Eenmaal gered altyd gered - 9. Vyfpunt Calviniste sal stem vir alles.

Article Index

Vyfpunt Calviniste sal stem vir alles.

Daar is ‘n vorm van Calvinisme wat net so ketters is aan die een uiterste as wat dit op die ander uiterste is: dit is “hiper-Calvinisme” wat nie net Vyf Punt is nie, maar deur om te sê dat omdat God alreeds die uitverkorenes voorbeskik het- die Kerk, is dit nie nodig om te getuig of om te evangeliseer nie. Mense lag nou daaroor maar dit was die oorheersende denke van die Baptiste in Groot Brittanje totdat William Carey opgestaan het en hulle met die Baptis Konvensie aangevat het. Hy wou sendeling na die Ooste stuur om die heidene te evangeliseer en daar is vir hom gesê, “Broer Carey, sit en wees stil. As God die heidene wil hê dan sal Hy dit doen sonder jou of my hulp.”

’n Ander vorm van ketterse Calvinisme is losbandigheid. Omdat iemand uitgaan en op ’n dag ’n belydenis van geloof bring (Hulle stap uit met ’n Billy Graham uitreik of hulle steek hulle hande op in ‘n diens, of bid ’n gebed agter in die bidkamer) dan is hulle onvoorwaardelik “eenmaal gered, altyd gered” en hulle kan maar aangaan en sondig soos hulle wil.

Die meeste Calviniste sal sê as hulle dit nie doen nie dan is dit die bewys dat hulle nooit gered is om mee te begin nie. Maar daar is ander wat sal sê dat al het hulle teruggeval, as hulle regtig die geloof belydenis afgelê het dan maak dit nie saak nie, hulle gaan nogtans gered word; dit is net hulle werke wat sal verbrand. (1 Kor. 3:12-15) Dit is ketters.

Maar dit is nie wat die mens se werke wat sal verbrand- beteken nie. Dit verwys na die dinge wat ons in die vlees doen wat nie deur God georden is nie, die dinge wat “ons doen” om gered te word in plaas van wat ons doen omdat ons gered is. Wanneer ’n Christen gered is dan werk ons nie om gered te word nie, ons werk omdat ons gered is.

Katolieke, Jehovah se Getuies ens. doen werke om gered te word; Evangeliste doen dit omdat hulle gered is, maar baie van die werke wat ons doen is natuurlik in die vlees en baie van ons doen meer wêreldse en tydelike dinge as wat ons die dinge van God doen, en dit is die dinge wat gaan “verbrand.”

You are here:

Sermons in Afrikaans