het. God doen dit nie skeidsregterlik nie. Calvinisme, net soos Islam, maak van God die outeur van boosheid. Dit is hoekom die Arminiane teen hierdie dinge ge-reageer het, hulle maak God die outeur van sonde en dood.

Kyk na Ef.1:5-8: “..God voorbeskik (He predestined) [Die Griekse woord is baie interessant- proorizo. In 1 Petrus, voorbeskik—van die Griekse woord proginosko, soos die mediese term]

“--deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,..” 

Dieselfde in Titus 1:1: “Paulus, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes (elektos) van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,..”

Wanneer daar gepraat word van uitverkiesing is dit altyd meervoudig, die enigste enkel persoon wat uitverkies is, is Jesus. Hy is God se enige uitverkorene. As ons in Christus is dan is ons verewig uitverkies as gevolg van die Kerk wat die Liggaam van Christus is. As jy met ’n ryk man trou dan is jy ryk. Een vlees een Liggaam van Christus, Sy Kerk saamgevoeg in Christus.

As jy jou man verlaat en iemand anders gaan soek wat sleg is dan is jy nie meer ryk nie, dit is altyd verewig, altyd!

Kyk na Romeine 11:28: “Wat die evangelie betref, is hulle [Israel] wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.”  Dink aan Israel. Israel was en bly ‘n uitverkore nasie, niks kan dit verander nie.

Rom. 11:29: “Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.”  Die stakings dwaling en die dwaling van die Vervanging teologie is twee aspekte van dieselfde verkeerde denke. Daar is nie hoofstuk onderbrekings in die Griekse Teks nie. Hoofstuk 12 praat van gawes van die Gees en dit sluit die Charismatiese gawes in. Voor dit word daar gepraat van Israel en die Kerk. Die dwaal idee dat God klaar is met die gawes is dieselfde dwaal idee dat God klaar is met die Jode. Dit is twee aspekte van dieselfde verwronge denke. Israel bly die uitverkorene, maar dit is net die Jode wat Jesus as hulle Messias aangeneem het wat deel is van die uitverkorenes. Die ander is afgesny van hulle boom.

    Nie–Jode wat Jesus aangeneem het is ingeënt aan die boom en so is hulle deel van die uitverkorenes, maar Israel bly die uitverkore. Dit is altyd ‘n vereniging en nooit individueel nie. Die enigste manier waardeur ’n enkeling deel kan wees van die uitverkorenes is om deel te wees van die verenigde groep. Die enigste manier hoe jy kan voordeel trek van ’n polis is om jou premies te betaal en om by die reëls te hou, so kan jy verseker weet jy is verseker. Jy moet in die plan bly om voordeel te trek.

Kol. 3:12: “Beklee julle dan, as “uitverkorenes- (elect)” 1 Tim.5:21: “Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.”

God is nie partydig nie en net so is dit God se wil dat ons ook nie partydig moet wees nie. God is bereid om enige persoon te vergewe, om enige persoon te red. Ja, Israel is ’n uitverkore nasie maar jy kan deur geloof ‘n nakomeling van Abraham word. Jy kan deur ’n tweede geboorte ‘n mede-erfgenaam word saam met gelowige Jode, maar Israel bly die uitverkore.

Rom. 8:33: “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God?”

Dit gaan nie oor my en jou nie, dit gaan oor ons! As jy vir ’n besigheid werk met ‘n werkers unie moet jy om voordeel te hê van die kontrak ‘n lid wees van die unie. As jy nie ‘n lid van die unie is nie dan kan die unie niks vir jou doen nie.

Nou, soos wat ek dit sien is unies iets wat goed begin het maar wat sleg geëindig het. Soos wat ek dit sien gaan dit vandag meer om mense uit te buit as om mense te help, soos die feministiese beweging. Dit het goed begin en toe word dit iets wat vroue onderdruk. Maar om voordeel daaruit te kry moet jy deel wees daarvan. Die verskil is, God sal nooit teen mense draai wat Hy wil seën nie. Luk. 18:7: “Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes nie.” [verenigde liggaam]. Dus as jy geregtigheid soek moet jy deel wees van die uitverkorenes.

1 Tes. 1:4:  “--omdat ons weet van julle verkiesing, (julle- meervoud) 2 Pet.1:10: “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak;..”

Maak seker van die jou roeping en verkiesing. Maak seker jy is deel van die uitverkorenes!

Het jy jou premies betaal? Ja, jy is gedek. Het jy jou gelde betaal wat jy verskuldig is? Ja, jy is onder beskerming. Maak seker—wandel jy saam met Christus? Ja, dit gaan goed met jou, jy is gedek. Jy kan seker wees van die ewigheid, maak net seker jy hou by die reëls, verseker jou uitverkiesing.

Wel, wat van voorbestemming? Goeie vraag! Wat daarvan? Wat beteken dit regtig?

2 Tim. 1:9: “God wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,”

Voorbestemming het te doen met ons roeping! Wat ek nou doen is iets wat God my voorbestem het om te doen. Wat jy doen, jou bediening, wat ook al waarvoor God jou geroep het om te doen, is waarvoor jy voorbestem was om te doen. Voorbestemming het te doen met roeping; dit is nie dieselfde as redding nie. Ons was gered om hemel toe te gaan maar ons is ook gered om ’n roeping waarvoor ons in hierdie lewe voorbestem is te vervul.

As ek nie voorbestem was om dit wat ek nou doen nie te doen nie dan was ek heel waarskynlik ‘n besigheidsman of miskien in die musiek bedryf, of ’n mediese wetenskaplike, maar ek was voorbestem om dit te doen. Wat jy ook al doen, jy is voorbestem. Voorbestemming het te doen met jou roeping. Of ons nou getrou is om daardie roeping te vervul of nie, dit is ’n ander vraag.

Daar is geen Skriftuurlike bewys dat God sommige mense voorbestem het om hemel toe te gaan en ander om Hel toe te gaan nie, daar is ook geen bewys waar ‘n individu uitverkies is nie, tensy hy deel is van ‘n verenigde liggaam. Paulus sê ons moet hierdie dinge vasmaak, maak seker van jou uitverkiesing. Dit is nie wat die Roomse Kerk sê nie, ook nie die Calviniste nie.  Die Liggaam van Christus is uitverkies.

     Israel is die uitverkore nasie maar die meeste Jode gaan van Israel afgesny word. Net so is die meerderheid mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Christene is Skriftuurlik nie Christene nie, hulle is in die Christendom, maar hulle is nie in Christus nie. Hulle is in iets sosiologies, hulle is in iets teologies, hulle is in iets tydelik, hulle is nie in iets geestelik en ewig nie. Dit is soos om by die Obama care aan te sluit maar jy betaal nie jou premies nie sodat die politikusse kan sê jy het aangesluit. Dit beteken niks, dit het absoluut geen betekenis in die werklike wêreld nie. Dit is alles ’n leuen, misleiding om jou te laat dink dit is waar. Daar is ’n groot verskil tussen om in die Christendom of om in Christus te wees. Dieselfde met die Jode. “As julle Moses geglo het dan sou julle My ook geglo het.”

As ‘n Jood werklik die Tora geglo het, as hy Moses en die profete geglo het, dan sou hy geweet het dat Jesus die Messias is. Ek het dit al baie keer gesê, die probleem met ongelowige Jode, en weereens my familie is Joods,-- dit is nie dat hulle die Here Jesus verwerp nie, dit is nie omdat hulle nie aan Jesus glo nie, dit is die resultaat van die probleem. Die probleem is, hulle glo nie Moses en die Profete nie, hulle glo nie die Tora nie. Dit is nie dat hulle nie aan die Nuwe Testament glo nie, dit is die resultaat van die probleem. Die probleem is hulle glo nie aan die Ou Testament nie omdat as hulle die Ou Testament geglo het dan sou hulle geweet het dat die Nuwe Testament die Waarheid is!

As hulle werklik in Moses geglo het dan sou hulle geglo het dat Jesus (Yeshua) die Mashiach- Messias is. Hulle is Joods maar hulle is nie in die Israel van God nie, soos wat Galasië sê, hulle is in Israel maar hulle is nie in die Israel van God nie. Baie Christene is in die Christendom maar die meeste van hulle is nie in Christus nie. Die uitverkorenes is altyd ’n verenigde liggaam.

Dit is soos ’n persoon wat oor die Engelse Kanaal probeer swem. Hy swem van Calais in Frankryk na die wit klowe van Dover in Engeland en ’n stormwind kom op en hy raak uitgeput. Die soutwater en die koue vat aan hom en die storm en die golwe raak baie moeilik, die weer raak so sleg dat hy nie meer die wit klowe van Dover kan sien nie. Hy kan nie terug swem na Frankryk toe nie ook nie na Engeland toe nie en hy besef hy het ’n groot probleem, hy is besig om te verdrink! Dit maak nie saak wat se sterk swemmer hy is nie, sy kragte is besig om in te gee en hy weet hy gaan dit nie maak nie en hy roep na die Here en uit die wolke kom daar ‘n stem en ’n Joodse Man sê: “Het jy na My geroep?”

Ja, Here, red my asseblief. Die Here sê vir hom- “besef jy, jy kan nie jouself red nie en dat jy absoluut gedoem is, jy is dood?” “Jy wil hê Ek moet vir jou iets doen wat jy onmoontlik nie vir jou self kan doen nie en jy staar die dood in die gesig! “Ja Here, kan U dit vir my doen, ek sal enigiets doen wat U sê!”  “Is jy seker?” Ja, Here.” “Trek dit aan!” En die Here gooi vir hom ’n reddings baadjie. Soos wat Jesaja sê: “ki elbish•ni bgdi isho moil tzdqe.”- Hy het my met ’n kleed van saligheid en geregtigheid beklee-- God se reddings baadjie.

“Trek dit aan!” “Goed Here ek trek dit aan, wat moet ek nou doen Here?” “Hou aan swem!”

Die Here sê nie werk vir jou saligheid nie; jy kan dit nie verdien nie, dit is ’n geskenk. Die Skrifte sê: “--werk julle eie heil uit met vrees en bewing;” (Fil. 2:12) Die Here sal dit nie terug vat nie, maar as jy dit self uittrek dan hoop ek jy is ’n baie goeie swemmer.

Maar jy moet nog steed iets doen met dit wat jy ontvang het en dan kan jy seker wees jy gaan dit maak, jy het God se versekering, jy gaan hemel toe! Kan ons dit verdien? Nee ons kan nie, dit is ‘n gawe, ’n geskenk- maar ons moet daarop reageer.

Die ander voorbeeld is die van ’n klein seuntjie wat model oorlogskepe gebou het. Jy moet die instruksies lees -die Woord van die Here—ons moet dit uitwerk.

Nee, jy werk nie daarvoor nie, jy werk dit uit. Dit is baie eenvoudig; maklik, teologies, maar filosofies raak dit ’n probleem. Calvinisme is filosofies en nie werklik teologies nie. Johannes Calvyn was ’n 16de eeuse humanis. In ’n mate is dit geestelik, dit het dieselfde gees as Islam, Insha’ Allah—Alles wat gebeur is God se volmaakte wil. Nee! Dit is nie waar nie!

    “Glo jy nie dat God soewerein is nie?” Hy is so soewerein Hy kan Sy eie soewereiniteit beperk. Ons kan God nie beperk nie, maar Hy kan Homself beperk. Uitverkiesing is altyd liggaamlik en nie individueel nie.

God beperk Sy soewereiniteit. Hy gee vir ons seggenskap in die saak omdat Hy verkies om dit te doen. God wil seuns en dogter hê en nie robotte nie. Hy kon robotte gehad het maar Hy wil nie robotte hê nie Hy wil kinders hê. Hy beperk sy eie soewereiniteit. Niemand kan God beperk nie, maar Hy kan Homself beperk.

God is so magtig en soewerein dat Hy Homself kan toelaat om dinge te vergeet. Hy sê dat vir Sy Seun se ontwil sal Hy Homself toelaat om ons sondes te vergeet! God is so magtig en soewerein dat Hy opsetlik en doelbewus Homself kan toelaat om verewig van Sy geheue te beperk.

Een: Jy kan nie leerstellings op opinies bou nie. Twee: Jy kan nie die Skrifte weerspreek met opinies nie. Drie: Jy kan nie afskei oor opinies nie. Calvinisme is skuldig aan al drie.

Hoe meer iemand Calvinisties is, hoe groter is die verval. Dit verwoes mense geestelik en ook sielkundig. Die ware tragedie is as gevolg van die Charismania, die neo- Montanisme en mense stroom daarheen.

John MacArthur—“Jy kan die Antichris aanbid en merk van die dier aanneem en nog steeds hemel toe gaan.” Hulle probeer so hard om teen geestelike siek mense op te tree dat hulle nie agterkom dat hulleself besig is om te verval nie.

God Seën

Jacob Prasch