Eenmaal gered altyd gered - 13. Voorbeeld van ’n Verharding van die Hart.

Article Index

Voorbeeld van ’n Verharding van die Hart.

Farao het sy eie hart verskeie kere verhard, en eers nadat hy sy eie hart verskeie kere verhard het, het God Farao se hart verhard. God het Farao opgewek en hom gebruik, Farao het met baie dinge weggekom. Hy was deur die Egiptenare as ’n god aanbid en God het hom gebruik vir Sy eie doelwitte net om hom te val. Maar dit word nie gesê dat God Farao se hart verhard het totdat hy herhaaldelik sy eie hart verhard het nie.

En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. (Joh. 12:37-40)

Hulle kon nie glo nie, wou nie glo nie en sal nie glo nie.

God se verharding van ’n hart is altyd ’n reaksie van iemand wat sy eie hart verhard. Dit was nie ’n geval van waar God net hulle harte verhard het nie, tot Calvyn het erken dat dit op hierdie spesifieke manier werk en volgens hierdie soort dinamiek. Dit haal nie aan uit die Hebreeuse teks nie maar uit die Septuagint, die Griekse Ou Testament waar die gemoed aanvoegend is. Die subjunktiewe gemoed in Grieks maak voorsiening vir die moontlikheid van,- “sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.”. Die moontlikheid van hulle bekering bestaan nog steeds in die Griekse subjunktief. Meer nog, saam met hierdie aar is daar die idee van “Kom tot bekering.” Die Septuagint vat die Hebreeus en vertaal dit in Grieks.

Kom tot inkeer, “word verander.” In Hebreeus is dit “teshuva.” Die Hebreeuse woord vir bekering en om te verander is dieselfde ding, dit beteken om- om te draai weg van sonde af na God. Die idee dat Hy skeidsregterlik, of deur Sy eie soewereine wil besluit wie dit of dat sal doen, is die resultaat van om net die een kant van die verhaal te vertel. Maar die Bybel praat van iets heel anders. Wanneer Hy harte verhard dan is dit omdat hulle herhaaldelik hulle eie harte verhard het. Hoeveel keer het God nie vir Moses na Farao terug gestuur nie? Maar kom ons kyk verder.

You are here:

Sermons in Afrikaans