Eenmaal gered altyd gered - Inleiding:

Article Index

Inleiding:

Ons ontvang baie briewe by Moriel, baie is negatief maar vir elke negatiewe brief wat ons ontvang is daar ’n dosyn goeie briewe.

Baie briewe is van mense wat daarvan hou dat ons teen die Ekumeniese Beweging en verskeie ander misleiding optree. Dan is daar mense wat sê: “Maar jy lees nie die King James Bybel nie.” “Jy glo nie aan eenmaal gered altyd gered nie,”- “Jy het nie ‘n baie goeie siening van die Reformasie van die Hervormers nie.” Dit is dinge wat vir hulle ‘n probleem raak. Vir my, en vir die meeste van Moriel is dit nie ’n probleem nie. Ek het 'n K.J. Bybel en ek lees hom, dit is nie my enigste Bybel nie alhoewel ek verkies om die geïnspireerde Skrifte in die oorspronklike Hebreeus, Grieks en Aramees te lees en nie die vertalings nie. Ek beklemtoon altyd die belangrikheid van die oorspronklike tale, maar as jy van die K.J. hou, geen probleem.

Ek het nie ‘n probleem as mense sekere dinge anders sien as wat ek dit sien nie. Vir my is die doop van babas totaal onskriftuurlik, maar ek ken mense wat lief is vir die Here wat nie soos ek oor die saak voel nie. Ek is Pre-Millennium, ek verstaan nie hoe iemand wat die Skrifte uit ’n Hebreeuse perspektief lees iets anders as Pre- Millennium kan wees nie, maar ek ken mense wat dit nie so sien nie. Martin Loyd Jones het dit nie so gesien nie en hy was ‘n welbekende Bybel verklaarder en ondersoeker. Hierdie dinge is nie ’n probleem vir my nie net so lank die belangrike dinge van die geloof nie aangetas word nie.

Ek het al baie keer gesê, daar is vier dinge wat my laat afskei van iemand: Wanneer hulle ’n verdraaide beeld van die Here Jesus of die Drie-Eenheid van die Godheid het. Dinge soos onbekeerde immoraliteit, ’n ander manier van redding buite die riglyne van die Evangelie (Soos deur sakramente of iets soos dit). Of ’n Skriftuurlike gesag anders as die Skrifte. As dit nie een van hierdie vier dinge is nie dan kan ek gemeenskap met iemand hê. Ek kan met hulle saamwerk in die Evangelie. Maar baie mense sien dit nie so nie.

You are here:

Sermons in Afrikaans