Welcome to Moriel Ministries...

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate believers one in Jesus the Messiah and is committed to the evangelization beginning with the Jews and also people of other faiths including Islam, Hinduism, Buddhism, and theologically deviant expressions of Christendom including Roman Catholicism (which we view as aberrational much as we deem Talmudic Judaism to be likewise largely unscriptural).

This Generation - Afrikaans

 Hierdie Geslag!

Mat. 24:34‐: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.”

Hierdie vers en die woorde: “Hierdie Geslag” uit die Olyfberg rede het al tot baie spekulasies, misverstande, profetiese uitlatings en voorspellings aanleiding gegee wat nie gewerk het nie.

Die word aangeneem uit die verhaal van die Eksodus dat die geslag wat in die woestyn omgekom het veertig jaar geduur het, dit sou beteken dat ‘n Bybelse geslag dan veertig jaar moet wees.

Hierdie idee was deur Hal Lindsey in sy groot verkoopstuk “The Late Great Planet Earth,” uitgedra waar hy gespekuleer het dat iets apokalipties in ‘n veertig jaar siklus vanaf die geboorte van Israel moet gebeur.

Die Gees van Waarheid en die gees van dwaling

Daar is twee weergawes van die foutiewe verklaring van die woord “hierdie geslag”? Die eerste gaan oor ‘n beweging met hulle Post Millennialisme siening en hulle moderne volgelinge, die Koninkryk Nou en die Oorwinnaars bewegings (Die dwaling dat die Kerk die wêreld moet oorwin voordat Christus kom om Sy Koninkryk op te rig, Christus sal kom vir ‘n triomferende kerk.) Dit is egter ‘n direkte teenoorgestelde wat die Woord van die Here leer. Jesus kom nie VIR ‘n triomferende kerk nie maar MET ‘n triomferende kerk, ‘n Kerk wat weg geraap is. Dit is die SAAD van die vrou wat die slang se kop verbrysel en nie die vrou, die Kerk nie. Romeine 16:20: “En die [God van vrede] sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.?” Dit is die Wederkoms van Jesus wat die finale oorwinning ‘n finale oorwinning maak.

Post? Millennialiste vergeet dat die vroeë Apostoliese kerk voor die Raad van Nicia byna almal pre millennialiste was. Daar was ketters soos Soirthis, wat ‘n pre millennium volger was, maar daar is geen indikasie dat die apostoliese kerk geglo het aan enigiets anders as dat daar ‘n letterlike Millennium regering van die Here Jesus sal wees nie.

Nadat Konstantyn die Romeinse Ryk verchristen het en die kerk deur Augustinus van Hippo geplatoniseer is om die sogenaamde verchristening van die Roomse Ryk te akkomodeer, het hulle ‘n nuwe Eskatologie nodig gehad; ‘n nuwe leer basis om die Laaste Dae te verklaar. Terwyl Jesus gesê het dat Sy Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie het die “Christendom” gesê o’ ja dit is! Dit is die oorsprong en die basis van die dwase denkrigting van die post millennialisme.

Inderdaad sal die sagmoediges die aarde beërwe, maar as daar nie ‘n aarde is nie hoe sal hulle dit beërwe? En vir die idee dat die kerk die aarde gaan oorneem, en dat Satan alreeds vir ‘n duisend jaar gebind is, moet daar gevra word: Wanneer het die duisend jaar van vrede dan begin?

Diegene wat Augustinus volg glo nie aan die Y2K nie maar aan Y1K? die dwaling dat Christus sou teruggekeer het aan die einde van die eerste Millennium. Met die aanbreek van 999 n.C. het mense begin om hulle grond, geld en kastele, ens. aan die Pous en die kerk te gee. Ons weet egter dat Jesus nie in 999 n.C. onder Pous Sylvester gekom het nie, en niemand het hulle geld terug gekry nie! Dieselfde mense, soos Gary North in Amerika, het begin om die idee van Y2K aan te blaas met wilde dwase spekulasies oor die wederkoms van Christus. Daar was mense soos Brae in Amerika, en ander wat probeer het om te beweer dat die gebeure van die Olyfberg rede totaal in vervulling gekom het in 70 n.C. met die verwoesting van Jerusalem.

Hulle het beweer dat “ Hierdie geslag” moet diegene insluit wat in die lewe was toe Christus op die aarde was en wat die vernietiging van die Tempel gesien het. Dit sou ongeveer 40 jaar later gewees het wat hulle sou gepas het. Maar in vers 21 sê Jesus dat daar ‘n Verdrukking sal wees wat van die fondasie van die wêreld af nie sal wees nie en ook nie weer sal wees nie.

Daar was ander verdrukkinge vir beide die Jode en die kerk wat baie swaarder was as dit wat in 70 n.C gebeur het toe die Romeine die tempel verwoes het, so het hierdie verklaring deur die toets van die geskiedenis gefaal. By dit alles is die Olyfberg rede nie net Mat. 24 nie maar Mat. 24 en 25. In 70 n.C. het Jesus nie die bokke van die skape geskei nie ook het die Here nie aan die mense hulle ewige beloning gegee wat gebaseer word op dit wat hulle met hulle talente gedoen het nie.

Wat seker is? is dat die dinge wat in 70 n.C. gebeur het ‘n voorspel, ‘n skaduwee was van dinge wat in die laaste dae gaan gebeur daarom is dit belangrik om dit te bestudeer.

In 70 n.C. was die kerk uit Jerusalem gered onder die leierskap van Simeon, ‘n neef van Jesus wat Pastoor was van Jerusalem nadat die Apostel Jakobus gemartel was. Hulle het gevlug na ‘n plek met die naam van Pella wat ook ‘n tipe was van die wegraping, net soos wat dit gebeur het op Pinksterdag is dit ‘n voorbeeld wat in die laaste dae gaan gebeur. Maar nie dit wat Joel gesê het en dit wat ons lees in Handelinge 2, ook nie dit wat ons lees in Mat. 24:29 het in 70 n.C. gebeur nie: ??“die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie??” dit het net gedeeltelik in vervulling gekom. Daar was ook nie ‘n unieke Groot Verdrukking voor of na 70 n.C. nie, dit is dinge wat nog gaan kom wat gebaseer is op die gebeure van 70 n.C. met die uiteindelike vervulling met die Wederkoms van Jesus.

Die gelykenis van die vyeboom en die ander bome

Die ander misverstand met betrekking tot “hierdie geslag” is die pre? millennialiste wat besef dat dit ook ‘n toekomstige betekenis het en hulle gebruik dit om datums te bepaal. Hulle glo met reg dat daar ‘n toekomstige vervulling van die Olyfberg rede gaan wees, dat daar ‘n Antichris sal wees, ‘n terugkeer van die Jode na Israel, en ‘n toekomstige 1000 jaar regering van Jesus op die aarde.

Hulle neem die gelykenis van die Vyeboom in Mat. 24:32?34 “??? Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.” En hulle gebruik die veertig jaar konsep in die Eksodus vir ‘n geslag as basis en die feit dat Israel in Mei 1948 weer ‘n volk geword het en dan bereken hulle: 1948 na ‘58 na ‘68 na ‘78 na 1988 en kom tot die gevolgtrekking van ‘n datum vir die Wederkoms. ‘n Persoon met die naam van Edgar Whisenant het ‘n boek geskryf: “88 Reasons Why the Rapture Could Be in 1988.”

In 1987 op Yom Kippur, die Joodse dag van Ootmoediging was daar ‘n Baptiste fundamentalis prediker van Amerika wat op Speakers Corner in Londen gestaan het en vir Moslems vertel het dat hy binne 48 uur weg sal wees, en natuurlik was hy na die datum nog daar, hy het ‘n openbare gek van homself gemaak en vernederd die land verlaat. Maar die volgende jaar het dieselfde man weer na vore gekom met nog ‘n datum, hy het gesê: “Dit was nie in 1987 nie maar 1988” Hierdie mense was nie hierdie hiper charismate nie, hulle was fundamentele Baptiste! Hulle het gekke van hulleself gemaak deur om datums vir die Wederkoms te bepaal wat nie gewerk het nie en daarmee het hulle ook ‘n bespotting van Bybelse Profesie gemaak.

Baie mense verstaan dat die hergeboorte van Israel die Vyeboom is wat begin bot, maar is dit?

Daar is geen twyfel dat die terugkeer van die Jode na die nasie Israel ‘n profetiese merkwaardigheid is nie; die verhoog word opgestel vir die Groot Verdrukking ? ha tekufot tsorat Yacov – soos wat Jeremia die profeet sê: “? 'n tyd van benoudheid vir Jakob? (Jer. 30:7) Daar is geen twyfel dat Israel deur die Antichris mislei gaan word nie. Daar is ook geen twyfel dat Israel weer terug gekeer het vir wat Daniël sê die 70 ste Week nie, daar is geen twyfel dat hierdie dinge besig is om te gebeur nie. Maar is hierdie dinge die enigste betekenis van die vyeboom? Het hierdie beeldspraak dalk ‘n ander betekenis?

Wanneer die Heilige Gees ons ’n meervoudige weergawe gee van dinge dan moet ons dit deeglik ondersoek, biddend en ons moet alles bestudeer in die lig van vergelyking van al die weergawes.

In hierdie geval het ons nie net Mat. 24 en 25 nie maar ook Lukas 17, 21 en Mark 13. Jesus het nie gesê: “Wanneer julle die vyeboom sien”? punt? nie! Hy wys vir ons: Leer die gelykenis van die

vyeboom EN die ander bome, nie net die vyeboom nie. Die gelykenis van die vyeboom en die ander bome kom van uit Boek Rigters 8?9.

Die seuns van Gideon, 70 van hulle, was deur Abimeleg uitgewis en net Jotam, wat die gelykenis van die vyeboom en die ander bome geken het? het die bedrieër herken.

“Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!” (Rigt. 9:14) Die Steekdoring wou omdat die olyfboom dit nie wou doen nie omdat die wingerdstok dit nie wou doen nie. Aan die einde maak die ongeloof en ontrouheid van God se mense die ‘n pad oop vir die bewind van die Antichris. Dit is die uiteindelike betekenis van die vyeboom.

In Judaïsme is die vyeboom ‘n metafoor van die boom van die lewe ? Eytz Hayim? dit wat ons sien in ‘n millennium konteks van Esegiël 47 en die skeppings verhaal in Genesis, en dit wat ons sien in die einde van die Boek Openbaring. “En die blare van die boom is vir die genesing van die nasies.” In die Bybel is vyeblare ‘n metafoor vir goeie werke. Ongeredde mense sal altyd probeer om hulleself te regverdig deur hulle goeie werke.

Elke “godsdiens” is vasgestel op ‘n werke gebaseerde regverdigheid. Die regverdigheid van die Evangelie is nie gebaseer op werke nie, Christene doen nie goeie werke om gered te word nie, hulle doen goeie werke omdat hulle gered is.

Daar is meer aan die vyeboom as die nasie van Israel maar die hoof aspek van Israel met betrekking tot die Vyeboom is dat Jesus die vyeboom vervloek het. Hoekom? Omdat hy blare gehad het maar nie vrugte nie. Israel het die werke maar nie die vrugte van die Heilige Gees nie.

Die blare verskyn gewoonlik dieselfde tyd as die vrugte. In die Midde Ooste sal die son die vrugte verbrand as die blare hulle nie beskerm nie. Geloof sonder die werke is dood. Maar dit was nie die seisoen vir vye toe Jesus gekom het nie! Die Seun van die Mens kom op ‘n tyd dat niemand dit verwag nie.

Maar die dag en die uur weet niemand nie

Jy kan nie die Wederkoms van die Here bereken op die basis van ‘n geslag van 40 jaar nie, ook kan jy nie die dag bepaal op die basis van die hergeboorte van Israel nie. Ons kan ook nie spekuleer dat dit net Jerusalem beteken nie en begin bereken vanaf die tyd dat die nasies nie meer Jerusalem sal vertrap nie. In 1967 het die Jode beheer gehad oor die Tempelberg, dus vanaf 67?77, na 87 na 97? dus sal dit in 2007 wees en sal Jesus terug wees omdat Jerusalem nie meer deur die Nasies vertrap is nie.

Maar Jesus het gesê totdat die tye van die nasies vervul is, maar Jerusalem is nog steeds onder die voete van die Heidene. Die Israeli Generaal Moshe Dayan het ‘n eensydige beheer oor die Tempelberg aan die Moslems gegee. Die Moskee van Omar, met ‘n opskrif uit die Koran wat sê:

“God het nie ‘n Seun nie”? is op die Tempelberg, net so die Moskee van Al?Aqsa. Dit is nog steeds onder die voete van die Heidene, die tye van die nasie is besig om uit te loop? maar dit is nog nie verby nie.

Na hulle Soort

Dit is nooit wys om te spekuleer oor die Wederkoms van Christus nie en die korrekte verklaring oor “hierdie geslag” het komplikasies. Ons het die Hebreeuse woord Dor en Min?Dor la Dor? “van geslag tot geslag.” Dor is ‘n biologiese geslag; Min is? “van ’n soort” soos verwys na die Boek Genesis.

God het die spesies na hulle soorte geskape? let op die onmoontlikheid van Darwinisme.

Daar is absoluut geen bewyse dat ‘n hersaamgestelde DNS oor die genus grens in die natuurlike omgewing verander nie, en nou dat die Mens begin het om betrokke te raak in biogenetiese ingenieurswese en die oordrag van DNS oor die genus grens? loop ons die gevaar om monsters te ontwikkel. Dinge kan baie maklik verkeerd loop en alle dinge wat die gevalle mens vir boosheid kan gebruik? sal hy gebruik!

Kan kernkrag energie vir ‘n goeie doel gebruik word? Ja, maar die gevalle mens sal dit ook vir verkeerde dinge gebruik, dieselfde met biogenetiese ingenieurswese. Die wêreld is in die hande van die Bose.

As hulle spesies kan kloon of nuwes kan uitvind gebaseer op verkillende DNS vermengings dan kan ons nie langer seker wees dat die monsters waarvan ons lees in Openbaring net simbole is nie maar ook ‘n werklikheid! God het hulle gemaak na hulle soort of? “Min” in die Hebreeuse Teks, en nie basters nie.

Daar is nou rotte wat al 1% menslike breins het as gevolg van biogenetiese veranderinge. Kan u dink wat gaan rotte doen met ‘n menslike denke? Die teoretiese moontlikhede kan nie buite rekening gelaat word nie. Min is ‘n soort van en is ook die wortel van die Hebreeuse term vir seks en seksuele reproduksie? minee. Maar, geslag? dor? is ‘n heel ander Hebreeuse woord. Die probleem kom wanneer ons hierdie Hebreeuse term in Grieks weergee.

Die woord gennao in Grieks is baie naby aan min. Jesus is die monogenes? “die eniggeborene.”

Gennao beteken “begotten? eniggebore.” Dit is ook die wortel van die woord Genesis. Maar die woord wat in Mat. 24 gebruik word is genne[ a ] en nie genna[ o ] nie. Die konteks en sy aansluitings bepaal wat dit beteken.

Daar kan twee moontlike betekenisse wees. Dink aan die Engelse woord “blue.” Dink aan ‘n blou beker, dit is duidelik hy is blou, dit verwys na die kleur. Maar “blue” in Engels is ook ‘n metafoor om sleg te voel. Daar is ook ‘n soort musiek wat deur die swart Amerikaners uitgevind is naamlik die “Blues.” Rhythm & Blues is ook ‘n soort Joodse musiek, dit is beide opgewek en ook terneergedruk.

Wat beteken blue dan? Is dit ‘n kleur of is dit ‘n metafoor vir om sleg te voel? Wel, die omstandighede sal dit verklaar. So is dit in die geval van gennea. Gennea kan byna ‘n sinoniem wees vir gennao, wat van die selfde soort beteken omdat dit betrekking het op die gemeenskaplike afstamming. Om gebore te word uit dieselfde oorsprong kan byna ‘n sinoniem wees vir gennao, of dit kan ‘n bestek van tyd beteken of dit kan ‘n metafoor soos “blue” wees.

Byvoorbeeld: Daar is ‘n vliegtuig wat 747 genoem word. Hulle word al vanaf 1960 gemonteer.

Die volgende generasie (geslag) sal die 787 wees, ‘n vliegtuig wat aanmekaar vanaf Rio de Janeiro na Tokyo kan vlieg, dit is die volgende generasie. (geslag) As ons ‘n 747 neem wat in 1968 gemonteer is en 20 jaar terug geskroot is, en ons neem een wat in 1995 gemonteer is en wat nog vlieg, dan is hulle nog steeds van dieselfde generasie / geslag, hulle is van “dieselfde soort.” Dit is die 787’s wat die volgende generasie / geslag is. Op dieselfde manier kan die betekenis van gennea vasgestel word, deur die woord verband.

In Mat. 24:34 beteken dit “van ‘n soort” omdat ons ‘n geslag van Jesus is. Hy is die monogenes? die Eniggeborene van die Vader? en die Kerk is saamgestel deur hulle wat wedergebore is. Ons is gebore in ‘n geestelike opset, ons is gebore uit dieselfde soort, wedergebore uit die Gees, en ons is van dieselfde soort. Wat Mat. 24 vir ons sê is dat die Kerk nie sal nie verbygaan nie, diegene van hierdie soort wat uit Jesus gebore is sal nie verbygaan totdat al hierdie dinge gebeur het nie.

Hierdie gebeure sal hulleself herhaal maar op ‘n baie groter skaal as dit wat in 70 n.C. gebeur het.

Dit is wat die pre millennialiste nog altyd geglo het, maar die post millennialiste kan dit nie begryp nie.

Die oordele oor Egipte en die gebeure wat plaasgevind het in die Boek Eksodus is ‘n beeld van wat met die hele planeet in die Laaste Dae gaan gebeur. Dit is ‘n herhaling, maar dit beteken nie ‘n geslag van veertig jaar nie.

Wie het ons Boodskap geglo?

Hierdie dinge het tot groot verwarring aanleiding gegee wat veroorsaak het dat Christene, ware gelowiges geminag is. Hulle het geëindig waar die seun geëindig het wat wolf, wolf uitgeroep het, in hierdie fabel het hy so baie wolf? wolf uitgeroep dat toe die wolf regtig daar was het

niemand hom geglo nie. Netso sal Satan as hy nie mense kan mislei nie, sal hy hulle in dinge soos die Y2K of die wegraping in 1982 / 1993 laat deel neem. Hoe meer Satan valse alarms kan uitstuur hoe meer sal mense dit nie glo wanneer die ware alarms begin weerklank nie.

Hierdie dinge word nie noodwendig deur mense met verkeerde motiewe gedoen nie, maar deur Christene wat graag die regte dinge wil doen. Maar in plaas daarvan om die regte klanke uit te stuur blaas hulle ‘n valse basuin soos wat Paulus in Korinte waarsku en wanneer dit kom by die ware basuine gaan niemand luister nie.

Ons het nou gekom by ‘n punt waar onmoontlike dinge begin gebeur. In ons moderne media aangedrewe samelewing kyk die wêreld vandag na Hollywood inplaas van na die Kerk. Daar is flieks soos die “End of Days” met Arnold Schwarzenegger, mense kry hulle eskatologie daarvan!

Mense sal dink: “Wel dit kan nie die Antichris wees nie.” “Dit kan nie van ‘n profetiese belang wees nie; die prent was nie so nie.” Moet nie dink dat mense nie so sal reageer nie, daar is baie mense wat so gaan dink.

Wat erger is as die wêreld wat na Hollywood kyk, is dat wedergebore Evangeliese Christene hierdie dinge omhels soos die onbybelse film: “The Passion of the Christ.” Hierdie prent was deur ‘n man gemaak wat ‘n self erkende tradisionele Katoliek is, wat erken het dat die prent nie net op die Evangelies gebaseer is nie maar ook op die openbaringe van ‘n Rooms Katolieke mistieke vrou Anne Catherine Emmerich. In hierdie prent dryf Mel Gibson met sy eie hande die spykers deur die metacarpus van Jesus inplaas van die radius, wat natuurlik inpas by die RKK superstisie van die stigmata.

Mel glo ook nie dat dit nodig is om in Jesus Christus te glo vir redding nie. (Dit is heel duidelik dat hy nog nooit tot redding en bekering gekom nie.) In sy onderhoud met Diane Sawyer, Maandag, die 18 de Februarie 2004 was dit soos volg: Diane: “ Toe ons met Gibson en sy akteurs gepraat het? het ons gewonder, sou dit beteken dat met sy (Gibson) se tradisionele siening, dat die deur na die Hemel geslote is vir Jode, Protestante, Moslems?

Mel Gibson: ??“Dit is glad en geheel nie die geval nie. Dit is moontlik vir mense wat nie eens Christene is nie om in die Koninkryk van die Hemel in te gaan, dit is net makliker? ek moet dit sê want dit is wat ek glo.”

Diane Sawyer:?? “Ons het ‘n geen stop kaartjie?”

Mel Gibson:???“Wel, ja, ek sê dit is ‘n makliker rit van waar ek is en ek moet dit glo.”

In Augustus 2004 was daar deur ‘n Australiaanse koerant man ondersoek gedoen na wat se impak die film “The Passion” op Mel se lewe gehad het, hy het gesê: “Ek het nou baie meer geld as wat ek ooit gehad het en ek het nie nou meer nodig om sulke vrae te antwoord nie.” Met

ander woorde hy het die fliek gemaak om geld te maak? ‘n Bybelse en historiese onakkurate film. Die Evangelie sê: ? “want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.” (Joh. 8:24) As iemand nie wedergebore is nie kan hy nie in die Koninkryk van Hemel ingaan nie.

By dit alles sê “wedergebore” Evangliese predikers dat hierdie prent baie goeie Evangelisasie materiaal is? As die Kerk na Hollywood toe gaan vir haar Evangelie hoekom sal ongeredde mense nie Hollywood hardloop vir hulle eskatologie nie?

Wanneer die ware dinge begin gebeur, wie gaan dit glo? Die tekens van die tye en wêreld gebeure toon duidelik dat Christus se Wederkoms baie naby is. Afval en misleiding in die kerk is ‘n baie duidelike teken. Dit is merkwaardig hoe vinnig die ekumeniese beweging, gelei deur agente van Lucifer soos Chuck Colson, wedergebore Christene se voete onder hulle uit geslaan het met die idee dat die Roomse kerk Bybels is.

My moeder se familie is Katoliek, maar jy moet wedergebore wees; redding is nie deur sakramente nie, nie deur ‘n ex opera operato ritueel nie. Om vir die dooies te bid is die sonde van towery, transubstansiasie is kannibalisme en afgodery. Die Apostels het die drink of eet van bloed verbied, maar as geredde Christene nie deur ‘n Chuck Colson kan sien nie, wat gaan gebeur as die ware misleiding kom? As geredde Christene nie deur hierdie valse akteurs en geld predikers, mammon aanbidders wat hebsug ‘n deugsaamheid noem, op die TV kan sien nie, wat gaan hulle doen wanneer die ware vervalser kom?

Die Hebreeuse profete vertel vir ons dat een van die dinge wat ons in die Laaste Dae moet doen is om die basuin na ons mond toe bring, soos wat ons lees In Joel 2: Blaas die basuin op Sion, blaas die basuin op my heilige berg.

In hierdie boodskap se historiese opset het dit te doen met die inval van Nebukadnezar, die Babiloniese leër, die sprinkane is ‘n beeld van die Babiloniese inval. In Openbaring 9 sien ons ook die demoniese leërmag van die Antichris. In die Vineyard beweging en hulle denominasies soos die Holy Trinity Brompton in London? spring hulle rond en sing:

“They run on the city, they run on the walls, great is the army who carries His Word.” Hulle sing oor die Babiloniese leërmag van Satan en die Antichris en hulle dink hulle sing oor hulleself? Die Kerk triomfeer!? Uitvindsels van mense onder die inspirasie van Satan.

Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam

Dit is waar, hierdie geslag sal nie verbygaan totdat al hierdie dinge gebeur het nie. Wel hierdie dinge is besig om te gebeur. Ons is hierdie geslag, wat beteken dit?

Beteken dit dat dit ‘n waarborg is dat jy in die lewe sal wees wanneer Jesus kom? Nee, miskien kan jy, miskien ek ook, miskien ook nie? maar dit sal diegene wees wat uit God gebore is, hulle wat wedergebore is, die gennao? wat van “die soort is,” dit is hulle wat hier sal wees wanneer dit gaan gebeur wanneer Hy kom, en Hy kom!

As Hy nie gou gaan kom nie sou Satan nie so vasberade gewees het om so intensief misleiding te versprei nie, en wat van al die vele valse leraars en profete in hierdie geslag?

Daar is geen Bybelse logika vir wederkoms datums in die jaar 2000 of in die jaar 1000 of in 1988 nie. Netso om te beweer dat Jesus se Wederkoms in die Jaar 2007 moet wees.

Ware Christene moet hierdie dwalende spekulasies oorlaat aan kultus leiers soos die JW’s, wat dit verdien om gekke in die openbaar van hulleself te maak deur die bepalings van datums.

Die enigste ding wat ons verseker kan weet is dat Hy verseker binnekort gaan kom!

Maranata? kom gou Here Jesus! †††

Welcome in the demo
Another demo

Links and resources

Please note any link from anywhere within the Moriel Ministries web site does not necessarily imply endorsement...

Educational Resources

These Books are books that young Christians should read. these are foundational works for…
BeAlert!

BeAlert!

Our Moriel correspondent, Sandy Simpson, is the editor of Be Alert! Whose job as…
Links

Around the Web

It's very important that you clearly understand that the inclusion of any link from…
Moriel Affiliates

Moriel Affiliates

Moriel is an international multi-faceted ministry of Jewish and non-Jewish regenerate…

Questions for Catholics

Questions for Jewish People

Questions for Mormons

Questions for Hindus

Questions for Muslims

Questions for Jehovah's Witnesses

Questions for Seventh Day Adventists

Copyright © 2024 Moriel - God is my Teacher. All Rights Reserved.

Maintained by Cybersalt