Anointing - Afrikaans

DIE SALWING.

Hier word gekyk na die aansprake van verskillende groepe met betrekking tot hulle pogings om herlewing en die meegaande geestelike salwing te weeg te bring, en die Bybelse standaard waardeur ‘n salwing en ‘n herlewing werklik funksioneer.

--Handelinge 2:1-47--:

“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere--ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees? Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.

Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet-- Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.

Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,--het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê:

Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.

En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.

En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Gering en Wagtend, Verraad en Vrees.

En op Pinkster dag word die Boek Rut in die sinagoges gelees, die verhaal van ‘n Joodse man wat met ‘n Heidense bruid getrou het. Dit is die Joodse Fees van Weke- ‘Hag Shavu’ot in Levitikus 23. Dit is die tweede gedeelte van die Pelgrim feeste wanneer die Jode van oor die wêreld sal kom om hierdie fees te vier en die Boek Rut in die sinagoges gelees sal word.

Hierdie spesifieke Pinkster dag was ‘n dag enig in sy soort, in hierdie tyd daar was daar ‘n baie klein kerkie wat bestaan het uit ‘n baie klein groepie mense uit die Joodse populasie wat in die land Israel gewoon het, ongeveer vyf honderd toegewyde volgers van Jesus, en ons kan net van 120 van hulle seker wees wat werklik toegewyd was. Soos wat die lyne al dunner en dunner geword het, het die sirkels konsentries begin krimp: ons het die apostels, die sewentig, die honderd en twintig en dan die ongeveer vyf honderd- ‘n baie klein kerkie.

Maar die kerk op Pinkster dag was ‘n kerk wat gewag het vir iets om te gebeur, hulle het gewag vir ‘n salwing (In Hebreeus ‘mishchah’ en in Grieks- ‘chrisma’) Dit was ‘n kerk wat gewag het vir ‘n salwing maar dit was ook ‘n kerk wat verraai is deur een van hulle eie mense, nie deur ‘n vyand wat voorgegee het dat hy ‘n vriend was nie, maar deur een van hulle eie mense.

Soos wat Judas in die Ou Testamentiese profete beskryf word, haal Jesus aan: “Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.” (Ps. 41:9; Joh. 13:18). Judas was geken as ‘n vriend van die Here.

Daar is twee soorte mense wat baie na aan die Here Jesus gaan wees, dit is mense wat Hom werklik liefhet en mense wat teruggeval het. Dit is wat met die Laaste Nagmaal gebeur het. Aan die eenkant was die apostel wat Jesus liefgehad het en op die sy bors gelê het, maar aan die ander kant was daar Judas, Jesus sal altyd die 99 laat staan en agter die een aangaan.

Teruggevalle en heilige Christene het iets gemeen. ‘n teruggevalle mens word gedurig deur die Heilige Gees herinner om tot bekering te kom, om terug te draai na Jesus. Jesus verlaat nie teruggevalle mense nie, dit is teruggevalle mense wat Jesus verlaat. Met die Nagmaal het Jesus aan Judas ‘n ere plek gegee, Hy gee vir hom die geweekte brood, ‘n teken van aanvaarding en ‘n ernstige versoek om tot bekering te kom.

Maar hoog heilige Christene het dieselfde soort probleem, hulle is ook baie naby aan Jesus, maar hoe nader iemand aan die Lig kom hoe meer word hy bewus van die vuil dinge tot in die kleinste vorm om hom wat ander mense nie kan sien nie. Hoog heilige Christene het gewoonlik nie ‘n hoë dunk van hulleself nie omdat hulle te naby aan Jesus is om so mislei te word. Die vroeë kerk was egter deur een van hulle eie mense verraai, een van die leiers wat deur die Here Self uitgekies was.

Die tweede karaktertrekke van hierdie kerk is dat dit ‘n klein presentasie van die Joodse bevolking was en dit is waaroor hulle so bang was. Die leiers was bang, Jesus het vir hulle gesterf, Hy het vir hulle ‘n belofte gegee, maar Sy leiers is vreesbevange, hulle was ‘n bitter klein groepie. Die ander mense was vasgevang in hulle eie godsdienste. Die Kerk was egter nog nie gesalf nie en ook nog verraai en hulle was bang, ‘n kragtelose kerk, sonder salwing en uitverkoop, maar toe gebeur iets dramaties.

Die Uitstorting van die Gees.

Ons moet die Joodse agtergrond van ‘Hag Shavu’ot’ verstaan. Dit begin met; “Ek sal uitgiet”. Verskillende vloeistowwe verteenwoordig die Heilige Gees in verskillend aspekte.

“Nuwe Wyn” in aanbidding is die vreugde van die Gees. Olie- “Shemen” in Hebreeus- is die salwing van die Gees. Maar die idee van reënwater- vars en skoon water wat uitgegiet word is: “chay mayim” -

-“Lewende water” In Johannes 4 sê Jesus: “Ek sal vir jou lewende water gee.” (Joh. 4:10-14) Maar in Johannes 7:39 sê die Here wat lewende water is: “En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo;” Verskillende vloeistowwe leer ons van verskillende aspekte van die Heilige Gees.

Hierdie reën wys op die uitstorting van die Heilige Gees, die hele idee kom uit verskeie Ou Testamentiese Skrifte en een is Jes. 44:3: “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.” Die uitstorting van water het te doen met die uitstorting van die Heilige Gees.

In Israel het ons die vroeë en die laat reëns, dit kom ooreen met die uitstorting van die Heilige Gees in die begin en die einde van die Kerk. Die resultaat daarvan is die Lente reën wat die Lente oes voorberei en die herfs reën wat die herfs oes berei. Dit het ‘n geestelike ekwivalente.

Die Rabi’s vertel dat die Tora- die Wet – aan Moses gegee was op die dieselfde fees, die Fees van Weke of die Pinkster Fees, maar daar is ‘n verskil, toe die Wet aan Moses op die Berg Sinai gegee is het daar 3000 geval, maar op dieselfde fees toe die Heilige Gees gegee is het 3000 tot redding gekom. Genade is groter as die vloek van die Wet; die een maak die ander uitgedien. Die gemeenskap was onder ‘n vloek maar die uitstorting van die Heilige Gees het die Krag om die vloek te breek en om ‘n oes te gee.

Maar Wie word Gesalf?

Wie word gesalf, is dit die Kerk? Nee! Dit is nie die Kerk nie. Kyk na Hand. 2:32-36:

“Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”

Die Here Jesus was gesalf, nie die Kerk nie! Petrus verwys na Psalm 133. Om Pinkster te verstaan lees Psalm 133-.

'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.” (Ps. 133:1-2)

Aäron is die Hoë Priester. Hebreërs sê vir ons dat Aäron die Hoë Priester ‘n simbool van Jesus is. In die Brief aan die Hebreërs is Jesus ons Hoë Priester. Die olie word deur Moses op Aäron se hoof uitgegiet en dit vloei van sy hoof af oor sy liggaam- oor sy skouers, sy arms, bors en oor sy voete. Om olie op ons hande, skouers, bors en voete te kry moet ons onder die hoof wees.

Een van die redes waarom die liggaam van Christus vandag nie meer gesalf is nie is omdat dit nie onder die Hoofskap van Christus is nie maar onder die hoofskap van die mens. Ons kan ‘n baie handige hand hê, goeie voete, maar dit is nutteloos as dit nie aan ‘n liggaam gebonde is nie, en die liggaam is nutteloos as dit nie onder die hoof staan nie. Die salwing is op die Here Jesus uitgestort en as die Liggaam van Christus nie onder Sy Hoofskap is nie- gaan dit nie gesalf word nie.

Eenheid in die Gees.

Maar daar is iets anders. Wat het gebeur nadat die Kerk Gesalf was? Hulle was soos een, eens in hulle denke, een in die gees. Wat sê Psalm 133? Vers 1: “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Hier word gepraat van die eenheid van die Gees, as daar nie eenheid van die Gees is nie sal daar ook nie ‘n salwing wees nie. Een rede waarom daar vandag nie ‘n salwing in die Liggaam van Christus is nie is omdat daar nie ‘n eenheid van die Gees is nie, daar is ‘n eenheid van mense ja.

In Hebreeus is die Heilige Gees- “Ruach Qodesh”— die Gees van Heiligheid. Daar kan geen eenheid in die Gees wees as daar nie heiligheid is nie. Ek glo aan die Gawes van die Gees, maar dit is ook een van my mees algemene klagtes en dit is dat die vlak van vleeslikheid en ‘n wêreld gesindheid onder Pinkster en Charismate baie hoër is as onder die Baptiste of die Plymouth Broeders of die fundamentaliste.

Van al die kerke in die Bybel was dit nie die wettiese of die nomialistiese Galate, of die deurmekaar Thessalonicense wat deur die Heilige Gees aangekla was nie, dit was die Charismatiese Korintiërs. Vandag is dit dieselfde, as daar nie heiligheid is nie dan is daar ook nie ‘n eenheid in die Gees nie.

Die eerste gebod is:

“Jy mag geen ander gode (vreemde gode) voor my aangesig hê nie.” (Ex. 20:3)

En die tweede gebod in die oorspronklike Hebreeus is: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.--” (Ex. 20:4-5)

In Engeland is daar baie wedergebore Christene wat gered is uit ‘n Roomse Katolieke agtergrond, hulle het die waarheid van die Evangelie gesien, hulle het gesien dat dit waarin hulle opgegroei het en wat hulle geglo het nie dit was wat Jesus geleer het nie. Wanneer iemand hom neerbuig voor ‘n standbeeld en kerse opsteek en vir die dooies bid- word dit in Hebreeus gesien as ‘n vrypostige (bose) gees gesindheid, ‘n uitvoering van heksery, towery, ‘n veragtelike gruwelike sonde.

Om vir iemand in die waan van ‘n Christelike eenheid te vertel hy kan met so ‘n sonde lewe, is dieselfde as om vir ‘n homoseksueel te sê hy kan gered word en homoseksueel bly, of om vir alkoholis te sê hy kan gered word en bly drink! Dit is egter presies wat gebeur.

Daar is geen salwing nie omdat om gesalf te wees beteken om onder Hoofskap van Christus te wees, nie die hoofskap van mense wat dinge leer wat Jesus nie geleer het nie.

Tweedens, die liggaam moet eensgesind wees; eenheid van die Gees is die Gees van Heiligheid. As daar openlik sedeloosheid bestaan, openlike afgodery wat in die naam van ‘n Christelike eenheid bedryf word- dan is daar ‘n groot probleem.

Ek het ‘n boek gelees deur- “Right Honorable George Carey”. (Wat reg en wat eerbaar is sal ek nie nou op ingaan nie, dit is nie my punt nie) Nie te min, die boek word genoem “The Meaning of Orders”, ‘n oproep deur hierdie man wat daarop aanspraak maak dat hy wedergebore is, om met die Roomse Kerk te verenig. Geredde mense wat goed weet dit beteken hulle het die enige ware kerk verlaat.

Daar word verkondig dat mense Hel toe gaan as hulle nie deur belydenis terugkeer na moeder Rome toe nie. Van die Protestante kan ons dit verstaan, hulle weet nie beter nie. So, aan die een kant vertel die kerk dat hulle Hel toe gaan omdat hulle die enigste ware kerk verlaat het terwyl aan die ander kant is kerkleiers van verskillende denominasies besig met ‘n her-vereniging met hierdie kerk en hulle afgodery. Dan vra ons hoekom is daar nie ‘n salwing nie?

Die Gees van Waarheid.

Maar Hy is nie net die Gees van Heiligheid nie, Hy is ook die Gees van Waarheid.

Daar is twee soorte skeidinge. Een soort skeiding is nie van God nie terwyl die ander soort skeiding ernstig van God is. Die soort skeiding wat nie van God is nie is die skeiding wat Bybelse gelowige Christene van mekaar skei. ‘n Skeiding wat van God is- is die skeiding van Bybelse gelowige Christene van diegene wat dit nie glo nie. En nog slegter, daar is mense wat sê hulle glo terwyl hulle lewe nie daarvan getuig nie. Hy is die Gees van Waarheid, Hy is nie die Gees van dwaling nie. Niemand kan die eenheid van die Gees bou op ‘n basis van dwaling nie.

Wanneer mense sê hulle is deur sakramente gered, dat vir die dooies gebid moet word, dat ons in die vae vuur kan gaan boete doen vir ons eie sonde, wanneer dit geleer word en ons sien wedergebore Christene leiers wat sê dit is reg ons kan ‘n eenheid vorm met hierdie mense, dan sien jy die gees van dwaling; dit is nie die Gees van Waarheid nie.

Paulus sê daar gaan verdeeldheid onder ons wees, dit is waar. (1Kor. 11:19) Daar is ‘n verdeeldheid wat van God is. Die Here Jesus sê:

“Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.” (Luk. 12:51)

Ek sien dieselfde dinge in Ierland wat ek in Israel sien. Wanneer ‘n Jood tot redding kom word gesê: “Jy het jou mense verloën” - omdat Christenskap in die Joodse denke met anti-Semitisme en volksmoord en rasse uitwissing geassosieer word. “Jy het jou mense verraai, jy het deel geword van die mense wat ons voorouers uitgemoor het.” Wanneer ‘n Roomse Katoliek tot bekering kom gebeur dieselfde. “Jy het ‘n Protestant geword.” “Jy het deel geword van die mense wat die aartappel skaarste bewerk het, die oorlog misdade van Cromwell, die volksmoord van die Purityne-- die mense wat ons land verdeel het.” Hulle word gesien as verraaiers van hulle eie mense.

Dit is baie moeilik vir ‘n Jood wat tot bekering gekom het om aan sy familie die verskil tussen ‘n Bybelse gelowige Christen en dit wat sy familie dink wat ‘n Christen is- te verduidelik. Net so is dit baie moeilik vir ‘n Roomse Katoliek, spesifiek in Ierland, om die verskil tussen ‘n ware Christen en wat sy familie dink ‘n protestant is- te verduidelik.

Ek weet van ’n geval in Belfast waar ‘n Roomse Katolieke meisie in ‘n Assemblies of God- gemeente tot redding gekom het, ‘n Pinkster kerk, die priester het vir haar gesê as sy nie terugkeer na die ‘heilige moeder van die kerk’ nie, hy haar aan die IRL gaan uitlewer.

Hy is die Gees van Waarheid, Hy is nie die Gees van Dwaling nie. Niemand kan ‘n eenheid van die Gees op dwaling grondves nie. Ek praat nie van die sekondêre leerstellige dinge wat ons almal het nie. Ek praat van die belangrike dinge: Hoe ons gered is, die gesag van die Woord van God, die definisie van sonde.

As dit nie onder die Hoof is nie dan is daar geen salwing vir die Liggaam nie. En as die Liggaam nie in ‘n eenheid met die Gees is nie sal daar ook nie ‘n salwing wees nie.

Vandag is dit dieselfde.

Kyk na die Kerk van ons dag, wat het ons? Dieselfde wat ons op Pinkster gesien het.

In Engeland op ‘n gemiddelde Sondag gaan net 1,2% mense kerk toe en die meeste van hulle is Rooms Katolieke wat glo dit is ‘n sonde tot dood om ‘n R.K. Mis te mis. ‘n “Moeder Sondag- Herdenkings Sondag. Kersfees en ‘Easter’ in Engeland trek die statistiek op na 8%, maar die algemene gemiddeld is 1.2% per maand- en die meeste van hierdie mense is ongered.

Ons is ‘n baie klein minderheid, dieselfde wat op Pinkster met die eerste Christene gebeur het. Tweedens, ons het baie min werklike krag.

Derdens, ons is ook verraai, verraai deur diegene wat as ons leiers getel word.

Ek was altyd ‘n Baptis- ‘n Baptis wat glo aan die Gawes van die Gees, maar ek moes my kerk verlaat alhoewel my kerk agter my gestaan het- omdat die leierskap van die Baptiste Unie by die Ekumeniese beweging aangesluit het om deel te wees van die Roomse Katolieke kerk en die liberale Protestante kerke, dit is wat ek teengestaan het. Ek ken baie mense in die Baptiste kerk wat weet dit is verkeerd maar hulle is te bang om die basuin te blaas en om iets daaroor te sê.

Daar is ‘n organisasie-“The Church’s Ministry to the Jews”, Evangeliese Anglikane. Toe hulle te wete kom dat daar ‘n Evangeliese Aartsbiskop van Canterbury aangestel sou word was hulle baie bly, hulle het gedink:- “Dit is dit, ons het gewen! Halleluja!, dankie Here, vir ‘n getroue leier!” Hy het die Aartsbiskop van Canterbury geword.

Met ‘n radio onderhoud met die hoof rabbi het hy sy teenkanting teen die verkondiging van die Evangelie aan die Jode uitgespel, hy het sy beskermheer status van die kerk se bediening aan die Jode opgesê en so totaal teen alle rede gegaan waarom die Evangelie aan die Jode gebring moet word. Paulus sê die Evangelie is eerste vir die Jood en so ook die oordeel as hulle dit nie aanneem nie. (Rom. 1:16) Maar die Aartsbiskop sê nee! Nie eers ‘n liberaal sou nie so ver gegaan het nie. Dieselfde persoon skryf in sy boek ons moet terugkeer na Moeder Rome.

Ongeveer 2000 Evangeliese Anglikane het ‘n petisie geteken waar hy gevra is om die aanbidding van vreemde gode in Anglikaanse kerke soos die Canterbury Katedraal te stop waar daar Tibettanse monnike (Lamaniste Monnike wat glo dat die Dalai Lama die ‘n verpersoonliking van God is.) Afrika toordokters, Brahmaanse priesters van Hinduïsme, Moslem Imams, Ortodokse rabbi’s ens. saam met die Anglikaanse en Roomse Katolieke geestelikes in Canterbury Katedraal optree.

Nee, sê hierdie wedergebore Christen leier, “Ek respekteer alle gelowe.” In 1 Kor. 10 en Deuteronomium is ander gode duiwels (Gieks—“daiminoi”, Hebreeus- “Shedim” ) Dit is wat gerespekteer word, “ons respekteer alle godsdienste!” Hoekom is daar nie herlewing nie? Hoekom is daar geen salwing nie? Daar is ‘n soort eenheid. Dink daaraan, wat is besig om te gebeur?

In Engeland het twee uit drie mans onder 30 ‘n polisie rekord- ‘n kriminele klagstaat teen hulle.

Een uit elke drie! In die midde stede is dit een uit elke twee mans en in ander streke is dit meer as drie uit vier. Een derde van alle kinders word buite eglik gebore. In sekere gedeeltes van Liverpool is dit twee uit drie- en dit word sosiaal aanvaar!

Misdaad statistiek is deur die dak, in Engeland is daar oor die twee miljoen voertuig inbrake per jaar en dit groei teen 32% / jaar! Dit is wat daar gebeur. Die gemeenskap word in ‘n hoek gedryf. Maar die rede waarom dit met hulle gebeur is omdat die mense wat God geroep het om hierdie dinge te voorkom- nie gesalf is nie. Hoekom is hulle nie gesalf nie? Omdat hulle verraai is, omdat hulle bang is en omdat hulle nie saamstaan nie, daar is nie ‘n eenheid in Jesus nie.

Die weë van die Mens.

Baie mense kom met baie planne na vore om hierdie probleme aan te spreek. Geen regdenkende persoon sal by ‘n venster uitkyk en dink alles is reg is nie. Wigan het die beste rugby span in die wêreld. Niks verkeerd met rugby nie dis ‘n goeie spel, elke Sondag is die stadion vol gepak vir die spel, dis ‘n goeie spel maar dit is net ‘n spel en ‘n miljoen jaar na vandag gaan dit nie saak maak nie, maar die kinders in die stede en dorpe waarvan een uit elke drie in die tronk gaan beland, dit is hulle wat oor ‘n miljoen jaar gaan saak maak!

As daar ‘n “heavy metal” of ‘n ‘strip show’ of ‘n rock band optree wat openlik erken dat dit Satan aanbidding is- word al die kaartjies uitverkoop. En as daar ‘n kerkdiens gehou word waar die waarheid verdraai word en aanspraak gemaak word dat dit ‘n kerk is, is dit presies dieselfde as ‘n strip of rock show. Baie mense sal met baie verskillende idees probeer om hierdie salwing te bekom, wat hulle sê, ons almal nodig het.

Die Charismatiese Beweging in Engeland is ouer as twintig jaar, is daar enige salwing? Waar is die herlewing? Ek is gered met ‘n herlewing, ek het gesien wat herlewing is, ek het gesien hoe duisende hippies tot redding gekom het, mense het oornag radikaal onder die Krag van Jesus verander.

Met Wesley se herlewing in die noorde van Engeland het die gemeenskap radikaal verander, misdaad, sedeloosheid en sosiale ongeregtighede het radikaal verander.

Bouverenigings is oorval vir behuising vir werkers, skoolstelsel, geleerdheid vir die werkerklas het uit hulle nate gebars, dinge soos die Guardian nuusblad en werkers unies is ingestel om menseregte te beskerm, reformasie in gevangenisse en hospitale, slawerny is opgeskort, kinderarbeid is opgeskort (Vier jaar oue kinders wat in Wallis en Newcastle in die myne gewerk het) Dinge wat lewens onder die Krag van Jesus verander het. Dit is Herlewing!

As jy vandag herlewing wil sien, gaan na Koria, Kenia, Brasilië, Indunesië. Maar as jy ‘n lyk wil sien, kom na Westerse wêreld. Kyk na die karaktertrekke.

Gesalf vir Begrafnis.

Lering in die Bybel, in die oorspronklike Grieks is: “didaskein” (Soos Bybel studie) Iets wat “homilia”genoem word (soos in preek) en iets wat geken word as “kerygma”, wat die prediking van die Evangelie is- hoofsaaklik aan die ongereddes.

Dit is Petrus se kerugma, en hy begin praat oor Jesus uit twee aspekte: Die lydendende Jesus wat gekruisig is, en die oorwinnende Jesus wat heers. Dit kom direk uit Judaïsme: “HaMashiach ben Jozef” en “HaMashiach ben David”: Die Messias as die Seun van Josef en die Messias as die Seun van Dawid. Eerstens het Jesus gekom as ‘n lydende dienskneg soos Josef, maar as Hy weer kom, kom Hy as ‘n oorwinnende Koning, soos Dawid.

Met Jesus se eerste koms het Hy gekom as ‘n lydende dienskneg; wanneer Hy weer kom om Sy Millennium Heerskappy op te rig dan is Hy die oorwinnende Koning- soos Dawid. Met ander woorde, voordat Jesus gesalf was om te heers is Hy gesalf vir ‘n begrafnis.

“Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.” (Heb. 2:10)

Jesus het nie nodig gehad om te ly nie, hy het nie ‘n gevalle natuur gehad waarmee God moes deel nie maar hy het ‘n proses deurgegaan wat teoloë ‘kenosis’ noem, en Hy identifiseer Homself met ons alhoewel Hy geen sonde gehad het nie. Vir ons onthalwe het Hy Homself in ‘n posisie geplaas waar God Hom moes vervolmaak deur om Hom te laat ly as ‘n voorbeeld vir ons en om die oorwinning vir ons aan die kruis te behaal.

Voordat Jesus vir heersing gesalf is- is Hy gesalf vir ‘n begrafnis; voordat die Kerk gesalf kan word om te heers moet sy gesalf word vir haar begrafnis. Dit is dus baie maklik om te sien hoekom al hierdie, miskien goedbedoelde (maar onskriftuurlike ) formules vir salwing nie werk nie.

Vandag na meer as vyf en twintig jaar van die Charismatiese Beweging, kan ons sê dat skole beter af is? Is daar minder misdaad? Homoseksualiteit? Egskeidings? Rassisme en haat, sosiale ongeregtigheid? Het lewens verander? Is daar minder seksuele kindermisdade? Gaan meer mense kerk toe? Nee! Daar is baie meer!

Wat kan ons na vyf en twintig jaar wys? Absoluut niks! Afval ja! Ek onthou hoe mense gepraat het van ‘n Charismatiese Hernuwing eenheid, maar was dit ‘n eenheid van die Gees? “Dit maak nie saak in wat se kerk jy is, of wat jou kerk glo nie, as jy ‘n Roomse Katoliek wil wees en vir die dooies wil bid, is dit reg, glo soos jy wil!”

Geen Salwing.

Dan is daar die Noem dit, Raam dit en Eis dit- mense: Voorspoed Geloof- dit is die sleutel! Kyk na Amerika, al sleutel wat hulle vandag het is die sleutel wat hulle in die tronk toesluit (Baie is al reeds gevang, die ander moet nog inkom) Hierdie mense het van wedergeboorte ‘n algemene grap gemaak, tot vandag toe. Voorspoed geloof beweer dit is die geloof wat ‘n salwing te weeg bring. “Glo net broeder, steek jou hand uit en eis dit in die geloof!”

Wel, as jy iets van geloof wil weet, lees Hebreërs 11: Vers 36-40:

“Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.” (“Glo God vir daardie Cadillac broeder, glo God en jy sal ryk word, jou besigheid sal blom! Jou kerk gaan uit sy nate bars!”)

Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel—

(Hoekom? Was dit as gevolg van hulle geloof? )

-- die wêreld was hulle nie werd nie--hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.”

Hierdie mense was uitgeworpe en verarm, siek, niks werd nie- hulle geloof het hulle nie ryk gemaak nie maar brand arm! Hulle het geen hoop gehad in hierdie wêreld nie, maar hulle hoop was gevestig op dit wat gaan kom. Ek sê nie ons moet God vertrou vir armoede nie, maar ons moet God in armoede en in rykdom vertrou.

Hierdie Christene beweer hulle sogenaamde Voorspoed Geloof is die sleutel na die salwing terwyl hulle nie die leer van Christus verkondig nie maar ‘n geloof in geloof.

Gesalf vir heersing? Ja, maar eers gesalf vir ‘n begrafnis.

Denkbeelde van die Mens.

Ek het baie besighede in Engeland en die Amerikaanse kus sien ondergaan, Christene wat probeer het om staande bly wat deur hierdie mense mislei is met die idee van: “Skryf ‘n tjek vir 500 en God sal dit seën en dit vir jou dubbeld terug gee!”-en hulle het dit gedoen. Nou, as God vir jou sê om ‘n tjek vir 500 of 5000- uit te skryf dan doen jy dit- as God dit gesê het- en nie die een of ander geld prediker nie. Die Charismatiese Beweging het baie dinge belowe wat nie gebeur het nie. Hoekom nie? Dit is nie Skriftuurlik nie- daarom is daar ook nie ‘n salwing nie.

Die Voorspoed Geloof Beweging het dinge belowe wat nie gebeur het nie, moenie my glo nie, gaan praat met een van die duisende Christene wat hulle besighede, huise en werk verloor het. Hoekom? Dit is nie Skriftuurlik nie, daarom is daar nie ‘n salwing nie.

Maar die mees patetiese van al hierdie mense en hulle mens gemaakte idees vir ‘n salwing (eintlik twee) is die Restourasie Beweging. Om iets te restoureer moet dit eerstens bestaan om mee te begin. Hierdie beweging het in die laat sestigs begin met Arthur Wallace, hy het baie goeie ding gesê alhoewel baie van dit onskriftuurlik en verkeerd was. Die beweging het vir ongeveer 16 jaar geblom en waar is die herlewing? Hulle kon geen herlewing bring nie omdat hulle probeer het om iets te restoureer wat nooit bestaan het nie.

Eerstens is dit nie die Apostoliese Gesag van die Nuwe Testament nie maar hulle eie weergawe van die Apostoliese gesag. Wat hulle Apostoliese gesag noem is iets wat geken word as swaarhand leiers wat nie in die Nuwe Testament bestaan nie. Hulle het probeer om iets te restoureer wat nie bestaan het nie.

Die tweede ding wat hulle probeer restoureer het is die Koninkryk Nou teologie, die idee dat ons die wêreld vir Jesus gaan oorwin en dat ons Sy koninkryk gaan oprig voordat Hy kan terugkeer. Met ander woorde, Jesus se Wederkoms is afhanklik van ons en ons beweging. Dit is nie afhanklik van Christus as sulks nie en ook nie van God se profetiese plan waarvan Israel en die Jode die hoofrol spelers is nie, dit is afhanklik van ons beweging! Baie mense propageer dit: Roger Forster, Terry Virgo, Gerald Coates. In Amerika is daar Kevin Connor en Rick Godwin. Dit is wat hulle leer, maar waar is die herlewing?

Daar is nie ‘n Hel nie?

Ek glo dat Bybelse gelowige Christene moet saam staan om Jesus Christus te verkondig. Die staptogte vir Jesus lyk na ‘n goeie idee, maar wat maak ons met mense wat hierdie staptogte organiseer en vir mense vertel dat Jesus nie gesterf het om mense van die Hel te red nie omdat daar nie ‘n plek soos die Hel bestaan nie? Mense kan stap waar en wanneer hulle wil maar as hulle dink dat die verlorenis nie in die Hel gaan beland nie moet hulle nie verwag dat God herlewing gaan stuur deur hulle staptogte nie.

Dit is wat Graham Kendrick glo. Die man is ‘n baie goeie liedjie skrywer, maar dit is wat hy glo en verkondig: Daar is nie ‘n plek soos die Hel nie! Dit is wat Roger Forster glo en hulle lei hordes mense met so ‘n filosofie en hulle dink hulle gaan ‘n herlewing bring?

Die Apostel sê: Red jouself van so ‘n krom en verdraaide geslag.” (Hand. 2:40) Hulle weet van die Poel van Vuur wat verewig brand.

Die prediking van Wesley en Spurgeon of enige persoon wat God al ooit gesalf het om herlewing te bring- het gepreek oor die heiligheid van God en die oordeel van diegene wat die Evangelie verwerp. Vandag egter, sê baie leiers daar is nie so plek soos die Hel nie!

Ek het eens op ‘n tyd groot respek gehad vir John Stott. Toe liberalisme sy kroon teologies bereik het hy opgestaan vir die Evangelie en die gesag van die Skrifte. Ek het hom persoonlik gerespekteer maar nie sy Bybelse leer nie. Ek het nie baie gedink van sy preke of boeke nie, maar ek het hom gerespekteer- maar hy vertel vir sy mense daar is nie ‘n plek soos die Hel nie?

Onskriftuurlik.

Dit is die leiers! Hoe gaan- of kan daar ‘n herlewing wees? Dink hierdie mense regtig dat die verval in die samelewing gestop gaan word? Dink hulle regtig dit gaan verbeter met uitvindsels van mense en ‘n valse eenheid? Charismania, Kingdom Now teologie, Restourasie denke of die Ekumeniese denke? Dink hulle dit is wat ‘n herlewing gaan bring!

Die Kingdom Now beweging is al meer as 16 jaar met ons. Ek het onlangs na ‘n video gekyk oor wat gebeur het in die Dokke Arena. Ons weet almal wat met Mnr. Wimber en sy Kansas City Profete gebeur het. Hulle het geprofeteer van ‘n groot herlewing wat sou gekom in Oktober 1990.

Hy het gesê: “Ons is Joël se krygsmag.” ‘n Ander profeet het gesê: “Ons gaan vir ‘n 100% akkuraatheid- niks van hierdie Woord van God sal faal nie.” Wat hy gesê het is dat hy die Woord van God gebring het en dit sou 100% so gebeur. “Ek gee nie om wat enige iemand sê nie, julle gaan ‘n herlewing en ‘n besoek sien.” Dit was ‘n hele paar jaar terug, maar in die laaste 10 jaar, was daar ‘n herlewing? Wat sien ons? Meer moskees en dobbelhuise word gebou as kerke!

Ek gooi nie klippe na iemand of oordeel mense so motiewe nie, ek glo dat baie mense wat in hierdie dinge gevang word dit goed bedoel. Ek glo daar is mense wat met reg baie bekommerd is oor die dinge wat gebeur, mense wat werklik Jesus wil sien, maar die Duiwel weet van hulle goeie intensies daarom sit hy hulle in ‘n doodloop straat.

As ons na die leer van Kenneth Copeland en Kenneth Hagin kyk, na die Raam dit en Eis dit Voorspoed beweging, dan sien ons dit is hulle eie uitvindsels uit hulle eie boeke. E.W. Kenyon proklameer: “Jesus het nie aan die kruis die oorwinning vir ons behaal nie, Hy het dit gedoen toe Hy in die Hel afgedaal het.” Dit is wat hulle glo! Die kruis is nie die kern van hulle teologie nie. Maar kyk hoe aanvaarbaar is dit onder die mense wat hierdie mense op die planke hou en hulle ore laat streel met sulke strooi!

Wat gebeur? Oral is hulle besighede besig om bankrot te speel, die beloftes wat hulle gemaak het kan hulle nie nakom nie. Hulle staptogte en aansprake- “Nou is die tyd vir ons om te beweeg, ons bou ‘n koninkryk van krag en nie van woorde nie.” Maar dit werk nie, waar is die “krag”. Hoekom werk dit nie? Dit is onskriftuurlik!

Mense soos Rick Godwin en David Shearman het seminare gehou soos- “Training for Raining” met dinge soos: “Dankie Here dat U koninkryk met krag en mag voort beweeg”, maar wie se koninkryk is dit? Satan s’n?

Ten minste een derde van die land se jongmense gaan in tronke beland, net ‘n handjie vol mense gaan nog Sondae kerk toe, die meeste van hulle is nie eers Christene nie! Meer Moskees word gebou as kerke! Hinduïsme, Islam, New Age word in die skole geleer. Kinders word geleer hoe om kondome te gebruik! Wie se koninkryk is besig om kragvol op te gaan?

Hierdie mense mag miskien eerbaar in hulle motiewe en intensies wees, maar dit is nie waaroor dit gaan nie, dit wat hulle leer is ‘n groot probleem, is dit Skriftuurlik?

Wat is die Antwoord?

Petrus sê dit wat op Pinkster gebeur het is ‘n skaduwee van wat aan die einde van die wêreld gaan gebeur. Hy het nie gesê ‘dit is dit nie’, in Grieks is dit- “hierdie is soos dit”. (Hand. 2:16) Daar was tekens van bloed en vuur en rook soos in Joël 2, maar dit het nie op Pinkster gebeur nie. Op ‘n manier is dit wat gebeur het ‘n skaduwee van wat aan die einde weer gaan gebeur. Wat in daardie tyd gebeur het vertel vir ons wat aan die einde gaan gebeur. Weereens, aan die einde gaan ons ‘n klein Kerk liggaam sien wat verraai en baie bang gaan wees met vreesbevange leiers wat nie gesalf is nie.

Die sentrale teologie van die Kingdom Now, Manifest Sons of God of die Joël’s Leer, is almal dieselfde. Hulle is betrokke in wat geken word as Gnostisisme. In plaas daarvan om met ‘n Bybel teks te deel in wat dit eksegeties sê word daar in die Skrifte dinge ingelees wat nie daar staan nie met die idee dat dit wat hulle preek ‘n soort van openbarings kennis is, dinge word oor Joël se leërmag gesê wat nie daar staan nie.

Die Woord van die Here deur Joël.

Joël is ‘n profeet wat baie min of basies niks oor sy tyd geprofeteer het nie, hy profeteer byna eksklusief oor die einde van die wêreld. Ons weet hy het begin profeteer aan die begin van die Babiloniese ballingskap of net voor dit, en hy praat van die leërmagte van Babilon, kyk waaroor gaan dit.

“Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—(Hierdie is ‘n eskatologiese verklaring, dit gaan oor die einde van die wêreld.)

-- 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.” (Joël 2:1-3)

(Joël praat van dinge in sy tyd, oor Nebukadnésar se Babiloniese krygsmag maar hy sê dit gaan oor die einde van die wêreld) Die Koninkryk Nou mense sê dit is hulle, hulle beweging, maar kyk wat gebeur met hierdie krygsmag:

“Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil; wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie...” (Joël 2:12-14a)

Met ander woorde, Joël sê as sy mense hulle bekeer sal God hierdie krygsmag terugroep, maar kyk verder wat gebeur met hierdie leërmag:

“Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.” (Joël 2:20) God Self gaan hierdie krygsmag vernietig en John Wimber sê dit is hy, in die werklikheid beteken dit hy sê: “Ons is die sprinkane!”

“En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het--my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.” (Joël 2:25)

Hierdie krygsmag is God se leërmag, maar Nebukadnésar se Babiloniese krygsmag is ‘n bose leërmag!

Wat ons sien is die manier waarop God Sy mense oordeel en soos dit nog altyd is bring God ‘n bose mag, ‘n bose leërmag, in hierdie geval, teen hulle om hulle te dwing om tot bekering te kom. God het nog altyd met Israel op hierdie manier gedeel, dit is die konteks! Dit is Bose leërmag wat God Self gaan vernietig en dit is waarop die hele Koninkryk Nou beweging se filosofie gebou is!

Herroeping van oordeel.

Maar wat gebeur te midde van al hierdie voorspellings van dood en verwoesting?

“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” (Joël 2 :28-29)

As daar bekering en ‘n terugkeer na God is, dan stort God Sy Gees uit en herroep Sy oordele.

Dit is die sleutel na Die SALWING

Dit is die SLEUTEL wat die Koninkryk Nou mense moet bekom, wat hulle onskriftuurlike beloftes nie kan lewer nie.

Dit is die SLEUTEL wat die Ekumeniese Beweging moet bekom, wat hulle onskriftuurlike beloftes nie kan lewer nie.

Dit is die SLEUTEL wat die Voorspoed geloof mense moet bekom, wat hulle onskriftuurlike beloftes nie kan lewer nie.

Dit is die SLEUTEL wat die Charismatiese mense moet bekom, wat hulle onskriftuurlike beloftes nie kan lewer nie.

Die Kerk is nie Joël se krygsmag nie, Joël se krygsmag is dit wat die kerk oordeel. As ons ons bekeer en terugkeer na die Woord van die Here, dan sal God Sy oordeel herroep en Sy Gees op ons uitstort.

DIT IS DIE SLEUTEL!

Dit is wat in die vroeë Kerk gebeur het en dit is wat vandag gebeur. Ons is verraai, ons is min en ons is vreesbevange, ons leiers is bang en ons is sonder ‘n Salwing, alles is besig om in duie te stort.

Daar is net een hoop- Of ons bekeer ons of ons sterf in ons sonde! God seën julle.

James Jacob Prasch.

J.P Moriel / 09 / 2012/ vertaal

You are here:

Sermons in Afrikaans